Gewilde ram- en ooiveiling by Stampriet-skou

Die jaarlikse Stampriet-skou vind plaas vanaf Saterdag tot 1 September met die gewilde ooi- en ramveiling wat op die laaste twee dae aangebied sal word. Gert van Wyk van Namibia Livestock Auctions het met Kosmos 94.1 gesels en meer vertel oor die veilings…

Read More

Amazon vestig sy derde vaardigheidsentrum in Kaapstad

Die Stad Kaapstad het by Amazon-webdienste se leierskap aangesluit om die lint te knip by die Amazon-webdienste-vaardigheidsentrum in Kaapstad se middestad, die tegnologie-onderneming se derde opleidingsentrum en sy eerste buite Amerika. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die sentrum sal toegewyde, persoonlike wolk-leerruimtes hê waar mense meer kan uitvind oor wolk-rekenaarkunde en loopbaangeleenthede […]

Read More

Namibia Berries belê groot in bloubessie-projek

Namibia Berries beplan om 1,5 miljard Namibiese dollar oor sewe jaar te belê in ‘n uitvoerproduksie-bloubessieprojek aan die buitewyke van Divundu. Die bloubessieplaas van 250 hektaar sal volgens die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad byna 800 mense in diens neem en 7 000 werksgeleenthede skep gedurende die oesseisoene. Tans word 30 nuwe werknemers opgelei vir die […]

Read More

Vreedsame betoging by Brics-beraad oor Russies-Oekraïnse oorlog

Drie organisasies hou ‘n vreedsame betoging by die Brics-beraad in Johannesburg. Amnestie Internasionaal, die Oekraïnse Vereniging van Suid-Afrika en die Helen Suzman-stigting wil hê die Russies-Oekraïnse oorlog moet tot ‘n einde kom. Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika se woordvoerder, Genevieve Quintal, het gesê die betoging poog om die Brics-leiers se aandag op die dringende behoefte aan […]

Read More

Cross: Ekonomie nie so sleg in Zimbabwe

Zimbabwiërs sal môre stembus toe gaan om in die presidensiële en algemene verkiesing te stem. Die verkiesing vind plaas midde Zimbabwe se sukkelende ekonomie, insluitend ‘n onstabiele geldeenheid wat die afgelope maand met meer as 50 persent teenoor die Amerikaanse dollar gedaal het. Vir baie Zimbabwiërs lyk die vooruitsigte al hoe meer somber, want 72 […]

Read More

Rugby: Oud-Springbokkaptein Theuns Stofberg steeds in bedenklike toestand

Rugby: Die voormalige Springbok-kaptein Theuns Stofberg is steeds in ’n bedenklike toestand in die hospitaal, ná ’n ongeluk buite Stellenbosch in die Wes-Kaap Maandagaand. Hy het volgens berigte veelvuldige beserings opgedoen in die botsing op die Koelenhofpad waarby drie voertuie betrokke was. Die 68-jarige flank en slot het van 1976 tot 1984 21 toetse vir […]

Read More

Ruda Landman bring hulde aan Derek Watts

Ruda Landman het hulde gebring aan die bekroonde Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, Derek Watts, wat vanoggend sy stryd teen kanker verloor het. Die 74-jarige Watts het in Julie sy uittrede aangekondig uit die jarelange ondersoekende-nuusprogram, Carte Blanche, wat hy saam met Landman aangebied het. Watts het verlede jaar met chemoterapie begin nadat hy ‘n diagnose gekry het […]

Read More

Mynbou-sektor hou ekspo midde goeie groei

Groei in die Namibiese mynbou-sektor duur voort met die Kamer van Mynwese van Namibië wat opgewonde is om sy tiende Mynbou-ekspo van 30 tot 31 Augustus in Windhoek aan te bied. Dit sal amptelik deur President Hage Geingob by die skougronde geopen word. Die mynbou-ekspo is ‘n jaarlikse geleentheid van die kamer om die Namibiese […]

Read More

Samesmelting van Vivo Energy en GasIt met voorwaardes goedgekeur

Die Namibiese Mededingingskommissie het die voorgestelde samesmelting van Vivo Energy Namibia en Triple J Energies, bekend as GasIt, met voorwaardes goedgekeur. Die kommissie het op 1 Februarie die kennisgewing van die voorgestelde transaksie ontvang en die raad van kommissarisse se besluit is gegrond daarop dat die voorgestelde samesmelting waarskynlik mededinging in Namibië sal voorkom of […]

Read More

Ecuador staak olie-eksplorasie in Amasone

Ecuador het in ‘n referendum ten gunste daarvan gestem om olie-eksplorasie in die beskermde gebied van die Amasone te staak. Die besluit beteken dat die staatsbeheerde oliemaatskappy sy bedrywighede in ‘n deel van die Yasuni Nasionale Park sal moet staak. Die park is die tuiste van die wêreld se laaste oorblywende inheemse bevolkings en is […]

Read More