Teenkorrupsie-kommissie sê oor RedForce-klagtes
Die Katutura-inwonerskomitee het ‘n protes by die Teenkorrupsie-kommissie gehou oor die kontrakte van verskeie dorpe met die skuldinvorderaar RedForce. Gemeenskapsleiers van Okahandja en Gobabis het ook die protes bygewoon en ‘n petisie is aan die kommissie oorhandig. Die betogers is veral ontevrede oor klagtes van korrupsie teen RedForce en dorpsrade wat volgens hulle nie aangespreek […]
Malaria-uitbreking gaan vererger, ‘nie net oor ingevoerde gevalle’
Die gesondheidministerie het bevestig dat 20 uit die land se 26 malaria-endemiese distrikte tans malaria-uitbrekings ervaar. Byna 6 000 gevalle is tussen 1 Desember en 19 Januarie aangeteken. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, sê die styging in gevalle is te wyte aan mense wat buite die land besmet word en na Namibië kom […]
Kenner nie entoesiasties oor sukses van suiwelmeesterplan
Namibië se suiwelbedryf het aansienlik gekrimp en melkproduksie het in 5 jaar met 35 persent afgeneem. Die aantal melkboere het gedaal van 27 in 2017 tot net vier in 2022, volgens ‘n verslag van die landbouministerie. Hoë voer- en vervoerkoste jaag produksiekoste op en maak plaaslike suiwel minder mededingend as invoere. Die ontwikkeling van ‘n […]
Erongo-streek het steeds kommer oor watervoorsiening
Die landbouministerie bied ‘n prestasie-oorsigwerksessie van die derde kwartaal van die 2024/25-boekjaar op Swakopmund aan. Die werkswinkel het ten doel om na al die streke te kyk, en hul uitdagings en spesifieke streekbehoeftes aan te spreek. Die Erongo-streek se goewerneur, Neville Andre, het in sy toespraak gesê ten spyte van die Orano-ontsoutingsaanleg, worstel die streek […]
Dood van SA soldate in DRK ‘is Cyril, verdedigingminister se skuld’
Die EFF sê president Cyril Ramaphosa en die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet aanspreeklik gehou word vir die dood van nege soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die nege was onder 13 vredesmaglede wat deur M23-rebelle doodgemaak is. Die EFF-parlementslid, Carl Niehaus, het aan […]
Auschwitz uitwissingskamp 80 jaar gelede bevry
Die Auschwitz uitwissingskamp is vandag 80 jaar gelede bevry, met ‘n paar van die enkele oorlewendes wat seremonies by die berugte Nazi kamp bywoon. Auschwitz was die grootste van die doodskampe en het die simbool geword van Nazi-Duitsland se volksmoord op 6-miljoen Europese Jode. Een-miljoen Jode en ‘n honderd-duisend nie-Jode het tussen 1940 and 1945 […]
Veteraan-stut uit Ierland se Sesnasies-wedstryd teen Engeland
Rugby: Die veteraanstut Tadhg Furlong gaan Ierland se openingswedstryd in die Sesnasies teen Engeland misloop. Hy het sy kuit beseer tydens die span se oefenkamp in Portugal en het huiswaarts gekeer. Jack Aungier is na die groep opgeroep as plaasvervanger vir Saterdag se wedstryd in Dublin. Die 32-jarige Furlong het deesdae las van beserings en […]
Minister verduidelik kragonderbreking by Sentrale Hospitaal
Gesondheidminister Kalumbi Shangula verduidelik dat die kragonderbreking by die Windhoek Sentrale Hospitaal veroorsaak is deur ‘n oorvol waterreservoir, nie reënwater nie. Daar was geen beserings nie en onmiddellike maatreëls is getref om die veiligheid van pasiënte en werknemers te verseker. Hy sê die hospitaal het vinnig opgetree om die situasie aan te spreek en ‘n […]
Onteieningswet bedreig boere, hele SA: TLU SA
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die omstrede Onteieningswet is ʼn ernstige aanval op die basis van eiendomsreg en bedreig nie net boere nie, maar alle Suid-Afrikaners. Die wet wat onlangs bekragtig is, sit uiteen hoe die staat grond in sogenaamde openbare belang wil onteien. TLU SA se woordvoerder, Bennie Van Zyl, sê die regering hou […]
Skynbare nuwe ietermagô-spesie ontdek
Indiese wetenskaplikes het moontlik ‘n nuwe spesie ietermagô, Manis indoburmanica, ontdek ingevolge genetiese ontleding. Hy stam van die Chinese ietermagô af wat 3,4-miljoen jaar gelede geleef het. Die Indo-Burmese ietermagô het volgens berigte unieke eienskappe gehad, soos ‘n kenmerkende kopvorm en kopskubbe. Bewaarkundiges waarku egter dat die verwikkeling pogings kan bemoeilik om teen natuurlewe-smokkelaars op […]