Visserye-minister bevestig rob-oeste begin

Die minister van visserye Derek Klazen het bevestig dat die oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf Julie tot 15 November vanjaar begin het. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur en verder ‘n drie jaar-tydperk vanaf 2023 tot 2025 vir die totale toelaatbare […]

Read More

O&L Nexentury Namibia kry sonkrag-lisensie

Ohlthaver & List se Nexentury Namibia het die lisensie verkry vir die opwekking en uitvoer van 100 megawatt sonkrag in Namibië, wat geldig is vir die volgende 25 jaar. Bernd Walbaum, die hoof uitvoerende beampte van O&L Nexentury sê hulle is verheug om hierdie opwindende nuus met belanghebbendes en die hernubare-energie-gemeenskap te deel. Hy het […]

Read More

Groenskema-boere nie te bekommerd oor Hardapdam

Namibiese damme is tans gesamentlik 66,3 persent vol teenoor verlede jaar se 80,1 persent, volgens NamWater se dambulletin. Damme wat Windhoek van water voorsien is tans 33,5 persent vol teenoor verlede jaar se 54,9 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 21,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 7,4 persent vol […]

Read More

SA petrolpryse daal, diesel s’n styg

Namibiese brandstofpryse bly onveranderd in Julie. Daar is egter goeie nuus en slegte nuus oor brandstofpryse in die buurland met 93-oktaan petrol wat vanaf Woensdag met 24-sent per liter goedkoper sal wees, en 95-oktaan petrol 17-sent per liter goedkoper. Die slegte nuus is die prys van diesel styg met 12- tot 18-sent per liter. Die […]

Read More

Vier beseer in ontploffing in Tokio

Vier mense is beseer in ‘n ontploffing in Tokio in Japan. Drie van die beseerdes is in ‘n ernstige toestand. Puin is oor ‘n nabygeleë kruising gestrooi en volgens die land se nasionale uitsaaier het ‘n rookwolk oor die gebied gehang. Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie, maar volgens ooggetuies kon gas […]

Read More

SA landbouminister woon VN-konferensie in Rome by

Die Suid-Afrikaanse minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, woon hierdie week die 43ste sitting van die Verenigde Nasies se Voedsel vir Landbou-organisasie se konferensie in Rome, Italië, by. Die konferensie word elke twee jaar gehou om wêreldwye voedsel- en landbousake te bespreek. Daar sal ook toesig gehou word oor die verkiesing van […]

Read More

Verkiesingskommissie maan oor swendelary

Die Verkiesingskommissie van Namibië waarsku die publiek dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat valslik beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, De Wet Siluka, het vandag bevestig dat daar plasings op sosiale media sirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. Die kommissie vermoed dat die vals webblad […]

Read More

Tsumeb-munisipaliteit begin vandag met opname

Tsumeb-inwoners word in kennis gestel dat die munisipaliteit vanaf vandag ‘n algemene opname oor munisipale eiendomme binne die Nomtsoub-gebied sal doen. Die doel van hierdie opname sal wees om die databasis op te dateer van persone wat in munisipale eiendomme woon om vervolgens huur-ooreenkomste met die raad aan te gaan. Daar sal van huurders verwag […]

Read More

Meer as kwart van SAPD-diensvoertuie is onbruikbaar

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het onthul meer as ‘n kwart van die diensvoertuie in verskeie provinsies is tans onbruikbaar. Die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal word die ergste geraak. Cele het op die DA se parlementêre vraag oor die toestand van diensvoertuie geantwoord. Hy het bevestig die SAPD worstel met […]

Read More

Viëtnam verbied Barbie-fliek

Viëtnam het die komende “Barbie”-fliek verbied oor tonele met ‘n kaart wat China se aansprake op ‘n gebied in die Suid-Chinese See aandui. Die rolprent sou op 21 Julie landwyd in Viëtnam vrygestel word, maar is verwyder vanaf die land se groot rolprent-kettings se webtuistes. Dit volg op ‘n regeringsbesluit om die rolprent te verbied […]

Read More