Swakopmund hou Matutura Kultuurfees

Die Swakopmund-munisipaliteit bied van 1 tot 2 September die Matutura Kultuurfees aan onder die tema “My kultuur, my trots”, met die fokus op die belangrikheid van kulturele diversiteit, hetsy by werkplekke of opvoedkundige instellings. Die doel is om kulturele bewustheid te skep wat Namibiërs help om ander mense se kulture en tradisies te waardeer en […]

Read More

Adjunk-handelsminister open Ongwediva-handelskou amptelik

Die 22ste Ongwediva-handelskou is in volle swang en is ‘n miernes van bedrywighede. Die gewilde skou wat ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die Noorde is, spog met meer as 400 uitstallers, wat buitelandse uitstallers insluit. Die skou is vandag amptelik deur adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, geopen. Sy sê handelskoue skep ‘n forum vir vennootskappe […]

Read More

Bendelede brand los op betogers in Haïti

Minstens sewe mense is in Haïti dood nadat bendelede losgebrand het op ‘n betoging wat deur ‘n kerkleier in ‘n noordelike woonbuurt van die hoofstad, Port-au-Prince gereël is. Honderde kerkgangers, waarvan sommiges met kapmesse gewapen was, het aan ‘n optog teen bendebedrywighede in die buurt deelgeneem. Die bendelede het volgens berigte met masjiengewere op die […]

Read More

Landbou-ekonoom beaam studie oor koeie, koolstofvrystellings

‘n Landbou-ekonoom het sy reaksie gegee op ’n navorsingstudie wat waarsku dat meer as ‘n miljard koeie wêreldwyd teen die einde van die eeu hittespanning sal ervaar as koolstofvrystellings hoog is. Navorsers van die Universiteite van Kaapstad, KwaZulu-Natal en Chicago het bevind hoë vogtigheid benadeel beeste, en lei tot verminderde vrugbaarheid, verswakte groei in kalwers, […]

Read More

Motorsport: Verstappen spring voor weg in Nederlandse Grand Prix

Motorsport: Max Verstappen is in ‘n ideale posisie vir ‘n negende agtereenvolgende oorwinning van die seisoen, wat  die rekord sal ewenaar, nadat hy die voorste wegspringplek ingepalm het by die Nederlandse Grand Prix op Zandvoort. Lando Norris van McLaren sal langs hom wegspring, met George Russell van Mercedes en Alex Albon van Williams in die […]

Read More

NDF-soldaat verdrink by Walvisbaai

’n Lid van die Namibiese weermag het by Independence Beach by Walvisbaai verdrink. Volgens inspekteur Illeni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 32-jarige man deur sy vriende en lewensredders probeer red nadat hy verdrink het en paramedici is na die toneel ontbied. Die soldaat is met ‘n ambulans na die Walvisbaai-staatshospitaal […]

Read More

Zim-opposisie sê verkiesingsuitslag is vals

Zimbabwe se voorste opposisieparty het die uitslag onomwonde verwerp van die presidensiële verkiesing waarin President Emmerson Mnangagwa ‘n tweede termyn ingepalm het in ‘n proses wat internasionale waarnemers sê nie voldoen het aan demokratiese standaarde nie. Die woordvoerder van die Citizens Coalition for Change-party, Promise Mkwananzi, wie se kandidaat Nelson Chamisa tweede was, het bevestig […]

Read More

EFF: Jong leiers wil nie meer deur Weste beheer word

Die onder-leier van die EFF, Floyd Shivambu, sê hy is vol vertroue dat die hervorming van die wêreld se multilaterale instellings nog in sy leeftyd gaan gebeur. Afrika-leiers wil hê die Verenigde Nasies, die Bretton Woods-instellings, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank moet hervorm word. Hulle vra onder meer dat Afrika permanent op die […]

Read More

Tennis: Djokovic en Alcarez stamp weer koppe by Amerikaanse Ope

Tennis: Net meer as ses weke nadat die wêreld se nommer een-speler Carlos Alcaraz, Novak Djokovic by Wimbledon verslaan het, kan die twee mans weer oor die volgende twee weke koppe stamp by die Amerikaanse Ope. Die tweede gekeurde Djokovic skop sy veldtog af teen Alexandre Muller van Frankryk en sal met ‘n oorwinning weer […]

Read More

Tenders vir spyseniering van Heldedag op die nippertjie uitgereik

Die kantoor van die eerste minister het volgens die Tender Bulletin slegs twee dae kennis gegee vir die tender vir die spyseniering vir 20 000 persone, asook 3 000 Baie Belangrike Persone vir die 33ste Heldedag-herdenking in Windhoek. Verskeie spyseniers moes die voorbereiding van kos deel, wat afsonderlik verskaf word, maar daar was geen openbare […]

Read More