Vroue moet sakesektor betree
Die voormalige adjunk-president van Suid-Afrika Phumzile Mlambo-Ngcuka het ‘n beroep gedoen op vroue om versperrings te verbreek in gebiede wat deur mans oorheers word. Syfers toon onder al die maatskappye op die JSE, is net 8 persent van die uitvoerende hoofde en 22 persent van die finansiële bestuurshoofde, vroue. Mlambo-Ngcuka sê geslagstransformasie behoort in die ekonomiese sin versterk te word, […]
Britse Museum soek 2 000 vermiste artefakte
Die Britse Museum soek 2 000 artefakte wat oor ‘n lang tydperk gesteel is. Die gesteelde items sluit in goue juwele en edelstene, wat dateer uit die 15de eeu vC tot die 19de eeu nC. Die museum-voorsitter, George Osborne, het sy kommer uitgespreek dat die diefstalle die reputasie van die bekende instansie aangetas het en vra beslissende […]
EFF laat regspan Phala Phala-verslag hersien
Die EFF-leier Julius Malema het bevestig die party gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor Phala Phala op regterlike hersiening neem. Die sentrale bank het bevind geen valutabeheerregulasies is oortree in die transaksie tussen President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo en ‘n Sudannese sakeman wat 20 buffels by hom gekoop het nie. Malema sê daar is duidelik ‘n poging om die misdade by Phala Phala te verberg […]
Net ‘n derde van Rundu-inwoners betaal rekenings
Plaaslike media berig dat Rundu se waterrekenking vanaf 76 miljoen Namibiese dollar in September 2019 tot 200 miljoen dollar in Junie vanjaar gestyg het. Onder die redes is dat net ‘n derde van inwoners op die dorp hul waterrekenings betaal en dus kan Rundu nie sy skuld by NamWater vereffen nie. Sam Nekaro, die dorpsraad se finansiële bestuurder sê inwoners op die dorp, wat […]
Cele sê beamptes moet optree wanneer hulle geweld ervaar
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie Bheki Cele doen ‘n beroep op polisielede reg oor die land om eerste op te tree wanneer hulle geweld in ooreenstemming met die bedreiging moet gebruik. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die minister het sy kommer uitgespreek omdat 31 polisiebeamptes die afgelope drie maande vermoor is:
Biden betreur rasse-aanval in Florida
Amerika se President Joe Biden het die moord op die drie mense in ‘n rasgemotiveerde aanval in Florida veroordeel en sê wit heerskappy het geen plek in Amerika nie. Die 21-jarige Ryan Christopher Palmeter, ‘n wit man, het 11 skote afgevuur op ‘n vrou wat in haar motor in Jacksonville gesit het. Hy het daarna by ‘n winkel ingestap en nog twee mense geskiet […]
Viktor Hovland vat die FedEx-beker
Viktor Hovland van Noorweë het na ‘n stryd teen die Amerikaner Xander Schauffele in die laaste ronde die Toerkampioenskap en FedEx-beker-titel by East Lake in Atlanta ingepalm. Die 25-jarige speler het in sy ronde van 63 sewe voëltjies behaal en die week op 27 onder afgesluit. Hy is nou die derde jongste FedEx-beker-kampioen in die geskiedenis. Schauffele moes met die tweede plek tevrede wees met sy landgenoot, Wyndham Clark, derde […]
Trigon-hoof gesels oor Kombat se koper
Trigon Metals, ‘n Kanadees-genoteerde mynmaatskappy wat aan die Namibiese sakeman Knowledge Katti se gekoppel is, sê die herlewing van Kombat-myn is op koers waar produksie geskeduleer is om van twee ton in Maart volgende jaar tot drie ton in September 2024 toe te neem. Kombat ontgin koper en is in 2008 gesluit deur sy destydse eienaar Weatherly International as gevolg van ondergrondse oorstromings. Trigon se uitvoerende hoof, […]
Boulter se regspan sal uitstel vra in saak teen PG
Die saak waar die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien kom weer vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in […]
Heldedag is net ‘n Swapo-ding
Die swak bywoning van die Heldedag-vieringe op die Onafhanklikheid-stadion in Windhoek het die nuus, veral op sosiale media die naweek oorheers. Die inligtingsministerie het in ‘n mediaverklaring gesê die skielike verandering van lokaal en die feit dat die vieringe in die middag gehou is nadat die eregas, die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel Bermude, se vliegtuig […]