SA kan nie met geloofwaardigheid in Oekraïne onderhandel nie – DA

Die DA sê Suid-Afrika kan nie met enige geloofwaardigheid aan bemiddelingspogings tussen Oekraïne en Rusland deelneem, terwyl bewerings dat die land Moskou in sy aggressie help die ronde doen nie. ‘n Afvaardiging van Afrikastaatshoofde, insluitend President Cyril Ramaphosa, beplan om na Moskou en Kiëf te reis vir bemiddeling en vredesamesprekings. Emma Louise Powell van die […]

Read More

Amptenare in Kenia geskors na besmette suiker op die mark geplaas is

Kenia het 27 amptenare geskors nadat sowat ‘n duisend ton suiker op die mark vrygestel is al is dit verklaar as nie geskik vir menslike gebruik nie. Die amptenare sluit in werknemers van belasting- en voedselowerhede, die Buro vir Standaarde en die polisie. Die presidensie se personeelhoof, Feliz Koskei, sê die besending is ingevoer, maar […]

Read More

Kankervereniging: Volgende uitreik is aan die kus

Die Kankervereniging van Namibië sal aan die einde van die maand ‘n uitreik aan die kus doen met dienste wat vanaf 29 Mei op Uis begin tot 1 Junie op Arandis. Die dienste is gratis in inwoners word uitgenooi om hiervan gebruik te maak om toetse te ondergaan. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging […]

Read More

Groot water-uitdagings op Opuwo

Plaaslike media berig dat Opuwo 147 miljoen Namibiese dollar benodig om sy water-infrastruktuur op te knap en om ‘n behandelings-aanleg op te rig. Op die oomblik beleef die dorp beurtwater met krane wat gedurende die nag toe is. Daar is nie genoeg reservoirs vir die inwoners nie en die probleem duur reeds meer as tien jaar. Die dorpsraad is in gesprek met NamWater om […]

Read More

Ligte is Dinsdag af in Katutura

Die publiek word gemaan dat daar ‘n geskeduleerde kragonderbreking in Katutura as gevolg van instandhoudingswerk op Dinsdag, 23 Mei vanaf agt-uur die oggend tot vier-uur namiddag sal plaasvind. Die werk is op die Katutura Noord substasie wat sal lei tot die onderbreking . Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, woordvoerder by die Stad, gesels.   

Read More

Numsa is boos oor Takatso-SAA-ooreenkoms

Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, het die Mededingingskommissie se aanbeveling veroordeel, dat die Mededingingstribunaal die voorgestelde samesmelting tussen Takatso Aviation en die Suid-Afrikaanse Lugdiens goedkeur. Die samesmelting is onderworpe aan disinvesterings- en indiensnemingsvoorwaardes. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het die Takatso Consortium-ooreenkoms in 2021 aangekondig en aangedui Takatso sal ‘n 51-persent aandeel in SAA koop. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die samesmelting word goedgekeur ten […]

Read More

Harrison Ford by Cannes vereer

Harrison Ford het ‘n ere-Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees in Frankryk ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die filmbedryf. Die 80-jarige akteur woon die fees by om sy nuwe fliek, Indiana Jones and the Dial of Destiny, bekend te stel. Die akteur Phoebe Waller-Bridge is ook in die fliek te sien as Indiana Jones se pleegdogter. Ford is 40 jaar ná sy eerste […]

Read More

Mantashe maak ‘n bespotting van kragkrisis

Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se omgewingsinstituut het die energieminister, Gwede Mantashe, se kritiek op omgewingsbewustes gekritiseer. Mantashe beweer omgewingsbewustes het ‘n veto-mag oor ontwikkeling, met verwysing na regsuitdagings teen gas-verkenning. Francesca de Gasparis van die instituut beskuldig Mantashe daarvan dat hy ‘n bespotting maak van Suid-Afrika se kragkrisis. Sy hou vol die kommer wat deur omgewingskundiges geopper word oor die potensiële omgewingsuitwerking van sulke projekte is geldig: 

Read More

Vandalisme van houtpaal los Outjo-inwoners sonder water

Inwoners van Outjo ervaar ‘n wateronderbreking weens vandalisme van ‘n elektrisiteitspaal wat afgekap is, en wat kragtoevoer na die dorp se twee waterpompe beïnvloed. Die Outjo-munisipaliteit verskaf water direk vanaf sy ondergrondse waterreservoirs aan sy inwoners. Die plaaslike owerheid vra inwoners om water te bespaar totdat die saak opgelos is en sê pogings is aan die gang is om die skade […]

Read More

Malaria-gevalle neem oral in streek toe

Suid-Afrika se Limpopo-provinsie beleef ‘n krisis in malariagevalle met 1 423 wat bevestig is en twee sterftes wat aangemeld is. Die syfer is baie hoër as vorige jare s’n. Die voormalige Namibiese gesondheidsminister en hoof van die VN se Elimin8 Malaria-veldtog dr. Richard Kamwi sê gevalle neem oral in die streek toe, ook plaaslik, as gevolg van ‘n gebrek van […]

Read More