Afghaanse skoonheidsalonne moet binne ‘n maand sluit

Die Taliban in Afghanistan het beveel dat alle skoonheidsalonne binne ‘n maand moet sluit. Die ministerie belas met die sogenaamde sede-polisie het die aankondiging vandag gemaak. Buitelandse regerings en VN-amptenare veroordeel die al hoe meer beperkinge wat ingestel word teen vroue sedert die Taliban in 2021 die mag oorgeneem het. Die owerhede het verlede jaar […]

Read More

Nege Namibiese para-atlete op pad na Parys

Atletiek: ’n Groep van nege Namibiese atlete met gestremdhede en hul gidse het vandag na Parys, Frankryk vertrek vir die 2023 Internasionale Paralimpiese Komitee se Wêreld-Para-atletiekkampioenskappe. Die kampioenskappe vind van 7 tot 17 Julie in Parys plaas waar Span Namibië aan baan- en veld-items sal deelneem. Die kampioenskappe sal die atlete se laaste kans wees […]

Read More

Eskom stel fase 1-beurtkrag in

Eskom sal môre en Donderdag vanaf vyfuur soggens tot vieruur in die middae fase 1-beurtkrag instel. Dit is as gevolg van ‘n toename in opwekkings-eenhede wat buite werking is. Fase 3-beurtkrag sal dan vanaf vieruur namiddag volg. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê opwekkings-eenhede by die Grootvlei-, Kriel- en Matla-kragstasies is weer in diens, […]

Read More

Sisa vra of Menzies verdere kennisgewing verstaan

Regter Shafimana Ueitele het vandag die meriete van die dringende aansoek wat deur Menzies Aviation teen onder andere die Namibiese Lughawens-maatskappy en Paragon Investments gebring is, in die Windhoekse hoërhof aangehoor. Die kern van die aansoek deur Menzies, wat tans steeds vrag hanteer op die lughawe, is redelike kennisgewing en tesame daarmee poog die maatskappy […]

Read More

NVG verhaal R1,9 miljoen van Bloem-pastoor

Die buurland se Spesiale Ondersoek-eenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom ‘n betaling van 1,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die landbousektor se onderwys en opleidings-owerheid nadat ‘n Bloemfonteinse pastoor die geld op ‘n bedrieglike wyse geëis het. Lerato Raphael Mokoteli en Anthony Dywili het tussen 2016 en 2019 die fondse bedrieglik geëis vir ‘n gesamentlike onderneming […]

Read More

Egipte en Turkye hervat betrekkinge ná ‘n dekade

Egipte en Turkye het ambassadeurs in mekaar se hoofstede aangestel. Dit is die eerste keer in meer as ‘n dekade dat diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande herstel word. Egipte het tien jaar gelede Turkye se ambassadeur uit die land geskop en Ankara daarvan beskuldig dat hy organisasies ondersteun wat die land ondermyn. Samesprekings tussen […]

Read More

Rugby: Springbok-stut Ox beseer

Rugby: Die Springbok-stut, Ox Nché, sal moontlik nie Saterdag op Loftus teen die Wallabies kan speel nie, hoewel hy vir die beginspan gekies is. Afrigter Jacques Nienaber het vanmiddag in ʼn verklaring bekendgemaak Nché het vroeër vandag sy bors beseer tydens ʼn oefening. Daar is ook bekendgemaak Steven Kitshoff sal in Suid-Afrika agterbly en nie […]

Read More

Jerry takel weer selfdegeslaghuwelike in NV

Die stof oor die kwessie van selfdegeslaghuwelike weier net om te gaan lê. Dit is weer vandag in die parlement aangespreek toe die veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo aangedui het dat hy môre in die Nasionale Vergadering vir die behoorlike definisie van gade gaan vra na aanleiding van die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike.

Read More

Staat moet SME’s help ontwikkel – BBLN

Volgens First National Bank Namibia speel klein en medium ondernemings ‘n belangrike rol in die land se ekonomiese stabiliteit en behoort hulle meer ondersteuning te ontvang. Dit is om hulle in staat te stel om by te dra tot werkskepping in die land, veral gegewe die huidige hoë jeug-werkloosheidsyfers. FNB Namibia het 85 miljoen Namibiese […]

Read More

Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr, N7 weer oop ná reën

Die Paaie-owerheid het aangekondig dat die DR 212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr nou weer oop is vir verkeer. Hierdie pad is onlangs gesluit weens nat en gladde toestande ná reën in die Karas-streek voorgekom het. Die pad is intussen veilig vir verkeer verklaar, maar motoriste word steeds gemaan om versigtig te bestuur wanneer hulle […]

Read More