Enoch verwerp bespiegelinge oor Brics-geldeenheid

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het bespiegelings verwerp oor die vestiging van ‘n Brics-geldeenheid om afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder. Dit volg op die Brics-beraad, waar Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China strategieë bespreek het om Westerse oorheersing in wêreld-ekonomieë te verminder. Brics wil afhanklikheid van die dollar in handel tussen […]

Read More

Zanu-PF veroordeel verkiesingswaarnemers van SAOG

Die regerende party in Zimbabwe, Zanu-PF, het die hoof van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verkiesingswaarnemers, Nevers Mumba, veroordeel nadat hy die geloofwaardigheid van die land se verkiesing bevraagteken het. Die SAOG-sending het Vrydag ‘n striemende verslag uitgereik oor dié week se verkiesing in die buurland. Mumba sê die Zimbabwiese verkiesingskommissie het nie sy grondwetlike […]

Read More

Rugby: Springbokke vier rekord-sege oor All Blacks

Rugby: Die heersende kampioen, Suid-Afrika, het hul Wêreldbeker-voorbereiding voltooi met ‘n rekord-oorwinning van 35-7oor 14-man Nieu-Seeland, nadat die All Blacks gisteraand hul grootste nederlaag van alle tye op Twickenham gely het. Die Springbokke het vyf drieë gedruk, deur kaptein Siya Kolisi, vleuel Kurt-Lee Arendse, haker Malcolm Marx en plaasvervangers Bongi Mbonambi en Kwagga Smith – […]

Read More

Toename in tinkonsentraat-produksie, daling in pryse

Andrada Mining het ‘n merkwaardige toename van 34 persent in tinkonsentraat-produksie gedurende die jaar geëindig Februarie 2023 aangeteken, wat toegeskryf word aan die suksesvolle uitbreiding van die Uis-myn. Die uitbreiding van die myn het produksiekapasiteit met 70 persent versterk, wat gelei het tot ‘n aansienlike opswaai in tinkonsentraat-produksie, wat altesaam 960 ton vir die finansiële […]

Read More

OATF: Finansiering vir netwerkverbinding beskikbaar

Die ministerie van myne en energie het landelike elektrifisering geïdentifiseer as ‘n program van kritieke belang, om die bestaan van landelike gemeenskappe te verbeter. Die Solar Revolving Fund werk saam met streeks-elektrisiteitsverspreiders om finansiering te verskaf aan gekwalifiseerde individue en besighede vir netwerkverbindings. Die ministerie gaan saam met NORED die ooreenkoms amptelik Dinsdag by Ongwediva-handelskousentrum […]

Read More

DA: Kuberkrakery by verdediging

Die DA vra die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, om dringend te reageer op berigte van ‘n losprysware-aanval rakende militêre data. Die kuberkraker-groep Snatch het volgens berigte by die departement se stelsels ingebreek en 1,6 teragrepe data onttrek, waaronder militêre kontrakte. Die party eis antwoorde oor die tydsverloor, data wat in gedrang […]

Read More

Rugby: Tonga se senter ook in sop oor duikslag

Rugby: Die voormalige All Black-senter, George Moala, sal nie vir Tonga kan uitdraf in die Wêreldbeker-groepwedstryd teen die Springbokke nie, nadat sy appèl teen ‘n skorsing van vyf wedstryde van die hand gewys is. Hy is geskors oor ‘n gevaarlike duikslag in ‘n wedstryd teen Kanada vroeër die maand. Moala, wat van 2015 tot 2016 […]

Read More

NamWater: Skuld kan nie net afgeskryf word

NamWater het sy reaksie gegee op die Rundu Concerned Citizens Association wat gepleit het om die dorp se waterskuld van 211 miljoen Namibiese dollar aan NamWater te laat afskryf. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling Reginald Ndara, wat ook as raadslid by die Rundu-dorpsraad dien, het die pleidooi tydens […]

Read More

EU: Zim-verkiesing voldoen nie aan standaarde

Die Europese Unie het by die Afrika-Unie en die SAOG se verkiesingswaarnemingsending aangesluit. Hulle sê dat die Zimbabwe-verkiesingskommissie beter kon gevaar het in die land se algemene verkiesings. Die hoof van die Europese Unie-sending, Fabio Castaldo, het by die lewering van hul voorlopige verslag gesê dat die gebrek aan ‘n gelyke speelveld nie ‘n bevorderlike […]

Read More

Rusland sê Biden moet sy woorde tel

Rusland het die Amerikaanse President Joe Biden geroskam oor sy uitlating oor die hoof van die Wagner-groep, Jevgeny Prigozhin, wat vemoedelik Woensdag dood is nadat sy vliegtuig in die noorde van Moskou neergestort het. Biden sou glo gesê het dat hy nie verbaas was om van Prigozhin se dood te hoor nie. Biden het ook […]

Read More