Zim-polisie arresteer verkiesingswaarnemers
Die polisie in Zimbabwe het bevestig dat 41 verkiesingswaarnemers in hegtenis geneem is, omdat hulle na bewering probeer het om die verkiesingsprosesse te ontwrig. Die waarnemers wat aan burgerlike groepe verbonde is, het volgens berigte hul eie stemtelproses uitgevoer sodat die uitslae met die amptelike verkiesingsuitslae vergelyk kan word, na bewerings van ongerymdhede met vorige […]
Trump op borgtog van N$3,76 miljoen vrygelaat
Die Amerikaanse oudpresident Donald Trump het homself Donderdag formeel by die Fulton-distriksgevangenis in Georgia oorgegee op aanklagte wat voortspruit uit sy pogings om die 2020-verkiesingsuitslae in die staat om te keer. Hy is gearresteer met sy gesigfoto wat later deur die owerhede vrygestel is. Trump ontken al 13 aanklagte, insluitend rampokkery, en is op borgtog […]
Daar is hulp vir weggooibabas
Ronel Peters, mede-stigter van die Ruach Elohim-stigting, sê berigte van moeders wat hul pasgebore babas weggooi of vermoor, is baie hartseer. Daar is die afgelope maande ‘n toename in baba-stortings of moeders wat die lewens van hul pasgebore babas beëindig. Peters doen ‘n beroep op moedelose en desperate moeders om na hul stigting uit te […]
Geingob en Chinese President versterk bande by Brics
President Hage Geingob het leiers van ontwikkelende lande by die Brics-beraad in Johannesburg verdeeldheid gemaan en eerder ‘n internasionale orde te bevorder wat meer regverdig, gelyk en gunstig is vir vrede en ontwikkeling vir almal. Hy het ook ‘n vergadering met China se President Xi Jinping gehad. Xi het daarop gewys dat China nie soos […]
ACC-ondersoekbeampte getuig in Esau se borgtog-aansoek
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se hoof-ondersoekbeampte in die Fishrot-saak, Andreas Kanyangela, het in die Windhoekse hoërhof getuig dat die Fishrot-beskuldigdes ’n maatskappy gestig het onder die naam Namgomar Pesca SA, wat viskwotas ontvang het. Kanyangela was in die getuiebank tydens die bortog-aansoek van die voormalige minister van visserye en Fishrot-beskuldigde, Bernhardt Esau en Nigel van […]
DA bekommerd oor toelating van Iran, Saoedi-Arabië tot Brics
Die DA sê hy is besorg oor Iran en Saoedi-Arabië se toelating tot Brics. Die Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – het Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate genooi om in Januarie volgende jaar volwaardige lede van die blok te word. Louise Powell van die DA sê die […]
Putin sê Wagner-hoof was ‘n man met ‘n moeilike lot
Die Russiese President Vladimir Putin het sy eerste openbare kommentaar gelewer sedert die vliegtuig neergestort het waarin tien mense, insluitend die Wagner-huursoldaatgroep se hoof, Yevgeny Prigozhin, gesterf het. Al tien mense aan boord die privaat vliegtuig is dood toe dit naby Moskou neergestort het. Volgens onbevestigde berigte is dit deur ‘n Russiese lugafweer-missiel afgeskiet. Putin […]
Cosatu ondersteun protes teen kragtariewe in Kaapstad
Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap sê hy beloof sy steun aan inwoners van Kaapstad se verset-optrede Saterdag teen die hoë kragtariewe. Daar word beweer die metro het die energie-reguleerder, Nersa, se aanbevole plafon van ‘n tariefverhoging van 15,1 persent vir munisipaliteite oorskry en ‘n verhoging van 17,6 persent ingestel. Inwoners voer aan dit het […]
Rundu pleit vir afskryf van NamWater-skuld van N$211 miljoen
Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling besoek al 14 streke om te sien hoe die probleem van water- en elektrisiteitskuld wat plaaslike owerhede aan NamWater en NamPower verskuldig is, opgelos kan word. In die Kavango-Oos-streek het die Rundu Concerned Citizens Association by die komitee gepleit om die dorp se waterskuld van 211 […]
Enoch: SA moet munt slaan uit Brics
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika sal moet munt slaan uit die sukses van die 15de Brics-beraad om die land se ekonomie te laat groei. Die beraad het in Johannesburg, geëindig. President Cyril Ramaphosa het beklemtoon die Brics-vennootskap is ‘n katalisator vir globale groei en ontwikkeling wat reageer op die behoeftes van […]