Trudeau looi Facebook tydens brande
Kanadese premier Justin Trudeau beskuldig Facebook daarvan dat hy winste bo mense se veiligheid plaas tydens die land se rekord-brandseisoen. Meta het vroeër aangekondig dat hy sy verbod op nuusinhoud uit Kanada op sy platforms sal hou as gevolg van ‘n nuwe wet wat vereis dat uitgewers moet betaal vir aanlyndienste. Die land gaan gebuk onder erge brande, veral in die Weste met 30 000 mense wat reeds ontruim […]
Serena stel Adria River aan die wêreld voor
Die 41-jarige Serena Williams en haar man Alexis Ohanian het hulle tweede kind, ‘n dogtertjie met die naam Adira River, verwelkom. Die egpaar het reeds ‘n vyfjarige dogter, Alexis Olympia Ohanian Junior, wat in September 2017 gebore is. Die 23-malige Grand Slam-tenniskampioen het in Mei by die Met Gala in New York-stad aangekondig dat sy weer swanger is. Williams vier binnekort haar eerste volle […]
Staking in Tshwane duur voort al sê Samwu lede moet werk
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hoewel die vakbond Samwu werkers versoek het om hul onwettige staking van vyf weke te beëindig, is die negatiewe uitwerking blywend. Dit het dienslewering ontwrig en geweld en skade aan eiendom veroorsaak. Werkers is volgens berigte steeds besig met werk-ontwrigtings en sloerstakings, met voortgesette geweld en intimidasie. Brink vra […]
Omgewingskenner sê hy is nie oortuig oor draadstrikke nie…
Die Namibiese omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorkoms van draadstrikke in Etosha Nasionale Park, maar volgens ‘n omgewingskenner veroorsaak heinings ook sterftes onder wild. Die ministerie het ‘n spesiale operasie van stapel gestuur om draadstrikke in en om Okaukuejo te verwyder. Die stel van strikke is onwettig en in drie dae is 62 strikke in die gebied verwyder. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof […]
Wes-Kaapse taxi-vergadering verloop goed
Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Rob Quintas, sê die gees by die vergadering van die minibustaxi-taakspan was vooruitskouend, onbevooroordeeld en respekvol. Die vergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad en verteenwoordigers van die Stad Kaapstad en die provinsiale regering volg na die dodelike taxistaking vroeër die maand. Quintas sê hulle het begin met ‘n hersiening van die opdrag wat die gemeenskaplike verbintenis weerspieel en dit sal […]
18 vermeende migrante dood in Griekse brande
Die verkoolde liggame van 18 mense is naby ‘n dorpie in die noorde van Griekeland gevind, terwyl veldbrande steeds die land teister. Aanvanklike verslae dui daarop dat die mense wat gesterf het dalk migrante was. Hierdie vonds bring die totale dodetal na die week se brande in Griekeland op 20 te staan. Die brandweerdiens sê daar word […]
Theuns Stofberg sterf na motorongeluk
Die voormalige Springbok-kaptein Theuns Stofberg is vroeg vanoggend oorlede na ‘n motorongeluk buite Stellenbosch in die Wes-Kaap Maandagaand. Hy het volgens berigte veelvuldige beserings opgedoen in die botsing op die Koelenhofpad waarby drie voertuie betrokke was. Die 68-jarige flank en slot het van 1976 tot 1984 21 toetse vir Suid-Afrika gespeel, en 30 punte aangeteken. Hy het […]
Graan- en veeboere gemaan om in lyn met droë toestande te boer
Volgens die bekende onafhanklike weerkenner Johan van den Berg het El Nino-ontwikkeling in Mei begin, gaan in Desember sy piek bereik en sal aanwesig wees tot ongeveer April volgende jaar. Van den Berg sê baie min of geen reën word vir ten minste die volgende drie weke verwag. Reën is egter moontlik in die laaste […]
Reuse-verliese met verbod op vrag by HKIA
Qatar Airways, Eurowings Discover en Ethiopian Airways, asook die Suid-Afrikaanse algemene vragverkoops-agentskap en bestuursdiensverskaffer ATC Aviation het almal vrag-bedrywighede na en van Hosea Kutako Internasionale Lughawe opgeskort. Daar word berig dat Paragon Aviation nie beskik aan die sertifisering om vrag te hanteer nie en die stap was blykbaar nodig na die uitsetting van die lugvaartdienste-maatskappy […]
Die koste van wan- en ondervoeding beloop N$11 miljard ‘n jaar
Wanvoeding moet in Namibië as nasionale prioriteit aangespreek te word. Die koste daarvan, volgens Ben Schernick van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, is gelykstaande aan 11 miljard Namibiese dollar per jaar. Daar is kommer omdat 24 persent van Namibiese kinders deur wanvoeding geraak word en ‘n geraamde 12 711 kindersterftes in Namibië hou […]