Malaria: Owerhede pleit met inwoners om spuitspanne binnenshuis toe te laat

Plaaslike media berig dat die Kavango-Oos-streek die meeste malariagevalle in die land aangeteken het, of 3 300. Die Andara-distrik het die hoogste aantal gevalle in die streek aangemeld. Binnenshuise bespuitingsveldtogte word twee keer per jaar gedoen om malaria in die streek te bekamp, maar baie mense wil nie die spuiters in hul huise inlaat nie. […]

Read More

Pandor aangestel as voorsitter van Madiba se stigting

Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, is vanaf 1 Oktober as voorsitter van die Nelson Mandela-stigting aangestel. Pandor is die derde persoon wat die rol beklee sedert sy stigting in 1999. Dit volg nadat Njabulo Ndebele wat vanaf Desember 2023 voorsitter was, afgetree het. Pandor het gesê dit is vir haar ‘n groot […]

Read More

Vermeende Trump-skieter vra om verskoning aan wêreld in brief

Ryan Routh, wat beskuldig word van die oënskynlike sluipmoordpoging op Donald Trump by ‘n gholfbaan in Florida, het in ‘n nota gesê dat hy van plan was om Trump dood te maak. Hy het ook in sy motor ‘n handgeskrewe lys van datums en plekke gehou waar Trump sou verskyn, volgens die justisie departement. Aanklaers […]

Read More

Dodelikste aanval in jare op Libanon

Amper 500 mense is in Libanon dood en 1 246 beseer sedert Israel Maandag met lugaanvalle in die land begin het. Dele van suidelike en oostelike Libanon is eerste getref en daarna ‘n suidelike voorstad van Beiroet. Duisende Libanese is besig om uit die suidelike dele van die land te vlug. Die Israeliese verdedigingminister, Yoav […]

Read More

Bremen, Windhoek gaan susterstede-ooreenkoms sluit

Die burgemeester van Bremen in Duitsland, dr. Andreas Bovenschulte, is op besoek aan Windhoek. ‘n Susterstede-ooreenkoms sal môre tussen die twee stede gefinaliseer word. Tydens ‘n besoek aan die parlement vir ‘n Namibië Bremen-vennootskapuitstalling, het die twee burgemeesters die vennootskappe tussen die lande sedert onafhanklikheid uitgelig. Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, […]

Read More

Stop munisipaliteite se geld-wanbestuur dringend, vra ATM

Die African Transformation Movement het ‘n beroep op die regering gedoen om finansiële wanbestuur in munisipaliteite dringend stop te sit. Die party waarsku die versuim om waterrade, soos Vaal Sentraal Water en Magalies Water te betaal, bedreig miljoene burgers se toegang tot skoon water. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, het ‘n beroep op […]

Read More

China waarsku Amerika teen diskriminasie

China het die Verenigde State gewaarsku om nie “diskriminerende stappe” teen sy ondernemings te doen nie, nadat berigte verskyn het waarin Washington beplan om voertuie wat Chinese en Russiese tegnologie gebruik, te verbied. Bloomberg en ander media berig die Verenigde State oorweeg nuwe reëls waarin hardeware en sagteware vir voertuie wat in China vervaardig word, […]

Read More

Alacaraz skiet vergelykings met Federer af

Tennis: Carlos Alcaraz het vergelykings met die 20-malige Grand Slam-toernooiwenner, Roger Federer, afgeskiet, oomblikke nadat sy oorwinning gister oor Taylor Fritz die Laver-beker vir Europa ingepalm het. Die 21-jarige Spanjaard, wat die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het, het Fritz met 6-2, 7-5 geklop om die toernooi in Berlyn te wen. Na sy oorwinning […]

Read More

Gebruik akwifer-water, maar volg wetenskaplike metodes

Die PDM parlementslid Lukas Hamata sê daar is ‘n dringende behoefte aan skoon water in die Ohangwena-streek, wat deur die Ohangwena-akwifer 2 aangespreek kan word. Die streek ervaar watertekorte in sommige dele en is die tuiste van meer as 245 000 inwoners. Hamata meen wateronttrekking uit die akwifer kan toegang tot drinkbare water vir die […]

Read More

Lyk van 20-jarige Amerikaner op Tafelberg gekry

ʼn Twintigjarige Amerikaanse vrou is dood op ʼn staproete op Tafelberg aangetref. Volgens Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het ʼn soekgeselskap die vrou se liggaam Sondagmiddag gevind in ʼn gebied wat deel is van Duiwelspiek. Die liggaam is per helikopter herwin en volgens plaaslike media lyk dit of sy na haar dood geval het. Pojie het meer.

Read More