DA vra ampsklag teen OB moet gou afgehandel word
Die DA vra die ampsklag teen die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane moet afgehandel word voor haar termyn teen middel-Oktober eindig. Mkhwebane se vertragingstaktiek met die oog op ‘n aansienlike uitbetaling van omtrent 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand het woede ontketen. Die verslag van die Artikel 194-komitee wat haar permanente verwydering aanbeveel weens wanoptrede en onbevoegdheid is […]
Leiers van jihadiste-groep in Mosambiek in gevegte dood
Die Mosambiekse regering sê die leier van ‘n jihadiste-groep, wat met die Islamitiese Staat verbind word, is dood in gevegte met die land se gewapende magte. Die groep voer ‘n skrikbewind in die noorde van die land. Die ministerie van verdediging sê Bonomade Machude Omar, was die leier van insypelaars sedert die begin van die […]
Spaanse sokker-president weier om te bedank ná soen
Sokker: Die president van die Spaanse federasie, Luis Rubiales, weier om te bedank ná bewerings van seksuele wangedrag wat verband hou met ‘n voorval ná Spanje se Wêreldbeker-eindstrydsege vir vroue. Rubiales word daarvan beskuldig dat hy die Spaanse speler Jenni Hermosa op die mond gesoen het ná Spanje se oorwinning oor Engeland. Rubiales voer aan […]
Huise by die kus kos nou die duurste
Die sentrale gebied van Namibië het die vinnigste groei in gemiddelde huispryse ervaar, gevolg deur die kus-, noordelike en suidelike gebiede, volgens Simonis Storm. Die gaping tussen kus- en sentrale huispryse het die afgelope maande vernou nadat dit tussen 2016 en 2022 vergroot het. Volgens die jongste data van die eerste kwartaal van 2023, is […]
Mbeki verdedig oud-Eskomhoof Molefe
Suid-Afrikaanse oudpresident Thabo Mbeki het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom Brian Molefe se rol in die beëindiging van beurtkrag verdedig, ten spyte van bewerings van staatskaping tydens sy bewind. Mbeki se onverwagte steun het gekom tydens ‘n toespraak voor studente en akademici. Hy het beurtkrag toegeskryf aan kragstasie-bestuurders se mislukking met die aanvul van […]
Rusland: Genetiese toetse uitgevoer om slagoffers se identiteit te bepaal
Die Russiese regering sê hy het tien liggame en vlugopnemers gevind op die toneel waar ‘n privaat straler Woensdag noord van Moskou neergestort het. Die leier van die Wagner-huursoldategroep, Jevgeny Prigozhin, was vermoedelik op die vliegtuig. Volgens die Russiese owerheid word genetiese toetse gedoen om die identiteit van die slagoffers te bevestig. ‘n Woordvoerder van […]
Rugby: Talle opwarmingswedstryde voor Wêreldbeker-toernooi
Rugby: Talle Wêreldbeker-opwarmingswedstryde word vandag en môre gespeel. Die 2003-kampioen, Engeland, pak Fidji op Twickenham, en Skotland kom op Murrayfield teen Georgië te staan. Italië pak Japan op tuisgrond in Treviso, terwyl Spanje en Argentinië in Madrid kragte meet. Dan draf Ierland en Samoa uit in Bayonne, Frankryk. Môre speel die Wêreldbeker-gasheer, Frankryk, teen die […]
Gesondheidsministerie het ‘n gebrek aan geestesgesondheidsgeriewe, kliniese sielkundiges
Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n reuse-uitdaging om pasiënte met geestesgesondheidsiektes te akkommodeer. Die fasiliteit by Windhoek Sentrale Hospitaal het ‘n bed-kapasiteit van 220 en saal 16 by die Oshakati-staatshospitaal, wat in 2019 opgeknap is, het 60 beddens. Die ministerie het ‘n raad vir geestesgesondheid vir die Oshakati-hospitaal van 2023 tot 2026 ingehuldig. Volgens die minister […]
Outjo Wildsfees se wildsveiling begin om 11:00
Dit Outjo Wildsfees is in rep en roer met ‘n vrolike feestelike atmosfeer wat by Sophienhof Lodge heers. Die groot hoogtepunt is die gesogte wildveiling wat vanoggend om elf-uur plaasvind. Die veiling sal ter plaatse en aanlyn aangebied word. Afslaer Henno Badenhorst van Agra Veilings het met Yanna Smith van Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Aansienlike natuurlike gasreserwes in Mpumalanga ontdek
Die ontdekking van aansienlike natuurlike gasreserwes in Mpumalanga het die potensiaal om Suid-Afrika se ekonomie ‘n hupstoot te gee terwyl dit die verskuiwing na skoner energie-opwekking makliker sal maak. Die hoofbestuurder van Industrial Gas Users’ Association, Jaco Human, glo die strategies-geplaasde reserwes kan die land se pogings aanhelp om afhanklikheid van steenkool te verminder en […]