Man drink hom dood by troue in Noorde
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak waar dit voorkom asof ‘n man hom dood gedrink het by ‘n troue op Ongwediva oor die naweek. Volgens die mag het die 30-jarige Kleophas Shivolo tussen twee-uur en sewe-uur Saterdagmiddag drank gebruik by ‘n troue. Hy het besope voorgekom en is in ‘n voertuig gelaai om te slaap. […]
Koepka vat sy derde PGA
Die wêreld se voormalige nommer een, Brooks Koepka, het in die laaste ronde vir Viktor Hovland ore aangesit en ‘n laat aanval deur Scottie Scheffler afgeweer om sy derde Amerikaanse PGA-toernooi by Oak Hill in New York in te palm. Die Amerikaner het drie onder 67 aangeteken om sy vyfde major met nege onder en […]
Ministerie sê oor programme na leerder haar baba blykbaar versmoor
Na aanleiding van die nuus dat ‘n 18-jarige leerder van Ashipala Sekondêre Skool in Omusati-streek gearresteer is nadat sy na bewering haar pasgebore kind by die skool se koshuis vermoor het, het Kosmos 94.1 Nuus met Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie oor tienerswangerskappe gepraat. Volgens die Namibiese polisie het die verdagte […]
Verstrykte SA-rybewys sal nie versekering raak nie
Motoriste in Suid-Afrika is bekommerd oor die moontlike uitwerking op versekeringseise as hulle met verstrykte lisensies moet bestuur en in ‘n ongeluk betrokke raak. Daar is weer eens ‘n agterstand met die druk van lisensiekaarte weens probleme met die drukmasjien. ‘n Versekeringskenner, Sakina Ntuli, het motoriste verseker om met ‘n verstrykte lisensie te bestuur behoort […]
Zelensky gee toe Bakhmut is verlore
Oekraïense President Volodymyr Zelensky het volgens wat berig word die verlies van die stad Bakhmut aan Rusland bevestig toe hy vanoggend in Hiroshima, Japan, by die G7-beraad gevra is of dit nog in Kiëf se beheer is. Hy het nee gesê en bygevoeg dat vir vandag is Bakhmut net in sy hart. Rusland het aangekondig […]
Sluipmoord-aanval dood 10 in Mexiko
Minstens tien mense is dood en nege beseer in ‘n gewapende aanval wat ‘n groep amateur-bestuurders in ‘n motortydren in die Mexikaanse deelstaat Baja California geteiken het. Media in die land berig ‘n groep gewapende man het uit ‘n voertuig geklim en losgebrand op die deelnemers wat langs ‘n snelweg in Ensenada, Baja California, geparkeer […]
Verskeie landbou-sektore, insluitend groenskemas, moet prioriteit wees
Namibië moet die akkerbou-, pluimvee- en suiwelsektore prioritiseer om die uitdagings van werkloosheid en voedselsekerheid in die land te verminder, volgens die landbouminister Calle Schlettwein. Hy het die behoefte beklemtoon om ondersteuning vir waardekettings te versterk wat hoë indiensnemings en die potensiaal het om aansienlik tot voedselsekerheid en selfvoorsiening by te dra. Schlettwein het ook […]
Drukgroep verwelkom prysbeperking op Sasol Gas
Die Nywerheidsgas-verbruikersvereniging van Suider-Afrika het sy tevredenheid uitgespreek met ‘n beslissing van die Mededingingstribunaal. Hy het ‘n interdik van ses maande teen Sasol Gas toegestaan wat die maatskappy verhoed om sy gaspryse te verhoog. Die vereniging het ‘n tussentydse verligtingsaansoek ingedien om Sasol te verhoed om pryse bo ‘n spesifieke vlak te verhoog. Die uitvoerende […]
Skuldperk: Biden gesels met McCarthy vanuit Japan
President Joe Biden het vandag persoonlik ingegryp om die dooiepunt oor die Amerikaanse skuldperk aan te spreek met ‘n oproep aan die Republikeinse leier Kevin McCarthy. Biden, sluit vandag sy besoek aan Japan vir die G7-beraad af. Die Withuis sê onderhandelinge moet voortduur voor die sperdatum van 1 Junie wanneer wanbetaling sal plaasvind en ‘n […]
Springbok-vroue verpletter Kameroen 87-0
Die Springbok-vroue het Kameroen ‘n groot pak slae van 87-0 in hulle openingswedstryd van die 2023 Afrika-vrouebekerkampioenskap in Madagaskar gegee. Asiphe Mayaba het vier van die Springbokke se 15 drieë gedruk in haar eerste wedstryd vir die span. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, sê dit was ‘n plesier om te sien hoe die vroue toepas […]