Eiendomslenings van N$50,06 miljoen moet terugbetaal word
Kommersiële banke het 53 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming Chase het altesaam 83 aansoeke hanteer. Daar was slegs nege reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 29 eiendomslenings ter waarde van sowat 50,06 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 22 lenings waarop 13,14 miljoen […]
Boer in Mieliedriehoek sê mielie-oeste kom in
Nes in Suid-Afrika, begin die mielie-oeste in produksie-gebiede in Namibië inkom. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n mielieboer oos van Grootfontein, Dawie Kok gesels oor die vooruitsigte. Hy sê die boere in die Mieliedriehoek is druk besig om te oes en mielies is al op pad na die meulenaars. Weens die swak en sporadiese reënseisoen […]
Windhoek se krane Dinsdag droog
Stad Windhoek het ‘n openbare kennisgewing van NamWater gedeel om inwoners in te lig dat die hoofstad Dinsdag sonder water gaan wees. Volgens NamWater is daar ‘n lekkasie in die pypleiding vanaf die Von Bach-dam na Windhoek. Om dringende herstelwerk uit te voer, sal water-onderbrekings Dinsdagoggend vanaf agt-uur tot die aand agt-uur duur. Die nasionale […]
DA vra vervoerminister oor Karpowership-kontrak
Die DA het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien by die minister van vervoer, Lydia Chikunga, wat agtergrond-inligting vra oor die besluit om oor die volgende 20 jaar hawe-ruimte toe te staan aan Karpowership. Die projek is gemik op die verkryging van noodkrag. Kevin Mileham van die DA […]
Winde: Meer werksgeleenthede moet geskep word
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, dring by die ANC-regering aan om voorrang te gee aan pogings om die werkloosheidskoers te verminder, in sowel die provinsie en dwarsdeur die land. Hy was ʼn spreker tydens President Cyril Ramaphosa se Sesde Presidensiële Imbizo oor die distriks-ontwikkelings-model in die Wynland-distriksmunisipaliteit. Winde erken daar is vordering gemaak […]
Opposisiepartye berei standpunte oor LGBTQ-gemeenskappe voor
Nadat talle Swapo-lede, senior regeringsamptenare ingesluit, hul sterk teenkanting teen die LGBTQ-gemeenskap uitgespreek het met die standpunt dat dit nie deel vorm van die Afrika-kultuur nie, kom opposisiepartye se standpunt ook in. Die Landless People’s Movement het reeds sy standpunt gegee dat individuele regte in Namibië respekteer moet word. Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic […]
DA rig versoekskrif aan landbouministerie oor entstowwe
Die DA het sy versoekskrif by die parlement ingedien waarin hy die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, en haar departement vra om Onderstepoort Biologiese Produkte se entstof-stam vry te stel. Hy sê dit moet aan die privaat sektor beskikbaar gestel word om te help met die vervaardiging van entstowwe om die […]
G7-beraad gaan nuwe stappe teen Rusland instel
Die leiers van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld, wat in Hiroshima in Japan vir die G7-beraad byeen is, sê dat daar nuwe stappe gaan wees teen Rusland om te verseker dat sy aggressie teen ‘n soewereine land misluk. Die G7-lande sê hulle is opnuut daartoe verbind om Oekraïne geldelik en militêr te ondersteun. […]
John Rock Propet ‘rock’ Windhoek Woordfees in
Die Windhoek Woordfees vind vanaf 2 tot 5 November in die hoofstad plaas. Teaterproduksies en ‘n musiek-vertoning van Joshua na die Reën sal feesgangers vermaak. Volgens een van die organiseerders van die fees, Ronelle Rademeyer, kom die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en digter Breyten Breytenbach dalk ook kuier. Vanjaar se Windhoek Woordfees skop af met ‘n […]
DA: Hospitaal moet kragopwekker leen
Die DA in Mpumalanga is uiters bekommerd omdat die Middelburg-hospitaal gedwing is om ‘n kragopwekker te leen om te kan werk omdat syne nie gewerk het nie. Volgens gesondheidswerkers wat die party genader het om hulp, is die hospitaal se pogings erg gekniehalter deur fase ses-beurtkrag. Jane Sithole van die DA sê die hospitaal moes […]