Tevredenheid oor ses nuwe Brics-lande
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Moeletsi Mbeki, keur die ses lande goed wat vir die uitbreiding van Brics gekies is. President Cyril Ramaphosa het vandag aangekondig Argentinië, Ethiopië, Egipte, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate sal hulle vanaf 1 Januarie volgende jaar by die Brics-groepering aansluit. Hy sê dit is die eerste fase van die […]
Swakopmund is gasheer van Namibiese Erfenisweek
Namibiese Erfenisweek 2023, wat van 18 tot 24 September sal plaasvind, is vandag amptelik by die Woermannhuis-kunsgalery op Swakopmund bekendgestel. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het besluit dat ‘n plaaslike inheemse taal elke jaar gebruik sal word as deel van hul verbintenis om trots in Namibië se kulturele diversiteit te bevorder. Vanjaar word […]
Agri SA: Samewerking tussen Brics- en SAOG-lande nodig
Die twee daagse Agri SA-kongres in die Noord-Kaap het tot vandag in Kimberley plaasgevind en die uitvoere van landbouprodukte gepaardgaande met werkskepping, was onder bespreking. Agri SA se hoof uitvoerende beampte, Christo van Rheede, het tydens ‘n onderhoud na die kongres gesê dit is belangrik vir Agri SA om saam met Brics-lande, sowel as buurlande […]
Konstruksiebedryf na Iranse sakevergadering uitgenooi
Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en die ambassade van die Islamitiese Republiek van Iran in Namibië hou môreoggend om elf-uur ‘n sakevergadering by die Iranse ambassade. Plaaslike maatskappye en sakelui word na hierdie vergadering uitgegenooi. Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië is een van die uitgenooide gaste en sy hoof uitvoerende beampte, Bärbel Kirchner, het […]
Gratis vervoer vir Heldedag-vieringe verskaf
Die inligtingsministerie het aangekondig gratis openbare vervoer word na en van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied vir die Heldedag-herdenking wat Saterdag sal plaasvind. Die hekke open om halftien die oggend en busse sal vanaf agt-uur lede van die publiek by die geïdentifiseerde punte optel. Lede van die publiek word aangeraai om betyds by optelpunte te […]
EFF maak amok by Kaapstad-raadsitting
Spanning het vandag hoog geloop op ‘n raadsitting van die Stad Kaapstad toe lede van die EFF die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se openingstoespraak onderbreek het. Die EFF-lede het baniere met sterk-bewoorde boodskappe omhoog gehou en geëis dat die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, verwyder word. Lede van verskeie politieke partye het hulle by […]
Zelensky wys vingers ná Wagner-vliegtuig neerstort
Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê sy land was nie betrokke by neerstorting van ‘n vliegtuig Woensdagaand naby Moskou nie. Die leier van die Wagner-roep, Yevgeny Prigozhin, en nog ‘n senior leier van die groep, Dmitri Utkin, is vermoedelik tydens die voorval dood. Zelensky het aan joernaliste in Kiëf gesê hy dink almal is […]
Ongwediva-handelskou gereed vir besoekers en uitstallers
Die Noorde is in rep en roer oor die Ongwediva-handelskou wat môre afskop en tot 2 September duur. Die Ongwediva-dorpsraad sê hy is gereed om besoekers en uitstallers van heinde en verre te ontvang. Die meerderheid van die gasvryheidsinstansies is vol bespreek, maar daar is ‘n paar gastehuise wat nog plek beskikbaar het. Die woordvoerder […]
Landwye massa-optog môre teen banke
Die National Ownership Association gaan môre ‘n landwye massa-protesoptog hou teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die groep sê hy beoog om te betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met August Maletzky, die voorsitter van die vereniging gepraat, wat die doelwitte en belangrikheid van […]
NAC: Paragon wag op akkreditasie vir direkte vraguitvoere na EU
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het vandag aankondig dat terwyl die nuwe gronddiensverskaffer Paragon op hul akkreditasie vir direkte vraguitvoere na die Europese Unie wag, lugrederye vragvervoer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hervat het. In- en uitvoere deur die lughawe is aktief en direkte uitvoere na die Europese Unie kan plaasvind sodra die sertifisering bereik is. […]