Namcor-hoof se skorsing verleng

Namcor het bevestig dat die skorsing van sy besturende direkteur, Immanuel Mulunga verleng is en tot 30 September van krag sal bly. Die Namcor-raad het verdere besonderhede en bevindings van die onafhanklike ondersoek oor die aangeleentheid ontvang. In die lig van hierdie bevindinge sal die raad die mees geskikte optrede beraadslaag en bepaal. Mulunga is […]

Read More

SA gaan avokado’s na China uitvoer

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die ooreenkoms verwelkom wat Suid-Afrika en China oor die uitvoer van avokado’s onderteken het. Die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging beraam die uitvoer van avokado’s kan vanjaar 80 000 ton bereik, ‘n toename van 23 persent teenoor verlede jaar. Die voorsitter van die komitee,  Nkosi Mandela, […]

Read More

Trump hou vol hy het niks verkeerd gedoen

Oudpresident Donald Trump van Amerika sê wat met hom gebeur is ‘n bespotting van die reg omdat hy ten volle daarop geregtig is om ‘n verkiesing uit te daag. Hy het hom Donderdag by die Fulton-gevangenis aangemeld op aanklagte van rampokkery en sameswering na sy pogings om die uitslag van die 2020-verkiesing in die staat […]

Read More

Kaartjieverkope vir Lauren Hill-toer skop af

Kaartjies vir Lauryn Hill se toer ter viering van die 25ste herdenking van haar bekroonde solo-album The Miseducation of Lauryn Hill word van vandag af verkoop. Die sanger en kletsrymer sal haar hele Grammy-wenner-album op 17 datums in Amerika en Kanada, asook Australië en Nieu-Seeland uitvoer. Die toer skop op 8 September in Minneapolis af. […]

Read More

Outa: Klagtes ontvang oor ou verkeersboetes

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy het klagtes ontvang oor afdwingingsbevele wat uitgereik is vir ou verkeersboetes, en dit voorkom lisensie-hernuwings. Die organisasie onthul die Padverkeersoortredingsagentskap skakel boetes van 2019 om na afdwingingsbevele, wat hernuwings in die wiele ry. Outa voer aan hierdie proses oortree die tydsbeperking wat die Wet op die Administratiewe Beregting van […]

Read More

Waarskuwing oor protesoptog teen banke

Die National Ownership Association hou vandag ‘n landwye massa-protesoptog hou teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die voorsitter van die groep, August Maletzky, sê hulle beoog om te betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. ‘n Bankamptenaar het ‘n boodskap op sosiale media uitgestuur om die publiek oor die […]

Read More

DA eis bekendmaking van Phala Phala-verslag

Die DA het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, aansoek gedoen dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy ondersoekverslag bekendmaak oor President Cyril Ramaphosa se beweerde oortreding van valutabeheer-regulasies. Dit volg op die bank se aankondiging dat hy sy Phala-Phala-ondersoek afgehandel het, maar wetgewende beperkings voorgehou het as rede om die verslag geheim […]

Read More

Maui sleep Hawaiian Electric hof toe vir nalatigheid

Die Maui-distrik in Hawaii het ‘n regsgeding oor nalatigheid teen die energiemaatskappy, Hawaiian Electric, aanhangig gemaak, ná die dodelike veldbrande in Lahaina. Altesaam 115 mense is dood en meer as ‘n 1 000 word steeds vermis. Volgens die regsklag was die maatskappy nalatig deur nie die kraglyne af te skakel nie ten spyte van sterk […]

Read More

Rugby: Springbokke oefen veilige duikslag-tegniek

Rugby: Die Springbok-kaptein Siya Kolisi sê die Bok-groep bestee tans die meeste van hul oefentyd aan die veilige duikslag-tegniek soos wat Wêreld Rugby in sy Tackle Ready-program voorstel. Dit volg op die opspraakwekkende gevaarlike duikslae onlangs deur onder meer Engelse spelers. Die Springbokke is reeds in Engeland vir hul oefenwedstryd vanaand teen die All-Blacks op […]

Read More

Taverne-verhoor tot Oktober uitgestel

Die Enyobeni-taverne-verhoor sal teen einde Oktober in die streekshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap hervat nadat die staat Donderdag sy saak gesluit het. Die twee eienaars, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu, word aangekla van die verkoop of verskaffing van drank aan persone onder die ouderdom van 18 jaar. Dit het gevolg nadat 21 tieners in Junie verlede […]

Read More