Oorskot van vryheidsvegters kom in SA aan

Die regering sal hierdie week die oorskot van 49 vryheidsvegters ontvang wat in ballingskap in Zimbabwe en Zambië gesterf het. Onder leiding van die minister van Sport, Gayton Mackenzie, en die minister van Verdediging, Angie Motshekga, sal die oorskot by die Waterkloof-lugmagbasis aankom en gevolg word deur ‘n tuiskomseremonie by Freedompark. Herbegrafnisse sal in hul […]

Read More

Egipte stuur wapentuig aan Somalië

‘n Egiptiese oorlogskip het ‘n tweede groot besending wapentuig aan Somalië afgelewer, insluitend lugafweer-toestelle en artillerie in ‘n stap wat waarskynlik verdere spanning tussen die twee lande en Ethiopië sal veroorsaak. Bande tussen Egipte en Somalië het vanjaar versterk oor hul gedeelde wantroue in Ethiopië, wat Kaïro aangespoor het om verskeie vliegtuigvragte wapens na Mogadisjoe, […]

Read More

Bibi sê hy het geen oorlog met Libanese burgers nie

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die aanval op Libanon verdedig. Amper 500 mense is dood en meer as 1 200 beseer. Netanyahu het weer beklemtoon dat Hezbollah agter burgerlikes skuil en dat hy niks teen die Libanese burgerlikes het nie.

Read More

Itula gesels oor werkskepping

Die Namibiër Fillemon Shikomba, ‘n bekende menseregte prokureur wat in die buiteland woon, het onlangs op X-Spaces ‘n onderhoud gevoer met die president van Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula. Itula het gepraat oor die party se manifes en hul hoofdoel, werkskepping.

Read More

Soektog van stapel gestuur vir vermiste Namibiese vragmotorbestuurder in SA

‘n Namibiese vragmotorbestuurder, Anton Gawanab is sedert Sondag middag vermis. Hy het ‘n vrag na OR Tambo Internasionale Lughawe gehad en is vermoedelik daar gekaap. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike maatskappy vir wie Gawanab werk gepraat. Sy vragmotor, is gevind, ter elfder uur, en die sleepwa die volgende oggend, maar Gawanab het spoorloos […]

Read More

Toeriste moenie net uitkyk vir sakkerollers nie, daar’s kuberveiligheid ook

Die Cisco-tegnologiemaatskappy sê die meeste reisigers is waaksaam oor sakkerollers en toerisme-swendelary, maar hulle moet ook hulle kuberveiligheid in ag neem. ‘n Kubersekerheidspesialis, Kabelo Letsoalo, sê vakansies bied ook geleenthede vir kubermisdadigers om mense onkant te betrap. Dit help om bewus te wees van algemene aanvalle en hoe om dit te vermy, om veilig te […]

Read More

Trump-veldtog misgis Georgië vir Georgia

In plaas van ʼn advertensie oor die Amerikaanse staat Georgia, het Donald Trump se veldtog ʼn foto van die land Georgië gebruik. Iemand in die Trump-span het dié land in Oos-Europa met die staat met dieselfde naam verwar. Die Shutterstock-foto wat in die advertensie gebruik is, wys die Kaukasus-bergreeks in die noordweste van Georgië. Die […]

Read More

Laerskoolkinders loop klas mis, krap op asgate rond

Plaaslike media berig dat laerskool-leerders in Opuwo eerder deur op stortingsterreine na kos, boumateriaal en klere soek as wat hulle skool bywoon. Daar word berig dat die skole naaste aan die dorp se stortingsterrein die meeste hierdeur geraak word en ook op dae wanneer groot kleinhandelaars hulle vullis stort. Die skole het blykbaar ‘n plan […]

Read More

Bankproduk vir lae-inkomsteverdieners

Bank Windhoek het ‘n massamarkdiens, Selekt Red, bekendgestel wat daarop fokus om bankoplossings aan lae-inkomsteverdieners te verskaf. Selekt Red bied toegang tot ‘n bekostigbare en buigsame rekening, met opsies om by kliënte se leefstyl te pas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir kleinhandelbankdienste en spesialisfinansiering, James Chapman, wat meer […]

Read More

Misdaad bedreig toerisme aan Wildekus

Die DA is besorg oor toenemende misdaad wat toerisme aan die Wildekus beïnvloed. Die DA-woordvoerder in die Oos-Kaap, Leander Kruger, wys op onlangse ontvoerings as bedreigings vir veiligheid en toerisme. Die party versoek onmiddellike optrede om sekerheid op te skerp en vertroue te herstel. Hy waarsku ongehinderde misdaad kan ernstige gevolge hê vir die streek […]

Read More