Motorsport: Formule 1 hervat met Nederlandse Grand Prix
Motorsport: Die Formule Een-seisoen het met die Nederlandse Grand Prix hervat ná die middelseisoen-onderbreking nadat 12 van die 22 wedrenne afgehandel is. Red Bull se Nederlandse jaer, Max Verstappen, is ver voor op die punteleer, met 314 punte ná tien oorwinnings en 12 podium-verskynings. Sy Mexikaanse spanmaat, Sergio Pérez, is 125 punte agter hom. Mercedes […]
Tweejarige sterf ná sy pa glo sy kop teen betonpaal slaan
‘n Man op Otavi is in hegtenis geneem nadat hy sy tweejarige seuntjie wreed aangerand het wat daarna aan sy kopbeserings beswyk het. Na bewering het die pa sy seun sonder enige argument gewelddadig uit die 24-jarige ma se arms gegryp en die huis met die kind verlaat. Volgens die getuie het pa die kind […]
Godongwana sê SA gaan nie Amerikaanse dollar vervang
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het bespiegelings verwerp oor die vestiging van ‘n Brics-geldeenheid om afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder. Dit volg op die Brics-beraad, waar strategieë bespreek is om Westerse oorheersing in wêreld-ekonomieë te verminder. Brics wil afhanklikheid van die dollar in handel tussen lede verminder en internasionale betalingstelsels hervorm. […]
Saoedi-Arabië oorweeg aanbod van China vir bou van kernkragsentrale
Saoedi-Arabië oorweeg ‘n aanbod van die Chinese Nasionale Kernkorporasie om ‘n kernkragsentrale in die land te bou. Die aanleg sal naby die grens met Katar en die Verenigde Arabiese Emirate geleë wees. Saoedi-Arabië beoog om ‘n binnelandse kernenergiebedryf te ontwikkel om minder afhanklik te wees van olie. Die stap volg nadat die land en China […]
Atletiek: SA 4×100 m-aflosspan vir mans in eindronde
Atletiek: Suid-Afrika se hoop op ‘n medalje by vanjaar se atletiek wêreldkampioenskap in Boedapest, het gisteraand weer bietjie opgeflikker. Die Suid-Afrikaanse 4x-100 meter-aflosspan vir mans het vir die eindronde van die aflos gekwalifiseer. Hulle was tweede in hul uitdun, wat deur die Italiaanse span gewen is. Die Suid-Afrikaners se tyd van 37,72 sekondes was vyfde […]
Kubaanse President herdenk saam met Namibië Heldedag
Die 33ste Heldedag-herdenking vind vandag by die Onafhanklikheid-stadion in Windhoek plaas. Dit sou aanvanklik op Omuthiya in die Oshikoto-streek plaasgevind het, maar is na die hoofstad verskuif. Die President van Kuba, Miguel Diaz-Canel Bermudes, is President Hage Geingob se eregas. Vandag, 54 jaar gelede op 26 Augustus 1966, is die eerste skote gevuur by die […]
SANW sê kuberkrakery is fopnuus
In die buurland het die departement van verdediging en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bewerings deur die kubergroep Snatch weerlê van ‘n losprysware-aanval en data-diefstal. Die gerugte het ontstaan te midde van die jaarlikse Militêre Inligting- en Kommunikasie-simposium, waar modernisering van tegnologie om toenemende bedreigings teë te werk bespreek is. Die groep beweer dat hy 1,6 […]
Trump se polisiefoto maak geskiedenis
Die Amerikaanse oupresident Donald Trump se polisiefoto sal na verwagting sy plek in die geskiedenis vind, saam met die foto’s van ander bekende mense wat met die gereg gebots het. Hy het met trots dié foto van sy suur gesig op sy sosiale media-platforms geplaas nadat hy aangekla is van rampokkery en sameswering. Hy het […]
Rugby: Bulle wil Welwitschias op Vegkop gaffel
Rugby: Die Windhoek Draught Welwitschias en die Blou Bulle draf vanmiddag om vier-uur teen mekaar op die Vegkop-stadion van Windhoek Hoërskool uit. Namibiese afrigter Allister Coetzee en kaptein PJ van Lill sal graag ‘n oorwinning wil hê voor die Wêreldbeker-toernooi in September in Frankryk begin. Die Blou Bulle-afrigter Jake White het met Jessica Thomas van […]
Copps 94.1: Bejaardes wreed aangeval
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het ‘n rowwe aand gehad met boendoegeweld, ‘n aanval op bejaardes, ‘n noodlottige ongeluk en onwettige taxibestuurders. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons vennote G4S Namibia, Autohaus Windhoek, Minet Namibia Insurance Brokers, ITR Earthmoving Equipment, Engen Eureka, WestCare Medical Centre en Cema Drilling and Compressor […]