Bosbrande in Wes-Kanada vererger

Bosbrande in Kanada se westelike provinsie Brits-Columbië het vererger. Volgens die provinsie se premier Daniel Eby is sowat 35 000 inwoners onder ‘n ontruimingsbevel, en ‘n verdere 30 000 is onder ‘n ontruimings-waarskuwing. Die provinsie het ‘n noodtoestand afgekondig om brande wat buite beheer is, te takel. Weghol-veldbrande het sommige dele van ‘n sleutel-hoofweg tussen […]

Read More

Atletiek: Wayde wil 400 meter in Boedapest wen

Atletiek: Wayde van Niekerk hoop om sy 400 meter-wêreldtitel by die Wêreldkampioenskappe in Boedapest, Hongarye, te herwin wanneer hy vandag aan sy eerste wedloop deelneem. Die wêreldrekordhouer het dié seisoen belowende vordering gemaak. Hy het eerste in vyf wedlope geëindig, insluitend drie Diamant-liga-byeenkomste in Oslo, Silesië en Londen. Van Niekerk lei ‘n span van drie […]

Read More

Hage sê hy is perdfris en gesond

President Hage Geingob het ontken dat hy byna ineengestort het tydens die 43ste SAOG se gewone beraad in Luanda, Angola. Dit volg nadat ‘n TikTok-video wat op sosiale media versprei word, wys hoe die President gespanne lyk tydens die sing van die SAOG-lied. Geingob het met sy terugkeer in Windhoek aan die NBC bevestig hy […]

Read More

Cyril sê dienslewering is ‘n uitdaging vir die ANC

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê dienslewering het een van die party se grootste uitdagings geword. Ramaphosa het die party se nasionale werkskomitee se ontmoetings met ANC-strukture in Gauteng in Johannesburg afgesluit. Hy sê die ANC se steun in die 2021-plaaslike verkiesings het gedaal want mense het gesê daar is nie enige betekenisvolle […]

Read More

Ecowas-leiers in Niger vir vreedsame oplossing

‘n Afvaardiging van lande in die Wes-Afrika-streek het in Niger aangekom in ‘n laaste diplomatieke poging om ‘n vreedsame oplossing te kry met muitende soldate wat die land se President Mohamed Bazoum verlede maand omvergewerp het. Verteenwoordigers van die Wes-Afrika-streekblok, Ecowas, het vroeër ingestem om, indien nodig, troepe as deel van ‘n militêre mag te […]

Read More

Sokker: Swede derde met Engeland en Spanje wat vandag veg om trofee

Sokker: Die Matildas van Australië se veldtog om die Vroue-wêreldbeker te verower het  op teleurstellende wyse tot ‘n einde gekom met ‘n nederlaag van 2-0 in die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Swede. Die Australiese span is na hul nederlaag van 3-1 in die halfeindstryd Woensdag teen Engeland in alle fasette van die spel […]

Read More

Otji-polisie vind liggame van ma en dogter (5)

Die Namibiese polisie van Otjiwarongo het die liggame van ‘n 21-jarige vrou en haar vyfjarige dogter in hul sinkhuis in die Ombili-nedersetting gevind nadat onraad vermoed is. Die ma het vermoedelik haar dogter verwurg en haarself daarna met ‘n elektriese koord aan die sinkdak gehang. Haar vriendin het onraad vermoed toe die ma nie haar […]

Read More

Gwede: Energie-oorgang ‘n uitdaging in sukkelende ekonomie

Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, sê die land moet seker maak dat sy plan vir ‘n regverdige energie-oorgang nie die reeds sukkelende ekonomie in duie laat stort nie. Mantashe het gepraat by die Brics-energiesamewerkingsforum in Johannesburg, in die aanloop tot die 15de Brics-beraad vandeesweek. Mantashe sê die aanname dat die energie-oorgang ‘n beweging […]

Read More

Hongersnood eis 1 400 lewens in drie maande in Tigray

Minstens 1 400 mense is dood weens hongersnood in Ethiopië se noordelike Tigray-streek sedert voedselhulpverlening meer as drie maande gelede opgeskort is weens beweerde diefstal. Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram en die Amerikaanse hulp-agentskap, USAid, het hulp aan sowat ses miljoen mense in die streek verskaf, maar dit is in April gestaak, nadat daar ontdek […]

Read More

Rugby: Dis weer Wanderers in die premierliga-eindstryd teen United

Rugby: Die Namibiese Rugby-unie se semi-finaalwedstryde in die premierliga op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad het vir naelbyt-oomblikke gesorg. FNB Wanderers sal in die finaal weer hul titel verdedig nadat hulle vir FNB Rehoboth met 32-20 gewen het nadat Rehoboth teen halftyd met 14-10 voorgeloop het. In die ander half-eindstryd het Trustco United die […]

Read More