Ramokgopa praat oor fase agt-beurtkrag

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het herhaal dat die ANC-regering hard werk om die land se elektrisiteitskrisis op te los. Eskom waarsku fase agt-beurtkrag, met 16 uur onderbrekings in ‘n 32-uur-siklus, is hierdie winter moontlik indien meer as 18 000 megawatt verlore gaan weens gebreekte steenkoolaanlegte. Ramokgopa sê die regering sal binnekort maatreëls bekend stel om die elektrisiteitskrisis aan te […]

Read More

Sunak plaas verbod op Russiese diamante

Brittanje se eerste minister, Rishi Sunak, het ‘n verbod aangekondig op die invoer van diamante, koper, aluminium en nikkel van Russiese oorsprong. Die G7-lande met groot ekonomieë sal verdere sanksies en uitvoerbeheer teen Moskou bekend maak oor sy oorlog in Oekraïne. In 2021 was die Russiese diamantbedryf se uitvoere 77,25 miljard Namibiese dollar werd. Die Britse regering het ook nog […]

Read More

Namibië se kookkuns weer internasionaal ten toon gestel

Die Global Chefs Challenge-halfeindronde Afrika en Midde-Ooste vind plaas in Sharjah in die Verenigde Arabiese Emirate vanaf 29 tot 31 Mei as deel van Expo Culinaire en Emirates Salon Culinaire. NamChefs is baie trots om die deelname van Elizabeth Isai aan die halfeindronde van die Hans Bueschkens Young aan te kondig. Die gewilde Namibiese sjef […]

Read More

SPYL is vies oor beslissing oor gay-huwelike

Die Swapo-jeugliga sê hy is diep teleurgesteld in die beslissing van die hooggeregshof dat huwelike van die dieselfde geslag wat in die buiteland aangegaan is deur die regering erken moet word. Die liga sê die beslissing ondermyn Namibië se soewereiniteit en onafhanklikheid en verteenwoordig nie die standpunt van die meerderheid landsburgers nie. Die liga sê […]

Read More

NSFAF-begunstigdes moet kontrakte voltooi en indien

Meer as 22 100 studente is goedgekeur vir befondsing deur die Namibiese studente-hulpfonds. Maar, die fonds het op die oomblik uitdagings met studente wat nog nie hulle getekende kontrakte ingedien het nie. Die uitvoerende hoof van NSFAF, Kennedy Kandume het ‘n beroep op begunstigdes gedoen om hul kontrakte te voltooi en in te dien sodat […]

Read More

TransNamib se verkryging deur die IPPR ondersoek

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy Procurement Tracker Namibia van stapel gestuur en fokus op die ontleding van TransNamib se verkrygingspraktyke. ‘n Ondersoekverslag skets ‘n kommerwekkende prentjie van bestuurspraktyke by die semi-staatsinstelling. Kommer oor die bestuur van TransNamib is vererger ná die verspreiding van ‘n uitgelekte verslag deur die oudit- en konsultasie-firma Ernst and […]

Read More

N$3,9 miljard bestee op koningin Elizabeth se begrafnis

Koningin Elizabeth II se begrafnis en verwante geleenthede, insluitend die tyd wat sy in staatsie gelê het, het die Verenigde Koninkryk se regering sowat 3,9 miljard Namibiese dollar gekos. Volgens die Tesourie het die Departement van Binnelandse Sake die grootste deel van die uitgawes, naamlik 1,769 miljard dollar, gedra. ‘n Nasionale routydperk van tien dae […]

Read More

Outa sê padveiligheid moet aandag kry, vergoeding beloop miljarde

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê Suid-Afrika se padveiligheidskrisis is ‘n katastrofe wat ernstige gevolge inhou. Die organisasie beskuldig die Departement van Vervoer daarvan dat hy nie sy belofte nakom om padsterftes teen 2030 met 50 persent te verminder nie. Die koste van vergoeding vir padongelukke oorskry 45 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat sosio-ekonomiese ontwikkeling beïnvloed. ʼn […]

Read More

Dragtige swartrenoster koei gestroop

Die karkas van ‘n dragtige swartrenoster koei is op ‘n privaat wildplaas in die Grootfontein-distrik in die Otjozondjupa-streek ontdek. Die Namibiese polisie se bevelvoerder, inspekteur Maureen Mbeha sê verdagtes het die plaas betree waar hulle ‘n swartrenoster gestroop het. ‘n Saak is by die Otjituuo-polisiestasie in distrik geopen en ballistiese toetse is reeds voltooi. Die ondersoek […]

Read More

Kenner gesels oor SA se risiko vir landbou-uitvoere na wapen-chaos

Berigte dat Suid-Afrika moontlik wapens aan Rusland verskaf het kan ‘n impak hê op die plaaslike landbou-bedryf. Daar is kommer oor die buurland se toekomstige toegang tot Westerse markte as gevolg van die berigte wat moontlik Namibië kan raak wat weer op sy beurt Namibiese uitvoere kan raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, […]

Read More