Zikalala stel ondersoek in na miljoene vir opknappings by ministers se huise

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke, Sihle Zikalala, het beloof om ondersoek in te stel na buitensporige bedrae wat bestee is aan opknappings by staatseiendom waarin staatsamptenare woon. Die departement het tussen 2019 en 2022 sowat 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand uitgegee om die ampswonings van ministers, hulle adjunkte en direkteurs-generaal in Kaapstad en Pretoria op […]

Read More

Duitsers sê 2 Russiese ballinge moontlik vergiftig

Die Duitse polisie sê hy ondersoek die moontlike vergiftiging van twee Russiese ballinge wat aan die einde van April ‘n konferensie in Berlyn bygewoon het wat deur die Russiese-kritikus Mikhail Khodorkovsky gereël is. Twee vroue het simptome aangemeld wat moontlike vergiftiging insluit. Die polisie het geen verdere besonderhede verskaf nie maar mediaberigte lui dat een […]

Read More

Medvedev vat Italiaanse Ope

Die Rus, Daniil Medvedev, het sy eerste titel op ‘n kleibaan en sy sesde ATP Meesters 1000-kroon by die Italiaanse Ope ingepalm. Die derde gekeurde speler wat voor dié seisoen  in drie vorige toernooie in Rome nie een wedstryd kon wen nie, het Holger Rune van Denemarke met 7-5 en 7-5 geklop. Danksy die oorwinning […]

Read More

Esau terug in die hof vir borg vandag

Die borgtog-aansoek van die voormalige visseryminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau sal vandag voortgaan in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu. Volgens die hofrol doen hy en mede-beskuldigde Nigel van Wyk aansoek om borg. Esau is sedert November 2019 in aanhouding en die staatsaanklaer het ook verlede week daarin geslaag om finaal beslag te lê op sy, en sy ander mede-beskuldigdes se […]

Read More

Pa daarvan verdink dat hy sy 10-jarige seun verkrag

Twee gevalle van verkragting van minderjariges is die naweek by die Namibiese polisie aangemeld. In die eerste geval is ‘n 49-jarige man op Stampriet agter tralies na hy op heterdaad betrap is waar hy sy 10-jarige seun verkrag. Op Ondangwa is ‘n man van 40 gearresteer nadat hy ‘n 9-jarige meisie in haar huis verkrag het. Die […]

Read More

Covid-gesondheidswerkers in Wes-Kaap moet permanent aangestel word

Die Wes-Kaapse departement van Gesondheid en Welstand beoog om verpleegpersoneel wat tydens die Covid-19-pandemie op kontrak aangestel is, te laat gaan. Die departement sê begrotingstekorte is die rede vir die besluit, wat verhoed dat die gesondheidsorgwerkers permanent in diens geneem kan word. Die woordvoerder van die Nasionale Staatsdienswerkersvakbond, Zolisa Menze, sê hulle is bekommerd oor die uitwerking van die […]

Read More

Rough & Tough was woes, maar reuse-sukses

Die 6de Rough & Tough-tydren is die naweek gehou te midde van reuse-uitdagings met herhaalde herstelwerk aan voertuie. ‘n Totale bedrag van 1 miljoen Namibiese dollar is hierdie jaar ingesamel en aan die Kanker Vereniging van Namibië oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het vir oulaas met Philipie Baard, een van die organiseerders, gesels.  

Read More

DA lê klag oor opknappings van miljoene by ministers se huise

Die DA sê hy het ‘n klag by die Openbare Beskermer ingedien oor die buitensporige koste van opgraderings aan ministers se huise. Tussen 2019 en 2022 het die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sowat 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan die opknapping van ministers, hulle adjunkte en direkteurs-generaal se amptelike wonings in Kaapstad en […]

Read More

Covid-maatreëls, maskers ens., geld weer in hoërhowe

Die Regbank van Namibië het in ‘n omsendskrywe Covid-maatreëls ingestel wat van vandag af geldig is. Dit sluit in die dra van gesigmaskers, handreinigers en sosiale afstand van 1,5 meter. Die griffier van die land se hoërhowe, Elsie Schickerling sê die maatreëls is van toepassing in die hoërhowe en is genoodsaak deur die toenemende Covid-gevalle wat in die land aangemeld is. Die gesondheidsministerie het in […]

Read More

Vaardighede kry aandag in SA-tronke

Die buurland se justisieminister, Ronald Lamola, sê sy departement moedig steeds vaardigheidsontwikkeling in gevangenissentrums aan. Lamola sê gevangenes kry opleiding in vaardighede wat hulle in staat stel om selfstandig te wees wanneer hulle na die samelewing terugkeer. Lamola voeg by die departement is besig om selfvoorsienend te word want gevangenes produseer voedsel en uniforms vir hulleself en amptenare: 

Read More