Kry vir jou! Rusland reik lasbrief uit vir ICC-aanklaer

Russiese owerhede het ‘n lasbrief vir die arrestasie van die die Internasionale Strafhof-aanklaer Karim Khan uitgereik. Die stap kom na die hof in Den Haag in Maart ‘n arrestasiebevel vir President Vladimir Putin uitgereik het. Khan se foto pronk op die Russiese ministerie van binnelandse sake se databasis. Daar is geen oortreding gespesifiseer nie. Rusland […]

Read More

Top-manspelers in aksie vandag by Italiaanse Ope

Die vier mans in vandag se halfeindronde van die Italiaanse Ope is almal onder die tien beste spelers in die wêreld. Die vierde gekeurde Casper Ruud van Noorweë speel teen nog ʼn Skandinawiër, Holger Rune van Denemarke, wat sewende gekeur is. In die ander wedstryd kom die derde gekeurde Daniil Medvedev van Rusland te staan […]

Read More

Geingob is doodstil oor gay-huwelik kwessie, WhatsApp-groep

President Hage Geingob, sowel as die Presidentsvrou Monica Geingos, is doodstil oor die kwessie van gay-huwelike wat die nuus in die land oorheers. Inteendeel, Geingob het laas op Moedersdag enigiets op sy sosiale media platforms geplaas en Geingos gesels oor geslagsgeweld en die bemagtiging van die jeug. Intussen het die presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari, wat […]

Read More

Groot uitdagings vir verhuurders in SA, met nog ‘n koersverhoging op pad

Verhuurders in Suid-Afrika staan voor uitdagings met rentekoerse wat na verwagting die agtste keer volgende week gaan styg. Dit het ‘n uitwerking op die handelseiendomsektor wat reeds sukkel met beurtkrag en hoë leegstaankoerse. Verhuurders sal ‘n balans moet vind tussen die uitdagings van stygende rentekoerse en heffings, en bekostigbare stygings in huurkoste om huurders tevrede […]

Read More

Withuis: Steeds geen ooreenkoms oor skuldperk nie

‘n Tweede vergadering tussen die Withuis en die Republikeinse kongreslede oor die verhoging van die federale regering se skuldperk van 31,4 triljoen Amerikaanse dollar het ten einde geloop sonder enige vordering en geen bykomende vergadering is neergelê nie. Die nuus kom minder as twee weke voor 1 Junie, waneer wanbetaling sal plaasvind met rampsoedige gevolge. […]

Read More

Springbok-vroue begin nuwe sege in Madagaskar

Die Springbok-vroue is gretig om vandag in Madagaskar vroeg momentum te verkry wanneer hulle die verdediging van hul Rugby Afrika-vrouebeker in Antananarivo begin. Suid-Afrika speel teen Kameroen in die eerste van sy drie wedstryde in die toernooi, voor Kenia Woensdag aan die beurt kom en die gasvrou volgende Sondag. Die Springbok-kaptein, Chumisa Qawe, sê weens […]

Read More

Koste van beserings tydens motorongelukke beloop miljoene

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het in 2022, 218 miljoen Namibiese dollar in mediese eise uitbetaal, wat ‘n 30 persent toename teenoor 2021 verteenwoordig. Volgens die fonds, is net meer as 26 400 eise van mediese diensverskaffers ontvang gedurende die jaar. Die fonds se hoof uitvoerende beampte, Rosalia Martins-Hausiku, voeg by dat nege bedrielike eise in die […]

Read More

Meer behuisingsprojekte nodig – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het sy tevredenheid uitgespreek met die vordering met behuisingsprojekte in die Wes-Kaap. Ramaphosa het tydens ‘n besoek aan die Vlakkeland-behuisingsprojek van 248 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die Paarl, die pogings wat aangewend word om behuising vir Suid-Afrikaners te verskaf, geloof. Hy het by die projek die belangrikheid van behuising as ‘n sleutelprioriteit […]

Read More

Oxfam beskuldig G7 van dubbele standaarde

Die wêreld se supermoondhede is aangemoedig om dit te oorweeg om die skuld van ontwikkelende lande af te skryf en beloftes, wat in verband met klimaatsverandering gemaak, is by die G7-beraad, tans in Japan aan die gang, na te kom. Oxfam International eis dat skuld gekanselleer word en dat bystand, teen 0,7 persent van BBP […]

Read More

Dis Wêreld-byedag… sonder hulle, is ons ook nie daar nie

Wêreld-byedag word vandag gevier, ook in Namibië. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsel. Sonder bye kan die mensdom nie bestaan nie. Wêreld-byedag 2023 vra vir wêreldwye optrede om bestuiwer-vriendelike landbouproduksie te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More