Transnet waarsku teen moontlike werksverliese

Transnet waarsku ‘n oplewing in vragmotorvervoer, aangevuur deur steenkoolpryse en spooruitdagings, kan ernstige werkverliese tot gevolg hê wanneer toestande verander. Transnet se logistieke kwessies het mynmaatskappye genoop om duur vragmotors te kies weens trein-bottelnekke. Meer as 3 500 vragmotors vervoer daagliks minerale, wat 2020 se vlakke verdubbel en kommer wek by vragmotoreienaars oor wanneer die […]

Read More

Orkaan Hilary op pad na Mexiko, suide van VSA

Orkaan Hilary sal na verwagting kategorie vier-sterkte bereik wanneer dit Mexiko en die suide van Amerika vandag met ʼn windspoed van tot 230 kilometer per uur bereik. Voorspellers verwag dit sal stoom verloor en in ʼn tropiese storm ontwikkel wanneer dit oor die suide van Kalifornië, Nevada, Arizona en Utah inbeweeg. Hilary sal die eerste […]

Read More

Wyle Reeva se ouers staan nie Oscar se parool-aansoek teen

Wyle Reeva Steenkamp se ouers het aangedui hulle sal nie die parool-aansoek van die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, in die Konstitusionele Hof teëstaan nie. June en Barry Steenkamp se regsverteenwoordiger, Tania Koen, het die besluit bevestig. Pistorius, wat skuldig bevind is aan die moord op hulle dogter op Valentynsdag in 2013, het die hof […]

Read More

BoN skort Trustco Bank se banklisensie tydelik op

Die Bank van Namibië het Vrydag na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank Namibia om as bankinstelling te funksioneer, met onmiddellike effek op te skort. Die skorsing is tydelik en onderhewig daaraan dat Trustco Bank sekere gestipuleerde gevalle van nie-nakoming regstel binne ses […]

Read More

Copps 94.1: Dronkbestuur en geweld vier hoogty

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het weer ‘n aksiebelaaide aand gehad wat afgeskop het met ‘n dronkbestuur-verwante ongeluk en mediese noodgevalle weens bottel- en messtekery. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons vennote G4S Namibia, Autohaus Windhoek, Minet Namibia Insurance Brokers, ITR Earthmoving Equipment, Engen Eureka, WestCare Medical Centre en Cema […]

Read More

Vrou wat baba Zephany Nurse in 1997 gesteel het, vry op parool

Die Suid-Afrikaanse vrou wat skuldig bevind is aan die ontvoering van die baba Zephany Nurse uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad in 1997, is op parool vrygelaat. Lavona Solomon het die baba as haar eie kind grootgemaak. Sy is skuldig bevind op aanklagte van ontvoering, bedrog en die oortreding van die Kinderwet, en gevangenisstraf van […]

Read More

Sokker: Aussies en Swede speel vir brons

Sokker: ʼn Troosprys is vandag op die spel in die wedstryd om die bronsmedalje tussen die mede-gasvrou, Australië, en Swede in die Wêreldbeker vir Vroue. Die twee spanne kom vanoggend om tien-uur Suid-Afrikaanse tyd in Brisbane teen mekaar te staan, na nederlae in die halfeindstryde teen Engeland en Spanje onderskeidelik. Selfs voor vandag se wedstryd […]

Read More

Alweendo en Ramokgopa bespreek groenwaterstof-projekte

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo het vandag samesprekings gehad met die Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, wat tans op ‘n werkbesoek aan Namibië is. Die groot afvaardiging sluit amptenare van Eskom in. Alweendo het aan die media gesê die gesprekke het gefokus op die ontwikkeling van groenwaterstof-inisiatiewe in beide […]

Read More

Vreedsame protes oor vrylating van aktivis

‘n Brief is aan die bevelvoerder van die Katutura-polisiestasiebevelvoerder geskryf namens ‘n groep bekommerde Namibiërs pleit vir die vrylating van aktivis Michael Amushelelo, na arrestasie op 21 Maart, asook die onlangse weiering van sy borgtogaansoek. Hulle beplan ‘n vreedsame protes-optog vanaf Shoprite Katutura via Onafhanklikheidsrylaan tot by die Windhoekse hoërhof op 23 Augustus vanaf half-nege […]

Read More

Duisende Kanadese moet ontruim weens brande

Duisende inwoners haas om stede van Kanada se noordwestelike gebiede te ontruim waar meer as 200 brande regoor die streek woed. ‘n Noodtoestand is afgekondig in Kelowna, ‘n stad sowat 300 kilometer oos van Vancouver met ‘n bevolking van sowat 150 000. Die ramp het uiters gevaarlike padtoestande veroorsaak en mense staan vir ure in […]

Read More