Oudkaptein van Welwitschias gee vooruitsigte vir Wêreldbeker

Rugby: Die Vodacom Blou Bulle het die Windhoek Draught Welwitschias met 43-30 by die volgepakte Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool geklop. Die halftyd-telling was 19-13 in die Bulle se guns. Die oudkaptein van die Welwitschias Jacques Burger was ook by die wedstryd om Namibië te ondersteun. Hy het met Jessica Thomas van Kosmos 94.1 Sportnuus gesels […]

Read More

Kubaanse President voer samesprekings met Geingob

Die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel is op ‘n drie daagse amptelike staatsbesoek aan Namibië. Hy was die eregas van die 33ste Heldedag-vieringe wat Saterdag in Windhoek herdenk is, en het geskeduleerde bilaterale samesprekings met President Hage Geingob. Sy besoek sluit ook vergaderings in met die Kubaanse  gesondheids-vrywilligers, die Kubaanse gemeenskap in Namibië en Namibiërs wat […]

Read More

Betoging oor Kaapstad se kragtariewe

Stad Kaapstad sê sy elektrisiteitstarief is wettig en die metroraad het dit ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur goedgekeur. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gereageer op ‘n betoging deur politieke partye, vakbonde en burgerlike organisasies oor die stad se verhoogde kragtariewe. Hulle eis dat die stad onmiddellik sy verhoging van 17,1 persent in tariewe […]

Read More

Zimbabwe: Verkiesingskommisie sê Pres. Mnangagwa wen weer

Zimbabwe se verkiesingskommissie het laat Saterdag bevestig President Emmerson Mnangagwa van Zanu-PF het die presidensiële verkiesing met 52,6 persent van die stemme gewen met 2,23 miljoen kiesers wat vir hom gestem het. Maar die opposisie en ontleders het dadelik die uitslag bevraagteken en verwerp. Volgens die verkiesingskommissie het Mnangagwa se vernaamste uitdager, Nelson Chamisa, wat […]

Read More

Rugby: Elton Jantjies sê hy sal sy onskuld bewys

Rugby: Die Springbok-losskakel Elton Jantjies sê hy sal sy onskuld bewys en sy kritici stilmaak nadat hy bekend gemaak en erken het dat hy positief getoets het vir ‘n verbode middel. Hy het glo Clenbuterol geneem, ‘n vetverbrander wat ook stamina aanhelp en soms in asmamedisyne voorkom. Hy ontken dat hy die middel doelbewus geneem […]

Read More

Reuse-agterstand in behuising in Namibië

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap woon na verwagting 67 persent van die Namibiese bevolking in stedelike gebiede. Daar word ook beraam dat ongeveer een derde van die bevolking in die streke van Khomas en Erongo alleen woon. Volgens Simonis Storm het dit implikasies op behuisingsbehoeftes en -pryse in die twee streke. Die groei in verstedeliking het […]

Read More

Opuwo spog met nuwe NamRA-kantoor

NamRA het ‘n nuwe satelliet-kantoor by Opuwo geopen om die kantoor in Khorixas aan te vul in sy pogings om sy dienste nader aan gemeenskappe te bring. Dit beteken daar sal nie meer van inwoners van Opuwo en omliggende gebiede vereis word om lang afstande te reis om hul belasting-opgawes in te dien nie. NamRA-kommissaris […]

Read More

Keuringsproses vir nuwe Eskom-hoof aan die gang

Die voorsitter van Eskom Mpho Makwana het bevestig die Suid-Afrikaanse regering is doelgerig besig met die keuringsproses vir die aanwysing van die volgende uitvoerende hoof van Eskom. Makwana het onthul ‘n breedvoerige keuringsproses is aan die gang om seker te maak die suksesvolle kandidaat is toegerus om Eskom se uitdagings te hanteer. Calib Cassim dien […]

Read More

Rugby: Nienaber sê Springbokke kan nóg beter vaar

Rugby: Die Springbokke sê hulle lees nie te veel in hul oorwinning oor Nieu Seeland in die opwarmingswedstryd in aanloop tot die Rugbywêreldbeker nie. Vrydagaand was die laaste wedstryd voordat die Bokke hul wêreldtitel in Frankryk moet verdedig. Met die Springbokke se vyf drieë teenoor die All Blacks se een, was dit die grootste neerlaag […]

Read More

Vleisraad begin met plaas-oudits

Die Vleisraad van Namibië se ouditeure is tans besig om plaas-oudits vir 2023 uit te voer. ‘n Totaal van 60 produsente wat beeste en skape aan uitvoer-abattoirs voorsien, is vir die oudits gekies. Ouditeure sal geselekteerde lewendehawe-produsente vroegtydig in kennis stel voordat die plaas-oudits plaasvind. Tarah Shinavene is deur die Vleisraad aangestel en sal verantwoordelik […]

Read More