Onwaarskynlik dat Belarus en Rusland se atlete voor Spele weer toegelaat sal word
Wêreld-atletiek se president Sebastian Coe sê dis onwaarskynlik dat baan- en veldatlete van Rusland en Belarus voor volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys weer in die kompetisie verwelkom sal word. Die organisasie het alle atlete van dié twee lande vir die afsienbare toekoms by sy geleenthede verbied ná die Russiese inval in Oekraïne. Die […]
Vandalisme, kabeldiefstal maak sake onvolhoubaar
ErongoRED se hoof uitvoerende beampte, Tino !Hanabeb, sê koperkabeldiefstal en vandalisme van krag-infrastruktuur is ‘n uitdaging en dit ontwrig die elektrisiteitsvoorsiening. !Hanabeb het bevestig dat die diefstal en vandalisme van koperkabels die elektrisiteits-verspreider in 2022 en 2023 onderskeidelik meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar gekos het. Verder het hy ‘n sekuriteitsmaatskappy teen ‘n koste van byna 73 000 dollar per maand aangestel […]
Konflik in Afrika kan uiters ingewikkeld wees
Namibiese President Hage Geingob het sy voorsitterskap van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheid-samewerking aan die Zambiese President Hakainde Hichilema oorhandig. Hy het sekere gebiede uitgelig waarop die orgaan-troika in die toekoms moet fokus, insluitend ingrypings in Mosambiek en die DRK. Konflik heers al vir jare in die DRK en dit lyk asof niks gedoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus […]
Brics sal ook handelsektor bevoordeel
Die Brics-beraad bly in die nuus. Die buurland se handelsdepartement voorspel die handelsektor sal voordeel trek uit die 15de Brics-beraad wat volgende week in Sandton, Johannesburg, aangebied word. Daar sal na verwagting meer as 60 leiers uit verskeie lande wees, wat ‘n platform bied vir besprekings en samewerking oor handelsverwante sake. Die direkteur-generaal van handel, Lerato Mataboge, sê die hoof-doelwit is […]
Senegal se Sonko is hospitaal toe na 2 weke se eetstaking
Die leier van die opposisie in Senegal, Ousmane Sonko, wat die afgelope twee weke op ‘n eetstaking was weens sy aanhouding, is na die intensiewesorg-eenheid van ‘n hospitaal oorgeplaas. Sonko se party, Pastef, sê die owerhede is verantwoordelik vir sy toestand nadat hulle hom aangekla en in hegtenis geneem het vir onder meer sameswering teen die staat. Hy het is […]
Marikana: Nog 320 familielede wil eise indien
Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling in Suid-Afrika sê hy het reeds meer as 330 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die gesinne en slagoffers van die Marikana-slagting betaal. Die regering het ‘n nuuskonferensie gehou om die land op hoogte te bring van die vordering wat gemaak is rakende sake wat verband hou met die tragedie, waarin die polisie in […]
Ramokgopa en Alweendo gesels vandag
Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, kom vandag in Namibië aan met ‘n groot afvaardiging wat amptenare van Eskom insluit. Ramokgopa sal vergader met sy Namibiese eweknie, Tom Alweendo. Verteenwoordigers van NamPower, Namcor, en die groen-waterstof-kantoor sal ook deel van die gesprekke wees. Namibië voer tans elektrisiteit vanaf Suid-Afrika deur NamPower in. Die land het sy vaste elektrisiteitsverbruik van Eskom met die helfte verminder en gebruik nou net […]
Lamola weet nog nie wat brand by Limpopo-tronk sal kos nie
Die buurland se minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê spesialiste werk onverpoosd om die koste te beraam na die brand by die privaat beheerde Kutama Sinthumule-tronk in Limpopo. Vier mense is dood in die brand wat verlede week van die tronk se geboue vernietig het. Die minister het die fasiliteit besoek. Lamola sê die […]
Trump vra dat 6 Januarie-verhoor tot 2026 uitgestel word
Oudpresident Donald Trump het die distriksregter Tanya Chutkan in Washington gevra om spesiale raadgewer Jack Smith se voorstel te verwerp dat sy verkiesingsverhoor in Januarie volgende jaar aangehoor word. Trump loop tans voor in die wedloop om as Republikeinse presidentskandidaat gekies te word. Hy het op 3 Augustus in Washington onskuldig gepleit op aanklagte dat hy die 2020-verkiesingsuitslag wou omkeer, veral met die gebeure […]
Hifikepunye Pohamba herdenk sy 88ste verjaarsdag
Namibië se tweede President, Hifikepunye Pohamba, vier vandag sy 88ste verjaardag. Pohamba is gebore op 18 Augustus 1935, en het vanaf 21 Maart 2005 tot 21 Maart 2015 as die tweede President van Namibië gedien voordat hy deur President Hage Geingob opgevolg is. Oud weermaghoof, generaal Martin Shalli het Pohamba goeie gesondheid op sy verjaardag toegewens…