Pole versterk sekuriteit by sy grens met Belarus

Pole sê hy sal 500 polisielede stuur om sekuriteit by sy grens met Belarus te versterk om die toenemende getalle migrante wat die land onwettig binnekoms, en enige moontlike bedreigings die hoof te bied. Dit volg na die Wagner-groep sy huursoldate na Belarus verhuis het. Die polisiemag sal by 5 000 grenswagte en 2 000 […]

Read More

Amupanda hou voet by stuk DBN minister se lening toesmeer

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda sê daar is geen twyfel dat die Ontwikkelingsbank die kwessie van net meer as 3,6 miljoen Namibiese dollar se skuld van die hoër onderwysminister Itah Kandjii-Murangi toegesmeer het nie. Hy sê hy het nog nie weer van die bank gehoor nie maar, met die bewyse wat hy […]

Read More

Denosa teleurgestel in afdanking van 706 verpleërs

Die verpleegorganisasie Denosa in Limpopo sê dis teleurstellend dat die provinsiale Departement van Gesondheid 706 verpleegkontrakte beëindig het. Die organisasie se provinsiale sekretaris, Jacob Molepo, sê dit kom te midde van ‘n tekort aan verpleegkundiges en ander gesondheidswerkers by verskeie fasiliteite in die provinsie. Hy sê die beëindiging van die kontrakte kom te midde van […]

Read More

Le Pen eis noodtoestand in Frankryk

Frankryk se verregse leier, Marine le Pen, doen ‘n beroep dat ‘n noodtoestand afgekondig word nadat landwye opstande reeds byna ‘n week lank voortsleep. Die oproer het ontstaan nadat die polisie ‘n tiener doodgeskiet het. Meer as vier-duisend mense is in hegtenis geneem en meer as 700 banke en winkels is beskadig. President Emmanuel Macron […]

Read More

Kyrgios verskyn nie vanjaar by Wimbledon nie

Nick Kyrgios wat verlede jaar die eindstryd gehaal het, het aan Wimbledon onttrek nadat hy ‘n ligament in sy polsgewrig geskeur het. Die Australiër sou vandag in die eerste ronde teen die Belg, David Goffin, te staan kom. Kyrgios het vanjaar nog net aan een toernooi deelgeneem nadat hy ‘n knie-operasie ondergaan het. Die 28-jarige […]

Read More

KZN moet voorberei op klimaatsverandering

Die DA in KwaZulu-Natal sê die erge oorstromings in April verlede jaar, sowel as die jongste uiterste weerstoestande verlede week, benadruk weer eens die dringende behoefte aan daadwerklike klimaatsoptrede. Sewe mense is dood in die storm in die provinsie verlede Dinsdag. Die DA-lid, Hannah Shameema Winkler, sê dit is noodsaaklik dat munisipaliteite regdeur die land […]

Read More

Geen datum vir aankondiging van nuwe hoofverkiesingsbeampte nie

Die Verkiesingskommissie het geen datum vasgestel vir die bekendmaking van sy nuwe hoofverkiesingsbeampte nie. Onderhoude met vyf kandidate is Vrydag suksesvol afgehandel met dr. Michael Tjivikua, wat gediskwalifiseer is as gevolg van sy bande met die regerende party, Swapo. Volgens wat berig word was hy ‘n lid van die Swapo-dinkskrum tot 2021 en hy het […]

Read More

Gevegte in Sudan duur voort

Gevegte tussen Sudan se weermag en Rapid Support Forces het verskerp soos die oorlog sy 12de week binne gaan met geen vredespogings in sig nie. Lug- en artillerieaanvalle sowel as vuurwapens kon in die stad Omdurman, sowel as in die hoofstad Khartoem gehoor word. Die Rapid Support Forces sê hy het ‘n weermag-gevegsvliegtuig en ‘n […]

Read More

Russe wen veld in die Oekraïne

Oekraïne se adjunkminister van verdediging, Hanna Maliar, sê Russiese magte het effens veld gewen naby die oostelike stad, Svatove. Volgens berigte is die stad naby Russiese toevoerroetes, so indien Svatove weer ingeneem word, sal dit belangrike strategiese gevolge vir Oekraïne inhou. Maliar sê alhoewel Oekraïnse soldate vorentoe beweeg langs die suidelike flank in die Bakhmut-area […]

Read More

Netbal se wêreldbeker bied reuse-finansiële inspuiting vir Kaapstad

Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Anroux Marais, sê die Netbal Wêreldbekertoernooi sal ‘n groot ekonomiese inspuiting wees vir die provinsie, en die plaaslike ekonomie deur toerisme stimuleer. Sestien spanne sal aan die toernooi deelneem wat op die 28ste van dié maand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum begin. Die LUR se waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, […]

Read More