Cosatu betoog dan teen homself – ActionSA

ActionSA sê Cosatu se beplande betoging vandag oor die stand van die ekonomie, swak regering en werkers se dalende lewenstandaard is inderwaarheid ‘n optog teen homself as lid van die drieparty-alliansie. Die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad het ‘n Artikel 77-staaksertifikaat uitgereik wat alle werkers beskerm wat by die staking aansluit. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, vra hoe Cosatu […]

Read More

Just Stop Oil oortuig niemand teen olie nie

Die Britse skaduminister minister van verdediging, Luke Pollard, sê hy dink nie daar is een nuwe persoon wat sedert Just Stop Oil se protesaksies teen die gebruik van olie gedraai het nie. Die groep verloor ondersteuning as gevolg van sy ontwrigting van geleenthede, soos die reeks om die As en Wimbledon. Pollard het met Britse media gepraat. 

Read More

Rooi weerwaarskuwing vir Hollanders

Die weerkantoor in Nederland het ʼn kode rooi-waarskuwing uitgereik aan inwoners van die provinsie Noord-Holland na die storm Poly, wat reeds twee lewens geëis het. Die Schiphol internasionale lughawe in die hoofstad, Amsterdam, het meer as 400 vlugte gekanselleer en treinoperateurs het alle dienste in die provinsie opgeskort. Daar word berig miljoene mense dwarsoor die land is gewaarsku om […]

Read More

Suid-Afrikaners moet, van môre af, aanlyn belasting indien

Belastingbetalers in Suid-Afrika word, nes hier, aangeraai om gebruik te maak van die Inkomstediens se aanlyn stelsel. Terwyl Namibiërs reeds teen 30 Junie hul opgawes ingedien het, begin die buurland se belastingseisoen môreaand agt-uur. Hierdie tydperk sal voorsiening maak vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers sowel as trusts om hul inkomstebelasting-opgawes in te dien. ‘n Belastingkenner, André Bothma, sê die diens se stelsel het […]

Read More

Regter gee uitstel vir Tamson Hatuikulipi se skikking oor bou-skuld

Regter Collins Parker het die saak tussen die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi en sy vrou Ndapandula om ‘n skikking met L.I.T. Construction te bereik, tot 26 Julie vir ‘n statusverhoor uitgestel om die skikkingsooreenkoms te finaliseer. Die partye sukkel reeds ‘n geruime tyd om die ooreenkoms te finaliseer. Die saak handel oor boumateriaal. Die egpaar het op 5 November 2019, drie weke voor Tamson gearresteer is in verband met Fishrot, […]

Read More

DA eis onafhanklike teenkorrupsie-liggaam

Die DA plaas druk op die regering vir ‘n onafhanklike teenkorrupsie-liggaam om staatskaping te verhoed. Die party eis aanspreeklikheid van die Nasionale Teenkorrupsie Raadplegende Raad en wil hê hy moet aan die Parlement verslag doen en nie net aan die uitvoerende gesag nie. Die DA kritiseer die ANC vir gebrek aan optrede teen ampsdraers wat van korrupsie beskuldig is. Die […]

Read More

Malaria-entstof oor twee jaar uitgerol in Afrika-lande

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 12 lande in Afrika gaan oor die volgende twee jaar 18 miljoen dosisse van die wêreld se eerste malaria-entstof ontvang. Malaria is steeds een van Afrika se dodelikste siektes wat in 2021 die lewens van byna ‘n halfmiljoen kinders jonger as vyf geëis het. Dit getal verteenwoordig 95 persent van die gevalle […]

Read More

Maandag was wêreld se warmste dag ooit

Maandag, 3 Julie, was die warmste dag op aarde ooit. Die gemiddelde temperatuur is op 17,01 grade Celsius, hoër as die Augustus 2016-rekord van 16,92. Die Britse klimaatwetenskaplike, professor Kevin Anderson sê die wêreld weet reeds meer as 30 jaar oor klimaatsverandering en tog, op die huidige trajek, sal die planeet tussen 3 en 4 grade Celsius warmer word […]

Read More

Telecom sukkel steeds met wanbetaling, sperdatum is Sondag

Telecom Namibia stel sy kliënte in kennis dat alle onbetaalde rekeninge op Sondag 9 Julie opgeskort sal word. Betalings moet teen môre ontvang word om opskorting te voorkom. Kliënte moet verseker dat hul elektroniese betalings korrek voltooi word. Die waarnemende hoof van korporatiewe kommunikasie van Telecom Ndapewa Neshila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ‘n beroep op kliënte gedoen om […]

Read More

Druk op huishoudings krimp Namibië se BBP

Namibië is nie gespaar van die vinnig stygende inflasie en rentekoerse wat die afgelope jaar en ‘n half oor die hele wêreld ervaar is nie. Dit het kommer oor huishoudelike verbruikers-dinamika laat ontstaan, gegewe die druk op besteebare inkomste. Alhoewel daar ‘n toename in salarisse was, het die verswakking van huishoudelike verbruiksbesteding ‘n impak op […]

Read More