Ecowas vergader vir laaste dag oor Niger
Wes-Afrikaanse weermaghoofde sal vandag ‘n tweede en laaste dag van samesprekings in Accra, Ghana, hou waar besonderhede van ‘n moontlike militêre ingryping in Niger as diplomasie nie daarin slaag om ‘n militêre staatsgreep om te keer nie, bespreek sal word. Die land se regering is op 26 Julie omver gewerp. Luidens ‘n verklaring bly die […]
Weer is Kanada se grootste veldbrand-vyand in volgende 48 uur
Die direkteur van veldbrand operasies, Cliff Chapman sê die weer is nie aan Kanada se kant nie en sal in alle waarskynlikheid die brande noordwestelike gebied van die land vererger. Duisende mense is reeds ontruim. Chapman sê die hitte en winde bemoeilik beheer, veral oor die volgende 48 uur.
Veelpartykonvensie verander SA se politieke koers
Die politieke ontleder, Sethulego Matebesi, sê die vorming van die Nasionale Veelpartykonvensie vir Suid-Afrika is ‘n prysenswaardige stap. Leiers van sewe politieke partye het Woensdag en Donderdag vergader om oor bepalings ooreen te kom vir hulle nuwe vennootskap, in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing. Matebesi sê hierdie stap het Suid-Afrikaanse politiek se koers […]
Ombud sê huweliksaansoeke en besware nie ‘n slegte idee nie
Die ombudsman, Basilius Dyakugha, het sy stem gevoeg by die besluit deur die ministerie van binnelandse sake om ‘n wetsontwerp op huweliksaansoeke in die parlement voor te lê. Dit sal van paartjies vereis om ‘n huweliksaansoek in te dien wat in die koerante vir besware geadverteer word. Talle kommentators meen dit is nonsens maar, die […]
Groot verligting met Saoedi se opheffing van verbod op SA-vleis
Die Suid-Afrikaanse landboudepartement het die Saoedi-Arabiese regering se opheffing van ‘n verbod op die invoer van vleis uit Suid-Afrika verwelkom. Dié land se voedsel-en-dwelmowerheid het gister gesê hy sal die verbod ophef wat in 2002 teen die invoer van vleis- en rooivleis-produkte ingestel is. Saoedi-Arabië het in Junie suksesvolle inspeksies by Suid-Afrikaanse slagpale en voedingskrale […]
Navo-baas maak ‘oopsie’ van sy stafhoof reg…
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê slegs Oekraïne kan besluit wanneer hy met vredesamesprekings met Rusland wil begin. Sy opmerkings volg nadat sy personeelhoof, Stian Jenssen, veroordeel is omdat hy gesê het Kiëf moet grondgebied aan Moskou afstaan in ruil vir Navo-lidmaatskap. Oekraïne en Rusland toon geen teken dat hulle wil onderhandel om […]
Iga sê spelers kort beter ondersteuning, empatie
Die wêreld-nommer een, Iga Swiatek, vra vir meer ondersteuning en empatie vir spelers, nadat sy kwetsende boodskappe ontvang het ná haar oorwinning in die kwarteindronde by die Cincinnati Ope. Die 22-jarige Swiatek het in haar wedstryd teen Zheng Qinwen van China, teruggeveg, vanaf ‘n agterstand van een stel, na ‘n oorwinning van 3-6, 6-1, en […]
Jhb se waardasierol onder die loep, Outa is vies
Die Organisasie teen Belastingmisbruik dring aan op deursigtigheid deur die Stad Johannesburg oor die 2023-proses vir die Algemene Waardasierol. Volgens die organisasie het die stad kennisgewings bedien om meer eienaars van eiendomme in staat te stel om beswaar te maak teen die waarde van hul eiendomme. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê daar is […]
So lyk die kwessies wat Alweendo en Ramokgopa sal bespreek
Meer inligting is bekend oor die samesprekings tussen Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en Tom Alweendo in die hoofstad vandag. Ramokgopa het ‘n afvaardiging van onder andere Eskom saamgebring en verteenwoordigers van NamPower, Namcor, en die groen-waterstof-kantoor sal ook deel van die gesprekke wees. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie van myne en […]
AfriForum wil alles weet oor Zuma se kwytskelding
AfriForum het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by President Cyril Ramaphosa ingedien waarin sleutel-besonderhede van oudpresident Jacob Zuma se vonnis-afslag geëis word. Dit volg nadat Ramaphosa die vrylating van talle nie-gewelddadige veroordeeldes goedgekeur het, insluitend Zuma. Die burgerregtegroep eis onder meer inligting oor begunstigdes, kriteria, maatskaplike uitwerking, raadpleging, […]