Gesondheidsversekering sal las op belastingbetaler plaas

Die DA sê die ANC se voorstel van aansienlike belastingverhogings om die nasionale gesondheidsversekering te befonds, plaas ‘n onregverdige las op sukkelende belastingbetalers. Die Nasionale Vergadering het verlede maand die Wetontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering aanvaar wat daarop gemik is om ‘n universele gesondheidsversekering in te stel. Werkgewers en werknemers sal almal bydra tot die betaalstaatbelasting op dieselfde manier as wat bydraes tot die Werkloosheidversekeringsfonds gestruktureer is. Dion […]

Read More

Voortslepende brande buite Rehoboth wek kommer 

Namibië se veldbrand-seisoen het in April begin en duur normaalweg tot in September. In 2021 het die land ‘n totaal van 3 miljoen hektaar verloor terwyl 2,4 miljoen hektaar in 2022 afgebrand het. Die Hardap-streek se burgerlike samelewings-organisasies-netwerk is ernstig bekommerd oor die voortslepende veldbrande buite Rehoboth. Die organisasie versoek die gemeenskappe van Rehoboth, die Hardap-streek en […]

Read More

Militêre operasie in Jenin grootste sedert 2002

Die Palestynse President Mahmoud Abbas het die grootskaalse Israelse militêre optrede ‘n nuwe oorlogsmisdaad genoem. Israel het ‘n groot militêre operasie teen Palestynse militante in die Jenin-vlugtelingkamp in die besette Wesoewer van stapel gestuur. Dit is die grootste militêre operasie sedert 2002. Agt Palestyne is in die aanval dood en meer as 50 ander gewond. Die Israelse Weermag […]

Read More

Tribunaal vir Russiese oorlogsmisdade by Den Haag op die been gebring

Pogings om Rusland wetlik aanspreeklik te hou vir die oorlog in Oekraïne, word verskerp. ‘n Spesiale tribunaal is by die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, tot stand gebring. Die tribunaal, wat gesteun word deur die Europese Unie, die VSA en Oekraïne, is in die lewe geroep om misdade van aggressie te hanteer. Ondersoekers in […]

Read More

Junior Bokke verwag taai stryd teen Argentinië

Die kaptein van die Junior Springbokke, Paul de Villiers, sê hulle is te volle daarvan bewus dat hulle na die halfeindronde van die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap kan deurdring, indien hulle vanaand ‘n bonuspunt-sege oor Argentinië behaal. Alles is nog moontlik in Poel C waarin Suid-Afrika speel. Al vier die spanne, naamlik Argentinië, Suid-Afrika, Italië en Georgië, […]

Read More

Wagter en Wollie kos Suid-Afrikaners R8 miljard per jaar

Terwyl daar geen plaaslike syfers is nie, toon Suid-Afrika ‘n geraamde jaarlikse besteding van sowat 8 miljard Suid-Afrikaanse rand aan troeteldiere. Volgens BrandMapp se jongste studie is 45 persent van volwassenes trotse troeteldiereienaars en 36 persent van hulle besit honde. Die studie het aan die lig gebring baie van die geld word bestee aan mediese onkoste, troeteldier-reise, verblyf en aktiwiteite. […]

Read More

Kredietverlening krimp verder in Mei

Die groei van kredietverlening in die privaat sektor het in Mei vanjaar tot 1,5 persent jaar op jaar verlangsaam, vergeleke met 2,6 persent in April vanjaar. Dit is die laagste groeikoers sedert Januarie verlede jaar. Krediet wat aan huishoudings verleen is, wat 56 persent van die totale krediet in die privaat sektor uitmaak, het met […]

Read More

Meer bouplanne vir Whk in Mei, maar minder geld bestee

Stad Windhoek het 164 bouplanne in Mei goedgekeur, 25 persent meer as die 131 in April. Die planne het ‘n waarde van 121 miljoen Namibiese dollar en volgens IJG Sekuriteite wat die syfers bekend gemaak het, is dit 30 persent minder as die 173,4 miljoen dollar in April. Vanaf die begin van die jaar is […]

Read More

Amupanda se AR doen stil-stil aansoek as politieke party

Terwyl die Affirmative Repositioning-beweging reeds, na reuse-uitdagings, ‘n vakbond geregistreer het, het hy nog nooit enige planne aangekondig om as politieke party te registreer nie tot nou toe. Plaaslike media berig dat die party by die Verkiesingskommissie hiervoor aansoek gedoen het en dat die waarnemende hoofverkiesingsbeampte Heidi Jacobs dit bevestig het. Die beweging se leier Job […]

Read More

Landbou het beduidende rol in werkskepping

Die landbousektor het die grootste potensiaal om werkloosheid in Afrika suid van die Sahara te verminder, volgens Namibië se hoof van die afvaardiging na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se parlementêre forum, Phillipus Katamelo. Hy sê dit is te danke aan die streek se groeiende jeugbevolking. Hy woon die SAOG parlementêre forum by wat tot Saterdag in […]

Read More