Brics sal ook handelsektor bevoordeel

Die Brics-beraad bly in die nuus. Die buurland se handelsdepartement voorspel die handelsektor sal voordeel trek uit die 15de Brics-beraad wat volgende week in Sandton, Johannesburg, aangebied word. Daar sal na verwagting meer as 60 leiers uit verskeie lande wees, wat ‘n platform bied vir besprekings en samewerking oor handelsverwante sake. Die direkteur-generaal van handel, Lerato Mataboge, sê die hoof-doelwit is […]

Read More

Senegal se Sonko is hospitaal toe na 2 weke se eetstaking

Die leier van die opposisie in Senegal, Ousmane Sonko, wat die afgelope twee weke op ‘n eetstaking was weens sy aanhouding, is na die intensiewesorg-eenheid van ‘n hospitaal oorgeplaas. Sonko se party, Pastef, sê die owerhede is verantwoordelik vir sy toestand nadat hulle hom aangekla en in hegtenis geneem het vir onder meer sameswering teen die staat. Hy het is […]

Read More

Marikana: Nog 320 familielede wil eise indien

Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling in Suid-Afrika sê hy het reeds meer as 330 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die gesinne en slagoffers van die Marikana-slagting betaal. Die regering het ‘n nuuskonferensie gehou om die land op hoogte te bring van die vordering wat gemaak is rakende sake wat verband hou met die tragedie, waarin die polisie in […]

Read More

Ramokgopa en Alweendo gesels vandag

Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, kom vandag in Namibië aan met ‘n groot afvaardiging wat amptenare van Eskom insluit. Ramokgopa sal vergader met sy Namibiese eweknie, Tom Alweendo. Verteenwoordigers van NamPower, Namcor, en die groen-waterstof-kantoor sal ook deel van die gesprekke wees. Namibië voer tans elektrisiteit vanaf Suid-Afrika deur NamPower in. Die land het sy vaste elektrisiteitsverbruik van Eskom met die helfte verminder en gebruik nou net […]

Read More

Lamola weet nog nie wat brand by Limpopo-tronk sal kos nie

Die buurland se minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê spesialiste werk onverpoosd om die koste te beraam na die brand by die privaat beheerde Kutama Sinthumule-tronk in Limpopo. Vier mense is dood in die brand wat verlede week van die tronk se geboue vernietig het. Die minister het die fasiliteit besoek. Lamola sê die […]

Read More

Trump vra dat 6 Januarie-verhoor tot 2026 uitgestel word

Oudpresident Donald Trump het die distriksregter Tanya Chutkan in Washington gevra om spesiale raadgewer Jack Smith se voorstel te verwerp dat sy verkiesingsverhoor in Januarie volgende jaar aangehoor word. Trump loop tans voor in die wedloop om as Republikeinse presidentskandidaat gekies te word. Hy het op 3 Augustus in Washington onskuldig gepleit op aanklagte dat hy die 2020-verkiesingsuitslag wou omkeer, veral met die gebeure […]

Read More

Hifikepunye Pohamba herdenk sy 88ste verjaarsdag

Namibië se tweede President, Hifikepunye Pohamba, vier vandag sy 88ste verjaardag. Pohamba is gebore op 18 Augustus 1935, en het vanaf 21 Maart 2005 tot 21 Maart 2015 as die tweede President van Namibië gedien voordat hy deur President Hage Geingob opgevolg is. Oud weermaghoof, generaal Martin Shalli het Pohamba goeie gesondheid op sy verjaardag toegewens…

Read More

Namport berei voor die olie- en gassektor

Die Namibiese Hawe-owerheid, Namport, het nie agterweë gebly om homself in die olie- en gasbedryf te posisioneer nie. Die owerheid se hoof uitvoerende beampte, Andrew Kanime, sê daar is talle aanpassings wat gemaak word, veral in verband met voorraad wat by die olievelde benodig word. 

Read More

Stygende brandstofpryse in September se impak sal uitbrei

Brandstofpryse sal na verwagting plaaslik in September styg met die swak wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar en besnoeiings deur Saoedi-Arabië. Die bekende Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Intussen sê die Suid-Afrikaanse Automobiel-Assosiasie daar is ‘n verwagte styging van 2 rand 60 sent per liter in die […]

Read More

Impact het nie die fondse om Venus te ontwikkel nie

Upstream Online berig dat Impact Oil and Gas op die oomblik op hete kole wag vir die uitslae van die Venus-put waar hy ‘n 20 persent aandeel het. Volgens wat berig word het hy nie voldoende befondsing om die bron te ontwikkel nie. Impact het reeds met belanghebbendes vergader om sy aandeel, wat blykbaar ter […]

Read More