Bestuurstelsel vir skoolvoedingprogram bekend gestel

Met meer as 400 000, rondom die helfte van Nambiese skoolkinders wat staatmaak op die skoolvoedingsprogram, het die onderwysministerie vandag amptelik die inligtingbestuurstelsel program vanjaar bekendgestel. Die verslag verteenwoordig die eerste stap in die proses om die bewysbasis oor skoolvoeding in Namibië te versterk. Laura McLeod-Katjirua, goewerneur van die Khomas-streek sê ‘n tekort aan voedsel […]

Read More

DA boos oor BBP-eenheid wat mans op hoofweg aanrand

Die DA sê hy is diep ontsteld deur ‘n video wat wys hoe lede van die polisie se BBP-eenheid drie mense langs ‘n Gautengse snelweg aanrand. Die videogreep wat die rondte doen op sosiale media, wys hoe minstens agt lede van die BBP-beskermingseenheid ‘n groep oënskynlik-hulpelose mans in ‘n Volkswagen Polo langs die pad aanrand. […]

Read More

Mynwese dryf groei, landbou krimp

Die Sentrale Bank het sy ekonomiese bulletin vir Junie vanjaar bekend gemaak. Ekonomiese groei vertoon eintlik redelik goed maar dit is aangedryf deur mynwese met landbou en sekondêre industrieë wat gekrimp het. Die sentrale bank se woordvoerder Kazembire Zemburuka het die besonderhede.

Read More

Bouplanne vir kommersiële eenhede bly gedemp in hoofstad

IJG Sekuriteite sê bouplanne vir vyf nuwe kommersiële en industriële eenhede ter waarde van 1,92 miljoen Namibiese dollar is deur Stad Windhoek in Mei vanjaar goedgekeur. Die makelaarsfirma sê dit bring die gemiddelde maandelikse goedkeurings op vyf nuwe eenhede ter waarde van net meer as 20 miljoen dollar vanjaar te staan, teenoor 13,6 miljoen maandeliks […]

Read More

SAPD ondersoek voorval waar BBP-eenheid motor op snelweg stop, mense aanrand

Die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde aanranding op drie insittendes van ‘n privaat voertuig deur lede van sy BBP-eenheid. Die voertuig het langs ‘n Gautengse hoofpad gestaan. In die video op sosiale media kan gesien word hoe meer as ses lede van die BBP-beskermingseenheid ‘n groep mans, wat hulpeloos […]

Read More

Khama woon nie sy pa se eredag by nie, vrees vir sy lewe

Die voormalige president van Botswana, Ian Khama, sê hy het nie die herdenking van die openbare vakansiedag wat na sy pa vernoem is, Sir Seretse Khama-dag op 1 Julie bygewoon nie omdat hy vir sy lewe vrees. Khama is sedert November 2021 in banneling in Suid-Afrika. Tuis staan hy tereg op 14 aanklagte, wat wissel […]

Read More

Kavango Oos wil ook droogtehulp hê

Die Kavango Oos-streek se streeksramprisiko-bestuurskomitee doen ‘n beroep op die regering om ‘n noodtoestand af te kondig oor droogte in die streek. Die droogtehulp van die regering is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember vanjaar en sluit net sekere streke in wat nie Kavango Oos insluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Een vas vir diefstal van 51 renosterhorings

’n Man is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 51 renosterhorings uit ’n Noordwes Parkeraad-kantoor. Volgens die Valke se luitenant Tinyiko Mathebula, is die 40-jarige in Rustenburg in hegtenis geneem. Vyf voertuie wat vermoedelik in die pleging van die misdaad gebruik is – ’n Range Rover, Land Rover, BMW, Nissan X-Trail en […]

Read More

VN spreek kommer oor Jenin-aanvalle uit

Die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Wesoewer het kommer uitgespreek oor voortslepende gevegte tussen Israeliese magte en gewapende Palestynse militante in die Jenin-vlugtelingkamp. Israel het gister sy grootste militêre operasie in byna twee dekades in die besette Wesoewer uitgevoer en minstens agt Palestyne is dood. Sowat 3 000 mense […]

Read More

Bokke het reuse-stryd teen Australië die naweek

Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê hulle aanvangstoets Saterdag teen Australië in die Rugby-kampioenskap gaan ‘n massiewe stryd wees in die vaste fasette, skrums en losgemaal. Die kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria is albei spanne se eerste toets vir die 2023-seisoen. Davids sê Australië is goed gebalanseerd met ervare en talentvolle jong spelers in die […]

Read More