Agt mense hang vir ure lank onderstebo in tuimeltrein

Agt mense het in Crandon in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin vir agt ure lank onderstebo in ‘n tuimeltrein gehang terwyl hulle gewag het om in ‘n uiters ingewikkelde operasie gered te word. Die tuimeltruin het weens ‘n meganiese probleem vasgesteek naby die boonste deel van die lus. Tien brandweervoertuie en nege ambulanse met meer as […]

Read More

DA vaar uit oor polisie-wreedheid

Die DA gaan ‘n veldtog teen polisie-wreedheid van stapel stuur na aanleiding van die onlangse gewelddadige voorval waarby lede van die BBP-beskermings-eenheid in Johannesburg, betrokke was. Die party se nasionale woordvoerder oor polisiesake, Andrew Whitfield, sê die DA verwelkom die skorsing en aankla van die betrokkenes. Die DA vra ‘n vermindering in die begroting vir […]

Read More

Koste van privaat gesondheidsorg styg met 320%

Die koste van privaat gesondheidsorg in Namibië het met meer as 320 persent gestyg, volgens ‘n studie van die Namibiese Mededingingskommissie. Beskikbare data dui daarop dat privaat gesondheidskoste per capita van 5 000 Namibiese dollar in 2005 tot 21 000 dollar in 2021 gestyg het. Hospitale, medisyne en spesialiste is onder meer verantwoordelik vir hoër […]

Read More

Fikile prys Eskom oor verligting van beurtkrag

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Eskom se pogings geprys om die uitwerking van beurtkrag te verlig. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat waar hy die uitkomste van die party se nasionale werkskomitee-vergadering uiteengesit het. Mbalula wys daarop daar is die afgelope weke ‘n aansienlike afname in die voorkoms van kragonderbrekings. Hy skryf die […]

Read More

Wêreldwye gemiddelde temperatuur bereik rekord-hoogte

Amerikaanse navorsers sê die wêreld se gemiddelde temperatuur het Maandag ‘n rekordhoogte bereik toe dit vir die eerste keer 17,1 grade Celsius was. Die jongste rekord is die hoogste een wat sedert die einde van die 19de eeu deur ‘n instrument gemeet is. Suidelike Amerika beleef tans ‘n intense hittegolf, asook China en Noord-Afrika het […]

Read More

Namibiese top-boksers verdedig hul titels

Twee Namibiese top-boksers John John Paulinus en Charles Shinima sal die groot aantrekkingskragte van die MTC Nestor Sunshine Boxing Promotions Bonanza wees wat vir 12 Augustus in Windhoek beplan word. Paulinus sal sy WBO-titel teen Patrick Malale van die Demokratiese Republiek van die Kongo verdedig, terwyl Shinima ook in die kryt sal klim teen ‘n […]

Read More

KZN-misdaadoperasie plaas 9 400 agter tralies in 30 dae

Die LUR vir Vervoer, Gemeenskapveiligheid en Samewerking in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka, het die inhegtenisneming van meer as 9 400 verdagtes verlede maand, verwelkom. Die inhegtenisnemings het deel uitgemaak van misdaadbestrydingsoperasies in al 11 distrikte. Die woordvoerder van die departement, Thando Biyela, sê die verdagtes is vir misdade, insluitend moord, verkragting, geweld en onwettige dwelmbesit, in […]

Read More

Is daar te veel politieke partye in Namibië?

Die lys van politieke partye groei in Namibië en daar is reeds 22 geregistreerde partye in die land, vir ‘n land met ‘n beraamde bevolking van 2,5 miljoen mense. Nou wil die Affirmative Repositioning-beweging ook registreer as politieke party en sy leier, Job Amupanda het ook reeds sy kandidaatskap vir die presidensie, as onafhanklike kandidaat […]

Read More

Korrektiewe Dienste-dag op Omaruru herdenk

Die Namibiese Korrektiewe Diens sal op 20 Julie Korrektiewe Dienste-dag by die Lucius Sumbwanyambe Mahoto Korrektiewe Diens-opleidingskollege op Omaruru gedenk. Vyf hoofde van korrektiewe en gevangenisdienste van Botswana, Eswatini, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe sal ook die geleentheid bywoon. Volgens Raphael Hamunyela, die diens se kommissaris-generaal, sal visepresident Nangolo Mbumba die eregas by die geleentheid wees. […]

Read More

Die wêreld kyk weg terwyl Israel straffeloos moor

Die hoof van die Palestynse sending in die Verenigde Koninkryk, ambassadeur Husam Zomlot het met Britse media gepraat oor Israel se inval in Jenin wat beskryf word as die grootste sedert 2002. Alle troepe is na twee dae onttrek. Drie tieners is onder die dodetal en die VSA sê Israel het die reg om homself […]

Read More