Biden beklemtoon weer ondersteuning vir Oekraïne

Amerika se President Joe Biden sê hy is daartoe verbind om by te dra tot die versterking van Oekraïne se verdediging teen Rusland. Dit sluit die verskaffing van militêre hulp van tot 7,3 miljard Namibiese dollar in. Hy het by die G7-beraad in Japan met president Volodymyr Zelensky vergader. Dit volg nadat die Verenigde Koninkryk en ander bondgenote ingestem het om Amerikaans vervaardigde F16-vegvliegtuie […]

Read More

Privaatsending suksesvol na ruimtestasie gelanseer

Twee Saoediese ruimtevaarders sal na verwagting vandag by die Internasionale Ruimtestasie koppel. Hulle is op ‘n privaatsending om ‘n aantal eksperimente te doen. Berigte lui Rayyanah Barnawi, die eerste Arabiese vroue-ruimtevaarder, en die vegvlieënier Ali al-Qarni het in ‘n SpaceX Falcon 9-ruimteskip van Cape Canaveral af gelanseer. Hulle sluit aan by Peggy Whitson, ‘n voormalige NASA-ruimtevaarder en bevelvoerder van die sending, en die Amerikaanse vlieënier, […]

Read More

Gewapende leerders wek kommer by Nampol

Geweld by skole, met leerders wat wapens dra, wek nie net kommer in Suid-Afrika nie, maar ook plaaslik. In die buurland is foto’s gedeel van verskeie messe wat by leerders gekonfiskeer is en volgens inspekteur Raimbert Muronga van die Namibiese polisie, kom dit plaaslik ook algemeen voor. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.  

Read More

Gay-huwelike: Geingob moet sy stilte verbreek

President Hage Geingob, sowel as die Presidentsvrou Monica Geingos, gaan gebuk onder kritiek omdat daar nog nie ‘n amptelike standpunt deur die egpaar ingeneem is oor die herrie wat losgebars het oor gay-huwelike nie. Daar word beweer daar is dreigemente van geweld teen die LGBTQ-gemeenskap met senior regeringsamptenare, ministers en meer, wat deel is van […]

Read More

Droogte: Verskeie dorpe is droogste in 100 jaar

Die heersende situasie rakende die afgelope reënseisoen lyk uiters swak. Die Hidrologiese Diens sê dat Karasburg in ‘n uiterste droogte verkeer en volgens die jongste syfers is dit die vyfde droogste jaar sedert rekords in 1913 begin het. Die uitdagings is vererger deur die verwoestende veldbrand wat verlede jaar 40 plase vernietig het. Op Berserba […]

Read More

NWR bevestig dit was sy motor wat luiperd in Etosha stamp, ondersoek nog spoed

Namibia Wildlife Resorts sê die berigte op sosiale media dat ‘n luiperd beseer is in die Etosha Nasionale Park deur sy voertuig, is korrek. Sosiale media gons oor die voorval wat blykbaar 15 kilometer van die King Nehale-hek plaasgevind het. Die getuies sê ook die motor het die spoedbeperking van 60 kilometer per uur oorskry. […]

Read More

16-jarige vas na diefstal van Pep op Lüderitz

Die Pep Stores op Lüderitz is volgens die Namibiese polisie beroof.  Die boewe het toegang tot die winkel gekry deur die dak en weggekom met 45 000 Namibiese dollar se goedere. ‘n Namibiër, 16 jaar oud, is in hegtenis geneem in besit van, van die items. Op Tsumeb is verskeie arrestasies gemaak in verband met […]

Read More

Verskeie fases beurtkrag met nog ‘n eenheid wat kaput is

Eskom het tot vanoggend vyfuur fase vier-beurtkrag toegepas, met fase drie wat nou tot vieruur vanmiddag in werking is. Dit sal gevolg word deur fase vyf wat tot vyfuur môreoggend sal voortduur. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word. Menzi Mngomezulu van die kragvoorsiener sê ‘n opwekkingseenheid by die Duvha-kragstasie in Mpumalanga is […]

Read More

Herrie oor gay-huwelike: Grootste kommer is skending van regte

Die sogenaamde WhatsApp-groep teen gay-huwelike, wat gestig is in antwoord op die hooggeregshof se beslissing die week, het ‘n aanlyn petisie teen die beslissing van die hooggeregshof oor gay-huwelike opgetrek. Daar is vrese vir geweld en aantygings van haatspraak, met ‘n perskonferensie wat vanoggend om tien-uur deur die groep gehou sal word, by monde van […]

Read More

Impalila: Vliegtuig was oorlaai

Die rampspoedige vliegtuigongeluk verlede jaar op Impalila-eiland is veroorsaak deur die Cessna 210 wat te swaar gelaai is. Vyf mense, die vlieënier Nicole Minnie en ’n Duitse gesin van vier is in die ongeluk dood. Volgens die finale ondersoekverslag van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer het die vliegtuig, V5 […]

Read More