Whk moet versigtig met water, Von Bach-pypleiding moet nog reggemaak word
Stad Windhoek het ‘n beroep op inwoners te doen om water spaarsamig te gebruik. Volgens NamWater sal die hoofstad Dinsdag sonder water wees omdat daar ‘n lekkasie in die pypleiding vanaf die Von Bach-dam na Windhoek is. Om dringende herstelwerk uit te voer, sal water-onderbrekings Dinsdagoggend vanaf agt-uur tot die aand agt-uur duur. Die stad […]
Zambezi, Okavango daal, Ruacana vertoon steeds goed
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die watervlakke in die riviere in die verre Noorde daal. Die Zambezi-rivier is tans op 5,29 meter met ‘n vloei van 3 364 kubieke meter per sekonde. Die vorige lesing was 5,33 meter. By Rundu het die Okavango-rivier van 5,04 meter tot 4,99 meter gedaal met ‘n aangetekende vloei van […]
Koalisies in SA raak dienslewering, en dis negatief
Die buurland se organisasie sonder winsmotief, Planact, het sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van dienslewering in Suid-Afrika. ‘n Senior programkoördineerder, Mike Makwela, sê die land ervaar koalisie-ontwrigting wat ‘n negatiewe uitwerking op dienslewering by plaaslike owerhede het. Makwela sê die Stad Johannesburg het die afgelope 20 maande die samestelling van koalisieregerings ervaar wat […]
Toer-operateurs ruk op teen olie-eksplorasie by Mana Pools
Operateurs van safarikampe wat meer as 1 000 Amerikaanse dollar per nag vra, het besware ingedien teen ‘n beplande olie-eksplorasieprogram in Zimbabwe se voorste natuurlewegebied, Mana Pools. African Bush Camps, wat bestemmings regoor die buurland het, sê die toestaan van die permit aan Shalom Mining sal aardverwarming en verlies aan biodiversiteit vererger. Wilderness Safaris, wat […]
Dausab gesels oor diskriminasie, uitsluiting terwyl dit plaaslik woed
Terwyl dit in Namibië woed oor gay-regte en -huwelike, het die justisieminister Yvonne Dausab ‘n toespraak by die Pan-Afrika-parlement gelewer oor die rol van die burgerlike samelewing in die bevordering van demokrasie, menseregte, vrede en veiligheid binne die Afrika-unie. Sy het veral die jarelange kwessies van uitsluiting en marginalisering uitgelig. Sy sê ‘n paradigmaskuif in […]
Eskom moet totale herstrukturering ondergaan – De Ruyter
Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê ‘n totale herstrukturering van die nutsmaatskappy is nodig vir die instelling om te oorleef. De Ruyter het via Zoom vanaf ‘n onbekende plek op die Franschhoekse Literêre Fees in die Wes-Kaap ook gesê die rivaatsektor moet betrokke raak om te help met die oplos van […]
Geval van atipiese malbees-siekte in VSA bevestig
Amerikaanse owerhede het ‘n atipiese geval van “malbees-siekte” by ‘n slagaanleg in die staat Suid-Carolina bevestig. Die Amerikaanse departement van landbou sê in ’n verklaring die dier het nooit slagkanale betree nie en dat daar geen risiko is nie. Sogenaamde malbees-siekte, bekend as BSE, word gekoppel aan die dodelike Creutzfeldt-Jakob-siekte as besmette vleis geëet word. […]
Blitsbokke verloor op Twickenham
Die Springbok-Sewes is uit die wedloop om die Londense Sewes-titel en regstreekse kwalifisering vir die 2024 Olimpiese Spele na ‘n nederlaag teen Nieu-Seeland van 32-21 in hulle laaste groepwedstryd. Brittanje het die Suid-Afrikaners met 19-15 in hulle eerste Groep-A-wedstryd op Twickenham geklop, gevolg deur ‘n gelykop-uitslag van 26-elk teen Amerika. Die Blitsbokke speel vanmiddag teen […]
Drie jaar na Covid, neem haweloses steeds toe by Katutura-jeugsentrum
Haweloses word steeds by die Katutura Veeldoelige Jeugsentrum se sportterrein gehuisves sedert die begin van Covid-pandemie in Maart 2020 en die Namibiese sportministerie sukkel om van hulle ontslae te raak. ‘n Himba-stam het ook besluit om by die Katutura-sportveld skuiling te soek. Die sportvelde waar hierdie mense tans geakkommodeer word, is nou in swak en […]
ANC stel nuwe wetgewing vir immigrasie voor
Die ANC-regering het die vestiging van gespesialiseerde howe voorgestel om immigrasiesake te hanteer. Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê sy departement berei nuwe wetgewing voor om toenemende onwettige immigrasie die hoof te bied. Motsoaledi sê die werk aan die beleid oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingbeskerming is voltooi en gaan vir openbare kommentaar voorgelê […]