Gautengse premier: Kragkrisis teen Januarie verby

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die provinsiale regering beplan om die kragkrisis teen Januarie te beëindig. Hy sê sy regering ondersoek tans alternatiewe strategieë om betroubare energievoorsiening vir sy inwoners te kan verseker. Vordering in die rigting van elektrifisering is belemmer weens opsetlike beskadiging en kabeldiefstal. Die premier het nietemin sy onwrikbare verbintenis […]

Read More

Uitspraak in Menzies se dringende hofaansoek is voorbehou tot 1 September

Uitspraak in Menzies Avation se dringende hofaansoek in die Windhoekse hoërhof is voorbehou tot volgende Vrydag 1 September. Dit volg nadat die Namibiese Lughawensmaatskappy Menzies Saterdag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgeskop het. Intussen gaan Paragon Aviation voort om die vrag- en grondhanteringdienste by die lughawe te lewer. Lufthansa se Eurowings Discover het bevestig die […]

Read More

Adjunkminister van landbou besoek Noorde-streke

Die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda, is tans op ‘n baie belangrike besoek aan die streke van Oshikoto, Oshana, Omusat- en Ohangwena wat tot 2 September sal duur. Sy sal kommunale boere en projekte besoek om onder meer landbouproduksie-insette, masjinerie en toerusting te evalueer. Jona Musheko, die hoof-woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Wetsontwerp op Databeskerming onder die loep

Na uitgebreide streeks-konsultasies in al 14 streke oor die Wetsontwerp op Databeskerming, reël die inligtingsministerie ‘n tweedaagse werkswinkel om belanghebbendes se insette en kommentaar oor die wetsontwerp te bespreek voordat dit aan die parlement voorgelê word. Die konsepwet het ten doel om te verseker dat persoonlike data wettiglik ingesamel, gestoor, verwerk en toegang verkry word. […]

Read More

SA Reserwebank se Phala Phala-verslag werp geen lig op kwessie – ontleder

‘n Politieke ontleder in die buurland, Khaya Sithole, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor die beweerde diefstal van buitelandse geld op die Phala Phala-wildsplaas van President Cyril Ramaphosa, werp eintlik geen lig op die kwessie nie. Die Reserwebank het in ‘n verklaring bekend gemaak dat daar geen oortreding van regulasies oor buitelandse valuta was […]

Read More

Visverbruikersdag op Katima Mulilo gevier

Die 11de Nasionale Visverbruiksdag word op 28 September by Katima Mulilo in die Zambezi-streek gehou. Die National Fish Consumption Promotion Trust en die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het in 2012 begin om visverbruik op streeksvlak te bevorder. Sedertdien oor die jare is die projek in tien streke van stapel gestuur. Die trust samel […]

Read More

Calle maak stem dik by Wêreld-waterweek

Wêreld-waterweek 2023 vind tans in Stokholm, Swede plaas en word deur die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein bygewoon. Die tema is “Seeds of Change: Innovative Solutions for a Water-Wise World”. In sy toespraak het die minister gesê tydens die huidige politieke konflik en onstabiliteit is die multilaterale stelsel van die Verenigde Nasies erg skeefgetrek en die […]

Read More

Beste kamerbesetting vir Julie in vyf jaar

Die toerisme-piekseisoen het in Julie afgeskop wat ‘n kamerbesettingsyfer van 61 persent aangeteken het, vergeleke met 51 persent in Julie verlede jaar. Julie vanjaar se besettingsvlakke was die beste oor die afgelope vyf jaar. Toeriste van Duitsland, Switserland en Oostenryk was met 33,5 persent weer die hooftoeriste-bronmark vir Namibië. Plaaslike inwoners is die tweede meeste, […]

Read More

DA: Cyril se wanklanke is ANC-beleid

Die DA se nasionale woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, Emma Louise Powell, sê President Cyril Ramaphosa se opmerkings voor die Brics-beraad het geen bewys gelewer van enige maatreëls wat ingestel is om vryheid, vrede en veiligheid te bevorder nie. Sy sê Ramaphosa het versuim om op te tree om menseregte en die oppergesag van […]

Read More

Hilary laat 25 000 huishoudings in Los Angeles sonder krag

Minstens 25 000 huishoudings in Los Angeles in Amerika is sonder krag nadat die tropiese storm Hilary die suide van Kalifornië getref het. Oorstromings en modderstortings is ook in en om die stad aangemeld. Die storm beweeg nou noord maar swaar reën en oorstromings sal na verwagting vandag voortduur. Alle openbare skole in die stad […]

Read More