Hervestiging onder die loep in Omaheke

Die parlementêre komitee op natuurlike hulpbronne is tans in die Omaheke-streek en het besoek afgelê op twee hervestigingsplase, Dixieland en Kaukurus. Die beperkings van die hervestigingsprogram is reeds jare bekend met die groter meerderheid boere wat in armoede verval en grond wat onproduktief is. Volgens die goewerneur van die Omaheke-streek, Pio Nganate, is die grootste […]

Read More

PG se kantoor het meer fondse nodig, dringend

Tekorte aan befondsing kom regoor die regering voor maar, in die regstelsel beïnvloed dit die regte van beskuldigdes en lei tot vertragings. Die tekort aan staatsaanklaers en navorsingsassistente belemmer die werksaamhede van die aanklaer-generaal se kantoor. Die adjunk-aanklaer-generaal Edmund Marondedze sê dit lei tot erge vertragings in veral sake wat verband hou met geldwassery en […]

Read More

Mashatile sê groter beleggings nodig in onderwys, veral met leesvaardigheid

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president Paul Mashatile het die aandag gevestig op die uitdagings wat Suid-Afrika se vaardigheidsontwikkelingsagenda bedreig. Hy het kommentaar gelewer op die onlangse studie oor internasionale lees-geletterdheid wat bevind het meer as 80 persent van graad 4-leerders in Suid-Afrika kan nie met begrip lees nie. Mashatile het die behoefte aan groter belegging in onderwys […]

Read More

Oak Hill: Schefler, Hovland & Connors is saam voor

Scottie Schefler, Viktor Hovland en Corey Conners loop saam voor by die halfpadmerk van die PGA-kampioenskap op die Oak Hill-baan in New York. Byron DeChambeau lei die res van die spelers. Scheffler, die wêreld se nommer twee, het ná sy telling van 67 Donderdag, Vrydag opgevolg met ‘n telling van twee onder baansyfer 68. Die […]

Read More

Meer as N$85m uitbetaal aan SME’s ter ondersteuning van groei

Die SME Ekonomiese Herstel-leningskema speel ‘n beduidende rol in die ondersteuning van die groei en volhoubaarheid van klein en medium ondernemings in Namibië, met meer as 85,9 miljoen Namibiese dollar wat aan 80 SME’s regoor die land uitbetaal is. Dit stel hulle in staat om voort te gaan met hul ondernemings terwyl hulle verdere stukrag […]

Read More

Belangrik om kripto-reëls in SA na te kom

Nie-voldoening aan wette oor finansiële dienste in Suid-Afrika kan uitloop op swaar boetes of tronkstraf. Die regsmaatskappy Webber Wentzel maan om bystand te bied met die koop, verkoop, bestuur of beveiliging van kripto-bates word beskou as die aanbied van finansiële dienste en vereis ‘n Finansiële Dienste-lisensie. Lerato Lamola-Oguntoye van die maatskappy maak dit duidelik om […]

Read More

US$150m vir Mosambiek na Freddy

Die Wêreldbank het 150 miljoen Amerikaanse dollar van die fondse wat hy vir Mosambiek-projekte geoormerk het, verskuif om die land se pogings om te herstel van die nasleep van sikloon Freddy te finansier. Freddy het in Februarie en Maart verwoesting gesaai in Malawi, Mosambiek en Madagaskar. Meer as 1 000 mense is in die streek […]

Read More

Drikus vat Legacy of Love se Le Dur

Drikus Coetzee het die Le Dur-bergfietswedren van 564 kilometer vanoggend voltooi in ‘n tyd van 25 uur en 14 minute. Pierre Lambert en Theo Klein het saam tweede gekom in ‘n tyd van 26 uur en 53 minute. Deelnemers het tot môreoggend om klaar te maak. Alle fondse wat ingesamel word is vir Legacy of […]

Read More

April se reënval nie belowend nie, dinge lyk power

Die Namibiese Hidrologiese Diens het die reënvalsyfers vir April bekend gemaak. Volgens die diens, was die maand droog vir Kavango Oos, Zambezi, Karas, die oostelike dele van Otjozondjupa en die noordoostelike dele van Omaheke, met die westelike dele van Erongo en Kunene wat amper niks ontvang het nie. In dele van Khomas, Hardap, oostelike Kunene, […]

Read More

Geen aanlynbod vir Platinum Rhino nie

Die lot van 2 000 witrenosters – sowat 8 persent van die wêreld se renosterbevolking – hang in die weegskaal nadat John Hume se Platinum Rhino geen aanlynbieërs vir sy bewaringsprojek kon lok nie. Volgens berigte uit die buurland was daar wel aanbiedinge buite die aanlyn bodproses wat oorweeg word, en ‘n aankondiging sou reeds […]

Read More