Nuwe Stad Windhoek-tariewe, vandag bekend, reeds vanaf 1 Julie van krag

Stad Windhoek het reeds sy tariewe verhoog, al het die woordvoerder, Lydia Amutenya, die week aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die begroting is nog nie goedgekeur nie. Die tariewe, is reeds terugwerkend vanaf 1 Julie van krag en inwoners is vandag eers ingelig. Die verhoging in elektrisiteit is ook nog nie bekend nie omdat die […]

Read More

Verversingstender by landbou lig wenkbroue

‘n Tender vir verversings deur die landbouministerie laat die wenkbroue lig. Die tender, geldig vir 36 maande, is vandag in plaaslike media geadverteer en sluit op 11 Julie. Die verskeidenheid peuselhappies en kosborde verras. Die ministerie soek pryse op vleisborde, vrugteborde en vegetariese borde, sowel as middagete-pakkies wat vleis, stysel en twee slaaie insluit. Daar […]

Read More

Armoede- en werkloosheidsyfers is belangrik vir Namibiese ontwikkelingplanne

Die bekende Namibiese navorser Christie Keulder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor aanmerkings deur Obeth Kandjoze, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, wat sê data ontbreek op Namibiese toestande. Volgens Kandjoze moet datagapings aangespreek word en daarom is die Nasionale Strategie vir die Ontwikkeling van Statistiek, bekend gestel. Keulder sê die belangrikste nasionale data […]

Read More

Burgemeester betreur Boksburg-sterfgevalle

Ekurhuleni se burgemeester, Sivuyile Ngodwana, sê hy is verpletter oor die dood van 16 mense ná ‘n gaslek by die Angelo-plakkerskamp in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Nitraatoksied het uit ‘n gassilinder gelek wat zama-zamas gebruik in hulle mynbedrywighede wat uit ‘n plakkershut in die nedersetting bedryf word. Onder die mense wat in die onmiddellike […]

Read More

Prigozhin is nie in Belarus nie – Lukashenko

Belarus se President Alexander Lukashenko, wat verlede maand ‘n ooreenkoms aangegaan het om ‘n gewapende muitery in Rusland te beëindig, sê Wagner se baas Yevgeny Prigozhin is nie meer in Belarus nie. Sy aanmerkings kom te midde van nuus dat Russiese sekerheidsmagte ‘n klopjag op Prigozhin se herehuis in St. Petersburg uitgevoer het. Op 27 […]

Read More

Die As: Talle Britse spelers sit die toets uit

Engeland se rekord-paaltjienemer, James Anderson, en sy mede-snelbouler, Josh Tongue, kry ruskans tydens die derde toets om die As teen Australië wat vandag op Headingley in Leeds begin het. Onder-kaptein Ollie Pope gaan die res van die reeks misloop weens ‘n ontwrigte skouer, terwyl die veteraan-draaibouler Moeen Ali terugkeer saam met Mark Wood en Chris […]

Read More

Ramaphosa bring hulde aan Pahad

President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die voormalige minister in die Presidensie Essop Pahad en sê sy bydrae tot die vryheidstryd is oor dekades heen deur veiligheidsoptredes, verbanning en ballingskap gevorm. Die 84-jarige Pahad was ‘n minister onder oudpresident Thabo Mbeki en is in sy slaap oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Pahad […]

Read More

Waldschmidt dagvaar vir onbetaalde eiers

Waldschmidt Eggs dagvaar Flamingo Inflight Catering vir net minder as 16 000 Namibiese dollar in hoendereiers wat aan die maatskappy tussen 26 Januarie en 14 Junie 2021 gelewer is. In sy stukke sê hy, hy het ‘n ooreenkoms met Flamingo aangegaan in Januarie van daardie jaar. Flamingo het Air Namibia met maaltye en aanboorddienste vir sy vlugte voorsien en die redery, wat reeds finansieel op sy knieë was, is […]

Read More

Vandalisme teen elektriese infrastruktuur onder die loep

Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om die stad te help om infrastruktuur te beskerm deur voorvalle van skade aan elektriese infrastruktuur en onwettige verbindings aan te meld. Hy sê deur hierdie voorvalle by die stad en die polisie aan te meld, kan langdurige kragonderbrekings voorkom en vermy word. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van […]

Read More

Russiese landmyne hou Oekraïnse magte terug

Sir David Mayall, ‘n Britse kenner in militêre operasies en afgetrede weermaghoof, sê hy verwag binnekort vordering in die teenoffensief deur Oekraïnse magte. Die offensief het vroeg in Junie begin en vordering is tot op hede skraps maar, Mayall sê landmyne hou op die oomblik magte terug. 

Read More