Watertafels in Kaapstadse begraafplase wek kommer

Die Stad Kaapstad sê probleme met watertafels wat deur swaar reën veroorsaak word, het die afgelope weke begraafplase in die stad geraak. Die Maitland-begraafplaas is die swaarste getref deur onlangse gure weerstoestande. Die begraafplaas was verlede naweek weens hoër watertafels nie toeganklik nie en 56 begrafnisse moes by die Welmoed-kerkhof gehou word. Die burgemeesterskomiteelid vir […]

Read More

Trump pleit onskuldig in Georgia

Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump het onskuldig gepleit op aanklagte dat hy ‘n strafregtelike sameswering gelei het om sy nederlaag in die 2020-verkiesing in Georgia om te keer. Hy het afstand gedoen van sy reg om in persoon in die hof te verskyn, wat beteken dat hy die verhoor van die 18 verdagtes wat […]

Read More

Alcaraz stuur Harris huis toe

Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope in New York. In sy eerste werklike toets in die toernooi het die Spanjaard ‘n geesdriftige Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, met 6-3, 6-1 en 7-6 geklop. Alcaraz kom nou teen die Brit Dan Evans te staan. Alcaraz sê Harris was ‘n […]

Read More

DNS-toetse nodig om dooies in Jhb-brand te identifiseer

Die uitvoerende hoof van Forensiese Patologiediens in Gauteng, Thembalethu Mpahlaza, sê DNS-toetse word uitgevoer om die liggame te identifiseer van mense wat in die brand in ‘n gekaapte gebou in Marshalltown in die Johannesburgse middestad dood is. Altesaam 74 liggame is herwin en na die forensiese patologie-laboratorium gestuur. Mpahlaza sê dit sluit in 24 vroue, […]

Read More

Shell se Cullinan-1X lewer niks, boorwerk op Jonker begin

Shell het boorwerk op sy Jonker-put in die Oranje-bekken van stapel gestuur. Daar word berig dat daar moontlik bronne van 2,5 miljard vate olie is. Die put is 20 kilometer van die Graff-put waar Shell die eerste olie-ontdekking gemaak het. Intussen word daar berig dat sy Cullinan-1X put geen ontdekking gemaak het nie maar, daar […]

Read More

Okh-inwoners sê hulle sal by Staatshuis betoog

Die vasberade inwoners van Okahandja informele nedersettings wat beplan het om ‘n vreedsame betoging by Staatshuis te hou in ‘n poging om aandag by President Hage Geingob te kry, het reaksie van die kantoor van die Presidensie ontvang. Dit word in die brief vermeld dat Geingob kennis geneem het van die kommer oor die gebrek […]

Read More

Staatskaping: Presidensie sê daar is vordering

Die Suid-Afrikaanse kabinet het aangekondig vordering word gemaak met die uitvoering van die Zondo-kommissie se aanbevelings om diegene wat by staatskaping betrokke is, aanspreeklik te hou. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê 4,5 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die staat teruggekry en die Nasionale Vervolgingsgesag het daarin geslaag om […]

Read More

Oprah, The Rock skenk aan Maui

Oprah Winfrey en Dwayne Johnson het hande gevat en ‘n fonds vir die inwoners van Maui begin. Die fonds sal regstreekse finansiële bystand aan die inwoners verleen wat onder verlede maand se wegholbrande deurgeloop het. Minstens 115 mense is dood en talle word steeds vermis. Winfrey besit ‘n huis in Maui en Johnson se ma […]

Read More

IMF sê SA se skuldvlakke is te hoog

Internasionale Monetêre Fonds sê die Suid-Afrikaanse regering moet sy fiskale situasie beter bestuur en strukturele kwessies aanspreek om seker te maak die land is op ‘n pad van volhoubare groei en skuldhantering. Die IMF voorspel die ekonomie sal vanjaar met 0,3 persent groei. Die fonds se adjunk- besturende direkteur, Gita Gopinath, sê hulle is bevrees […]

Read More

Namibië het reeds goeie handelsvlakke met Brics-lede

Namibië se handel met Brics-lande staan tans op 97 miljard Namibiese dollar teenoor 85,3 miljard dollar met Sacu-lande en 43,1 miljard met die VSA, Europa en Brittanje. Volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, is handel met die  nuwe Brics-lede wat in Januarie 2024 bygevoeg word, 12,5 miljard dollar. Die lede van Brics het oor die algemeen ‘n goeie verhouding met Namibië en daar is voordele […]

Read More