Geingob vetrek vanmiddag om Brics by te woon
President Hage Geingob vertrek vanmiddag drie-uur na Johannesburg om die Brics Afrika-uitreik, sowel as die Brics Plus-dialoog by te woon. Die geleenthede lê klem op voordele vir die vasteland deur middel van Brics en hoe ‘n vennootskap gesmee kan word. Volhoubare ontwikkeling, bevordering van vrede en veiligheid, billike volhoubare ekonomieë en die vordering van handel […]
NTB se satelliet-rekening belangrik om toerisme te ondersteun
Reaksie word ontvang op die ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm wat sê die waardetoevoeging van toerisme kan nie volledig bepaal word nie omdat verskeie sektore verkeerd geklassifiseer is. Die Namibiese Toerismeraad is tans besig om die 6de Toerisme Satelliet-rekening saam te stel om die direkte en indirekte ekonomiese bydrae van die sektor te bepaal. […]
Osino soek beleggers, noteer op NSX
Die Kanadese mynreus Osino Resources sal Dinsdag sy notering op die Namibiese-aandelebeurs aankondig by glansgeleentheid in die hoofstad. Die maatskappy het in Julie die Ondundu-goudeksplorasie gebied van B2 Gold vir net meer as 243 miljoen Namibiese dollar bekom en poog om die land se voorste goudprodusent te word. Beleggers word ook uitgenooi om die geleentheid […]
Volhoubare benutting van Nam-woude in die soeklig
Die Hanns Seidel-stigting Namibië en die Woestyn-navorsingstigting bied op 20 September ‘n konferensie in die hoofstad oor die Bevordering van Volhoubare Bosbestuur-projek in die Zambezi en Kavango-streke aan. Die streke se woude word geplunder weens onwettige hout-oeste en daar is onlangs wyd berig daaroor met moratoriums ingestel is. Bruce Liswani, projek-assistent by die stigting, het […]
Eskom ontvang sy eerste R16 miljard vir skuld
Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, het bevestig Nasionale Tesourie het 16 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die kragvoorsiener betaal as eerste deel van die skuldverligtingspakket. Tesourie het in Februarie 254 miljard rand aan Eskom toegestaan om op sy skuld van 423 miljard rand aan globale finansiële instellings af te betaal. Cassim sê die verligtingspakket […]
Brics-leiers stem nie ooreen oor blok se koers nie
Brics-leiers het Dinsdag vergader om die toekoms van die blok te beplan, maar verdeeldheid het ontstaan voor ‘n kritiese debat oor ‘n potensiële uitbreiding van die groep wat bedoel is om sy globale invloed te versterk. Die verhoogde spanning is veral deur Russiese President Vladimir Putin aangedryf in sy aanlyn toespraak aan die groep met […]
Dis weer tyd vir die jaarlikse Mutt Strutt vir die DBV
Die Dierebeskermings-vereniging se jaarlikse honde-uitstappie, die Mutt Strutt, vind plaas op Saterdagoggend 2 September. Alle honde-stappers sal by die Eagles Restaurant in Avisdam in Windhoek byeenkom. Jy kan met jou eie hond stap of ‘n hond van die DBV vir stappie in die natuur neem. Registrasiefooie beloop 100 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Amushelelo praat met sy ondersteuners wat optog vir sy vrylating hou
Michael Amushelelo het vanoggend per telefoon met ‘n groep jeugdiges vanuit sy sel op Seeis gepraat. Die groep het ‘n klein en vreedsame optog gehou teen die volgehoue aanhouding van Amushelelo. Hy is sedert 21 Maart vanjaar in aanhouding na die mislukte protesoptog teen jeugwerkloosheid en is borg geweier omdat hy twee keer twee vorige […]
G20-lande bestee rekord-bedrae op fossielbrandstowwe
Die Internasionale Instituut vir Volhoubare Ontwikkeling se jongste verslag het onthul die bedrag staatsgeld wat 20 van die wêreld se grootste ekonomieë aan steenkool, olie en gas bestee, het verlede jaar ‘n rekordbedrag van 26,3 triljoen Namibiese dollar beloop. Dit is ten spyte van die G20-leiers se onderneming om geleidelik van ondoeltreffende fossielbrandstofsubsidies ontslae te […]
Mar-a-Lago-werknemer draai teen Trump in dokumente-saak
Een van die Amerikaanse oudpresident Donald Trump se werknemers het sy getuienis verander oor pogings om sekerheidsbeeldmateriaal te wis. Die IT-direkteur by Mar-a-Lago, Yuscil Taveras, het ‘n brief van spesiale raadgewer Jack Smith ontvang dat hy ondersoek word omdat hy moontlik vir ‘n groot jurie gelieg het in die ondersoek na sensitiewe dokumente. Hy beskuldig […]