Skietstilstand van 7 dae in Sudan beklink
Sudan se strydende faksies het ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n sewe-dag lange wapenstilstand. Dit kom na die geweld, wat die land in chaos gedompel het en meer as ‘n miljoen mense ontheem het, sy sesde week betree het. Die stilstand tree Maandagaand in werking. Dit volg na samesprekings wat in Jeddah, Saoedi-Arabië gehou is in […]
Laaste dag was Rough & Tough was inderdaad, rough en tough
Dit wil voorkom asof die Rough & Tough-tydren die jaar sy naam gestand gedoen het. Volgens Ernst Köhne was Saterdag, die laaste dag van die tydren, die moeilikste met baie skade aan voertuie soos hulle hul pad na Madisa-kamp in Damaraland, ten bate van die Kankervereniging, gemaak het. Ernst Köhne sê selfs hy, wat in […]
Terwyl party nog beraadslaag, neem PDM LP standpunt teen gay-huwelike in
Die PDM parlementslid, Vipuakuje Muharukua, het standpunt ingeneem teen die hooggeregshof se beslissing oor gay-huwelike. Die party self het reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy beraadslaag oor die kwessie en ‘n mediaverklaring in die verband sal uitreik. Die party-president McHenry Venaani het ook nog nie standpunt ingeneem nie. Muharukua, wat homself as ‘n […]
PetroSA se Eskom-bystand plak net ‘n pleister…
PetroSA sê die Suid-Afrikaanse mark word steeds goed voorsien, ondanks die stygende vraag na brandstof weens beurtkrag. Die staatsbeheerde maatskappy help Eskom met genoegsame dieselvoorrade want hy voer diesel na Suid-Afrika in. Dit sal verseker Eskom word nie aan hoër pryse blootgestel nie, want daar is ‘n dalende tendens in pryse. ‘n Olie- en energie-ontleder, […]
Varswatervlakke daal wêreldwyd
‘n Span internasionale navorsers het ‘n kommerwekkende ontdekking gemaak oor die inkrimping van lewensbelangrike varswaterbronne regoor die wêreld. Deur die gebruik van satellietmetings, klimaatdata en hidrologiese modelle, het wetenskaplikes byna 2 000 bestudeer, wat die impak van klimaatsverandering op hul watervlakke onthul het. Die studie dui daarop dat onvolhoubare menslike gebruik, veranderinge in reënvalpatrone en […]
Bulle sorg vir groot opwinding in Curriebeker
Die naweek se Curriebeker-aksie het op ‘n naelbytnoot geëindig met die Bulle wat ‘n naelskraapse oorwinning van 33-32 teen die Leeus op Ellispark behaal het. Die uitslag is verseël toe die skepdoel op die nippertjie van Leeus se losskakel, Gianni Lombard, die pale gemis het. Die Griekwas het in Welkom ‘n oortuigende sege van 47-21 […]
Geskende liggaam in Zambezi-vloedvlaktes gevind
Die liggaam van ‘n man is in water in die vloedvlaktes by die Mponje-nedersetting in Lisikili in die Zambezi-streek gevind. Plaaslike media berig dat die oorskot sonder sy arms en private dele gevind is en dat ‘n visserman op die lyk wat in die water gedryf het, afgekom het. Die oorskot is blykbaar die van […]
Veediefstal op die grens met Lesotho laat boere met hul hande in hul hare
Bestaansveeboere pleit by wetstoepassingsagentskappe om die grensbeheer tussen Suid-Afrika en Lesotho by Matatiele in die Oos-Kaap te versterk. Die beroep kom nadat die Matatiele Livestock Forum afgekom het op meer as 400 stuks vee wat besig was om na die buurland geneem te word. Die forum sê die voorval beklemtoon die behoefte aan strenger sekerheid […]
Rusland sê hy het Bakhmut gevat
Rusland sê hy het die oostelike Oekraïense stad Bakhmut ten volle verower, wat ‘n einde aan die langste en bloedigste gevegte van die 15 maande lange oorlog beteken. Kiëf het die bewering ontken maar het nog nie amptelik ‘n verklaring uitgereik nie. Die Russiese aanval is gelei deur troepe van die Wagner-groep van huursoldate, wie […]
Skeidsregter stop geveg in 2de ronde, Nakathila verloor, tot sy verbasing
Tot die skok van Namibiërs het die skeidsregter die geveg tussen Raymond Muratalla en Jeremia Nakathila in die tweede ronde gestop. Muratalla het met ‘n tegniese uitklophou die boksgeveg wat in Las Vegas gehou is, gewen. Muratalla het Nakathila in ‘n hoek vasgekeer en toe die skeidsregter die geveg stop kon die verbasing op Nakathila […]