Publiek moet sê oor nuwe Openbare Beskermer

Die Suid-Afrikaanse parlement se ad hoc-komitee wat ‘n persoon vir aanstelling as Openbare Beskermer moet benoem, het die publiek en organisasies gevra om teen die einde van die werksweek geskikte kandidate vir ‘n nuwe ampsdraer te benoem. Die voorsitter, Cyril Xaba, sê aansoeke sal ook aanvaar word en benoemings en aansoeke kan tot Vrydag ingedien […]

Read More

Katima-gemeenskapslede steel boumateriaal vir skoolkoshuis

Onderwysowerhede op Katima Mulilo is raadop met lede van die gemeenskap wat nie skole bystaan en ondersteun nie. Volgens plaaslike berigte is 11 mense agter tralies nadat 330 000 Namibiese dollar se boumateriaal by die Liselo Gekombineerde Skool op die dorp gesteel is. Die skool sou ‘n koshuis gebou het vir veral benadeelde leerders. Die […]

Read More

Boetes in verband met CC’s is totaal onrealisties

Die debat oor die Wetsontwerp op Beslote Korporasies duur voort in die parlement. Die konsepwet is vir die tweede keer deur adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, vir aanvaarding bespreek voordat parlementslede daaroor gedebatteer het. Volgens die wetsontwerp sal oortreders streng boetes opgelê word wat aan die registrateur betaal moet word. ‘n Beslote korporasie of ‘n […]

Read More

Verhoging vir staatsamptenare nie regverdigbaar nie – Saftu

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, het President Cyril Ramaphosa se besluit om openbare ampsdraers se salarisse te verhoog, veroordeel. Die president het die 3 persent-verhoging van ampsdraers soos regters, ministers, hulle adjunkte en tradisionele leiers se salarisse onderteken. Openbare ampsdraers kry van die grootste salarisse in die land en elkeen neem meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse […]

Read More

Oekraïne verwelkom Den Haag-tribunaal oor Rusland

Oekraïne het die bekendstelling van ‘n sentrum vir die vervolging van die misdaad van aggressie teen Oekraïne in Den Haag verwelkom. Die sentrum sal bewyse versamel vir moontlike sake teen Russiese militêre en politieke leiers wat vir die oorlog verantwoordelik is. Die Oekraïnse aanklaer-generaal, Andriy Kostin, sê dis ‘n duidelike teken dat die wêreld verenig […]

Read More

Jongste oor Elisenheim-brand

Die hoof van noodbestuur in Stad Windhoek, Raymond Kapia, het met Komsos 94.1 Nuus gepraat oor die veldbrand wat gedurende die nag by Elisenheim, net noord van die hoofstad ontstaan het. Die brand het uiters vinnig in die berge versprei en brand steeds. 

Read More

Dooies ontvang steeds betalings by arbeid

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het volgens plaaslike media bevind dat die arbeidsministerie geen meganisme het om te bepaal of sy begunstidges lewend of dood is nie. Kandjeke sê hy het oorledenes gevind op die werkersvergoeding betaalstaat. Die individue ontvang maandeliks ‘n betaling. Volgens Kandjeke maak die ministerie staat op die Maatskaplike Voorsorgkommissie om sterfgevalle te bepaal. Kandjeke het die bevinding gemaak in die state van die ministerie vir die 2021-22 boekjaar. Hy sê die ministerie […]

Read More

Sekerheidstenders in Noordwes moet publiek gemaak word

ActionSA in Noordwes sê hy sal ‘n aansoek indien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om toegang te verkry tot die tenderdokumente rakende sekerheidstenders in die provinsie. Die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling word daarvan beskuldig dat hy sedert 2018 meer as 520 miljoen Suid-Afrikaanse rand onreëlmatig aan sekerheidstenders bestee het. Karabo Seane van ActionSA sê, die departement het na bewering twee-maande kontrakte […]

Read More

Massaskietery in Philadelphia, vier dood

Die polisie in Philadelphia ondersoek die voorval waarin agt mense in die Kingsessing-buurt in die suidwestelike deel van die stad geskiet is. Vier mense is dood en met twee minderjariges onder die gewondes. Die skietery het in 56ste Straat en Chesterlaan plaasgevind. Volgens berigte is ‘n verdagte, wat ‘n koeëlvaste baadjie gedra en ‘n geweer en handwapen in […]

Read More

Pochettino sê Chelsea is beste span in Engeland

Die voormalige Tottenham Hotspur-baas, Mauricio Pochettino, het Chelsea as die beste span in Engeland beskryf. Die 51-jarige Argentyn het gister in sy nuwe bestuurspos as Chelsea-baas begin en terselfdertyd vir die eerste keer na die Premierliga teruggekeer sedert hy meer as drie-en-‘n-half jaar gelede deur Spurs afgedank is. Die Blues het sedert 2004 21 trofeë ingepalm waaronder vyf Premierligas en twee Kampioenskapsligas. Hulle het verlede seisoen egter […]

Read More