VF Plus maan teen spanning tussen Brics-blok en Weste

Die Vryheidsfront Plus sê hy is diep bekommerd oor die regering se Brics-lidmaatskap en stille diplomasie oor wêreld-kwessies, soos die Russies-Oekraïnse konflik en magsmisbruik in buurstate. Die party voer aan dit doen afbreuk aan nasionale belange en plaas Suid-Afrika midde-in ‘n vyandige magsgroepering wat China teen die Weste lei. Jaco Mulder van die VF Plus […]

Read More

Esau ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca toegeken het

Bernhardt Esau, die voormalige minister van visserye hulpbronne en Fishrot-beskuldige, het ontken dat hy visvangkwotas aan Namgomar Pesca Limitada, ‘n Angolese maatskappy toegeken het. Esau het vandag in sy getuienis by sy formele borgtogaansoek in die Windhoekse hoërhof aan regter David Munsu gesê hy was nie in beheer van die toekenning van visvangkwotas nie. Hy […]

Read More

NEFF-betoging oor Amushelelo vreedsaam

Lede van die Namibia Economic Freedom Fighters het vandag ‘n petisie aan die kantoor van die regbank oorhandig waarin hulle eis dat hul partylid en aktivis Michael Amushelelo uit aanhouding vrygelaat word. Amushelelo is in Maart tydens ‘n vreedsame optog deur werklose jeugdiges op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem. Die oorhandiging aan die regbank se uitvoerende […]

Read More

Withuis verwerp Brics-wedywering met VSA

Die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, het bewerings verwerp dat Brics en sy moontlike uitbreiding ‘n geo-politieke wedywering met die Verenigde State tot gevolg sal hê. Sullivan het tydens ‘n webinaar oor Washington se buitelandse beleid gesê die Verenigde State sal voortgaan om te werk aan die betrekkinge met die demokrasieë én outokrasieë wat […]

Read More

Minstens 26 sterf toe spoorwegbrug in Indië ineenstort

Minstens 26 mense is dood en twee is beseer toe ‘n spoorwegbrug in aanbou naby Sairang in noordoos-Indië ingetuimel het. Die Northeast Frontier Railway sê die ongeluk het plaasgevind tydens werk aan die Bhairbi-Sairang-spoorwegprojek. Die projek was daarop gemik om vervoer te verbeter en toerisme en maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Dit het ten doel om […]

Read More

Telecom-werknemers hou vreedsame betoging

Werknemers van Telecom Namibia het vandag ‘n vreedsame betoging gehou waarin hulle salarisverhogings eis en beweer dat daar korrupsie binne die maatskappy is. Sophia Egelser het namens die werknemers aangedui die betoging sal vir die volgende twee dae voortduur. Sy sê die betoging sal eers eindig sodra die raadsvoorsitter, Melkizedek Uupindi of ondervoorsitter, Amanda Hauuanga […]

Read More

Omgewingsministerie steun opkomende boere met wildteel-leningskema

Die omgewingsministerie nooi opkomende boere van privaat en  hervestigingsplase uit om aansoek te doen vir die wildteel-leningskema. Dit behels voorheen benadeelde gemeenskappe wat daarin belangstel om eerder wildlewe vir hul grondbestuur te gebruik, maar nie oor die nodige fondse beskik om wildkuddes op te bou nie. Die ministerie bied die leningskema vir boere aan om […]

Read More

Geen stembriewe by sommige stempunte in Harare

Kommer is deur verkiesingswaarnemers in Zimbabwe uitgespreek oor verkiesingsmateriaal wat laat opgedaag het vir vandag se verkiesing in Zimbabwe. Ondanks vertragings, stadige internet en geen stembriewe by sommige stemlokale, word berig dat die verkiesing vreedsaam verloop. Die politieke aktivis in die buurland, Setfree Mafukidze, het met Kosmos 94.1 gepraat en sê dat daar blykbaar massiewe […]

Read More

Harleys gaan brul vir ‘n goeie doel

Die Harley-eienaarsgroep van Namibië sal vanaf 29 Augustus tot 2 September verskeie liefdadigheidsritte onderneem wanneer die jaarlikse motorfiets-skou plaasvind. Die eerste byeenkoms is die Southern Cross-uithourit, wat oor 2 000 kilometer sal strek. Die doel van hierdie geleentheid, afgesien van avontuur, is om met ‘n fonds vorendag te kom waaruit hulle hoop om skenkings en […]

Read More

Vonnis van moordenaars van fluitjieblaser verwelkom

Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland verwelkom die vonnisoplegging van ses mans wat betrokke was by die moord op die waarnemende finansiële hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, Babita Deokaran. Die hooggeregshof in Johannesburg het die mans tot tussen ses en 22 jaar tronkstraf gevonnis ná ‘n pleitooreenkoms met die Nasionale Vervolgingsgesag. Deokaran het finansiële onreëlmatighede […]

Read More