Drie vermeende stropers sterf in Etosha-vuurgeveg

Drie vermeende stropers is in Etosha dood in ‘n skietgeveg met NamPol se teenstropery-eenheid. Lede van die eenheid het Vrydagaand drie stelle voetspore gevind wat die park deur die heining binnegegaan het. Twee spanne het Saterdagoggend die spore gevolg en die verdagtes het op hulle begin skiet. Al drie is in die vuurgeveg noodlottig gewond. […]

Read More

Namibië onderstreep dadelike klimaatoptrede by COP29

Omgewingminister Pohamba Shifeta het Namibië se nasionale verklaring by COP29 namens president Nangolo Mbumba gelewer, wat die dringendheid van klimaatsaksie te midde van wêreldwye rampe beklemtoon. Hy het ‘n beroep op ontwikkelde lande gedoen om hul verpligtinge oor klimaatsfinansiering na te kom en die ontwikkelende wêreld vir historiese emissies te vergoed, en beklemtoon dat sonder […]

Read More

Eskom vra vir 36% tariefverhoging, maar ‘dis onbekostigbaar’

Green Connection sê Eskom se voorgestelde tariefverhoging is vir die meeste Suid-Afrikaners eenvoudig onbekostigbaar. Die kragverskaffer het by die energiereguleerder, Nersa, aansoek gedoen om elektrisiteitspryse volgende jaar met 36-persent te verhoog. Nersa se openbare verhore oor die moontlike verhoging is tans in Kaapstad aan die gang. Green Connection se woordvoerder, Liziwe McDaid, sê dis ʼn […]

Read More

Putin beveel dat kernwapens gebruik kan word

Die Russiese president, Vladimir Putin, het ‘n bevel uitgevaardig wat Moskou toelaat om kernwapens teen ‘n nie-kernstaat te gebruik indien dit deur kernmagte ondersteun word. Dit kom op die duisendste dag van Rusland se aanslag op Oekraïne en nadat Amerika Kiëf toestemming gegee het om langafstandmissiele te gebruik teen militêre teikens binne Rusland. Die verandering […]

Read More

Federer loof Rafael Nadal voor komende uittrede

Tennis: Roger Federer het sy gewese teenstander, Rafael Nadal, geloof voor die Spanjaard se uittrede na die Davisbeker-eindtoernooi. Die Switserse legende beskryf Nadal se 14 Franse Ope-titels as geskiedkundig. Hy sê die Kleikoning het Spanje en die hele tenniswêreld trots gemaak. Federer en Nadal het 14 keer in Grand Slamtoernooi teen mekaar gespeel, en Nadal […]

Read More

Somaliland opposisieleier wen presidentskap

Somaliland se opposisieleier het die wegbreek-streek se presidentskap gewen wat beteken die vorige bestel word verwerp en verandering word aangevra. Sowat 1,2-miljoen mense was geregistreer om te stem in ‘n verkiesing wat internasionale waarnemers as ‘n vertoning van vreedsame demokrasie beskou. Abdirahman Mohamed Abdullahi, algemeen bekend as “Irro”, het byna 64-persent van die steun ingepalm, […]

Read More

Bavuma terug, lei Proteas teen Sri Lanka

Krieket: Kaptein Temba Bavuma keer terug vir Suid-Afrika se reeks van twee toetse teen Sri Lanka nadat ‘n besering hom uitgehou het uit die toetsreeks in Bangladesj. Die veelsydige Marco Jansen en die snelbouler Gerald Coetzee is terug in toetskrieket die eerste keer sedert verlede seisoen se reeks teen Indië. Kagiso Rabada, Dane Paterson en […]

Read More

Polisie herinner aan stemdag reëls

Verkiesingsdag kom nader en die publiek word versoek om vrede te handhaaf en verantwoordelik op te tree om orde te verseker, en die waarskynlikheid van geweld tydens die verkiesings te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, wat beklemtoon dat die publiek by die Verkiesingskommissie se moets-en-moenies moet bly om ‘n […]

Read More

Noordwes LUR sê onwettige myners is kriminele, punt

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Wessels Morweng, sê planne om onwettige mynwerkers in ‘n ongebruikte Stilfontein-myn te red, vereis behoorlike risikobepalings voor reddingspogings begin kan word. Hy het ‘n beroep gedoen vir samewerking om die terrein skoon te maak en masjinerie veilig te ontplooi. ‘n Interregeringspan en gemeenskapsleiers is besig om ‘n strategie te […]

Read More

EU kondig nuwe sanksies teen Iran aan

Die Europese Unie het nuwe sanksies teen Iran aangekondig oor sy voortgesette steun aan Rusland se oorlog in Oekraine. Die sanksies is teen vaartuie en hawens wat Irans-vervaardigde onbemande hommeltuie, missiele en verwante tegnologie en onderdele vervoer. Beperkingsmaatreëls is ook ingestel teen een persoon en vier instellings ná Iran se oordrag van missiele en hommeltuie […]

Read More