Tennis: Alcaraz verdedig sy Amerikaanse Ope-titel

Tennis: Die wêreld-nommer een Carlos Alcaraz van Spanje begin die verdediging van sy Amerikaanse Ope-titel teen die Duitser Dominik Koepfer. In die vroue-afdeling sal die wêreld-nommer een Iga Swiatek van Pole met Rebecca Peterson van Swede kragte meet. Alcaraz, probeer sy derde Grand Slam-titel  verower en kan in die kwarteindronde dalk teen die Italianer Jannik […]

Read More

Gesogte wildsveiling môre op Outjo Wildsfees

Dit Outjo Wildsfees by Sophienhof Lodge is in rep en roer en een groot vrolikheid. Die groot hoogtepunt is die gesogte wildveiling wat môre plaasvind. Die veiling sal ter plaatse en aanlyn om elf-uur die oggend aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het met afslaer Henno Badenhorst van Agra Veilings gesels…    

Read More

Chinese maatskappye skep glo werk vir 10 000 Namibiërs

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het gesê daar is tans 56 Chinese maatskappye wat in Namibië werksaam is en ‘n totaal van sowat 1 700 Chinese burgers. Die meerderheid van hierdie Chinese burgers is eienaars van klein besighede van verskillende soorte, wat volgens die ambassadeur meer as 10 000 werksgeleenthede vir die Namibiërs […]

Read More

Aankondiging oor brandstofpryse volgende week

Namibiese motoriste wag in spanning vir die aankondiging van brandstofpryse vir September deur die ministerie van myne en energie. In Julie het die ministerie aangekondig dat ten spyte van die onderverhalings, beide pryse vir petrol en diesel vir Augustus onveranderd bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se senior skakelbeampte, Andreas Simon, gepraat oor […]

Read More

Uitslae van Zim-verkiesing kom traag in

Die eerste kiesafdeling-uitslae het vandag in Zimbabwe se verkiesing verskyn nadat vertragings ‘n tweede dag van stemming afgedwing het en burgerlike samelewings-aktiviste in hegtenis geneem is. Zimbabwiërs het Woensdag in die presidensiële en algemene verkiesing gestem, met baie wat hoop uitgespreek het vir verandering ná jare van ekonomiese swaarkry. Maar ontleders het gewaarsku dat dit […]

Read More

Saluut van 21 skote tradisioneel op Heldedag afgevuur

Die ministerie van verdediging het inwoners van Windhoek gemaan om nie paniekerig te raak oor die artillerie-geweerskote wat môre tydens die herdenking van Heldedag afgevuur sal word nie. Die ministerie sê  21 skote sal gehoor word, wat die 21-geweer-saluut simboliseer. Die saluut met 21 gewere is ‘n seremoniële militêre eerbewys en dit is ‘n jaarlikse […]

Read More

DA bevraagteken reuse-kontrak met Vodacom

Die DA in Mpumalanga het die staande komitee oor openbare rekeninge versoek om ondersoek in te stel na die multimiljoen Suid-Afrikaanse rand se kontrak tussen die provinsiale departement van gesondheid en Vodacom. ‘n Lid van die party, Jane Sithole, sê in die 2021/2022 boekjaar het die departement na bewering 33,4 miljoen rand bestee om, wat […]

Read More

Ombudsman gee sy mening oor BIG

Die Basiese Inkomste Toelae-koalisie van Namibië, bekend as BIG, het jare lank die BIG-toelae bepleit om die werkloosheids-, armoede- en ongelykheids-krisisse, aan te pak. Die voorstel vir ‘n basiese inkomste-toelaag in die land is in 2002 deur die Namibian Tax Consortium, Namtax, ‘n regering-aangestelde kommissie, gemaak. Die konsortium het die voorstel gemaak vir ‘n basiese […]

Read More

Swapo se Vroueraad stel eie grondwet bekend

Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het die Swapo Party se Vroueraad-grondwet, wat verlede jaar deur die party se Sewende Gewone Kongres aanvaar is, op Omuthiya bekendgestel. Shaningwa het sê die party bly verbind tot die saak van vroue-bemagtiging. Swapo het 50/50-geslagsverteenwoordiging in alle strukture aangeneem soos vervat in die party-grondwet en beleidsdokumente aangesien dit mans […]

Read More

Wes-Kaap ly verlies van R5 miljard met taxistaking

Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê die onlangse agt dae lange taxi-staking in die Wes-Kaap het gelei tot ‘n ekonomiese verlies vir die provinsie van nagenoeg vyf miljard Suid-Afrikaanse rand. Mackenzie en die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, het voor die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer in Kaapstad verskyn om hulle in te lig […]

Read More