Uvalde distriksprokureur ‘smeer’ ondersoek na skoolskietery toe

Die burgemeester van Uvalde, Don McLaughlin sê die distriksprokureur probeer fasette van die ondersoek na die dodelike skietery by die Robb-laerskool toesmeer. Die skietery op 24 Mei verlede jaar in Texas het groot reaksie uitgelok omdat owerhede tot ‘n uur geneem het voor hulle kontak met die skieter Salvador Ramos gemaak het. Teen daardie tyd […]

Read More

Wetenskaplike en Iron Man-aanhanger ontwikkel superstof

Wetenskaplikes in die VSA het ‘n materiaal ontwikkel wat glo vyf keer ligter en vier keer sterker is as staal. Een van die kenners, Seok-Woo Lee, is ‘n groot aanhanger van Iron Man-flieks en het altyd gewonder hoe om ‘n ligter pantser vir die hoofkarakter te skep waarmee hy vinniger kan vlieg maar hom steeds […]

Read More

Ramaphosa moet dreigende fiskale krisis aanspreek – Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy diepe teleurstelling uitgespreek omdat president Cyril Ramaphosa nie die dreigende fiskale krisis, wat Winde ‘n saak van dringendheid noem, op die agenda van die Presidensiële Koördineringsraad geplaas het nie. Die raad vergader vandag in Pretoria. Winde het onlangs aan Ramaphosa geskryf en versoek dat dié saak van nasionale […]

Read More

Esau-borgaansoek: Regter wil weet of geld op plaashuis bestee is

Die borgaansoek van die oudminister Bernhardt Esau duur steeds voor regter David Munsu voort. Die hoof ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig steeds. Munsu het ingespring en aan Kanyangela gevra of daar bewyse is dat Esau die fondse van Nengomar Pesca in Angola, sowel as die van Fishcor, gebruik het om sy plaashuis op […]

Read More

Lesufi sê oorsaak van Jhb-brand word nog bepaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê hy sal in samewerking met die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, ‘n komitee aanstel om die dodelike brand in die Johannesburgse middestad te ondersoek. Die brand in ‘n vyfverdieping-gebou in Marshalltown het gister in die vroeë oggendure 74 lewens geëis. Minstens 12 van die slagoffers was […]

Read More

Biden verdedig McConnell se gesondheid

Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell is in die nuus in die VSA. Hy het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens ‘n openbare verskyning voordat hy weg begelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan […]

Read More

Infantino praat uiteindelik oor daai soen

Fifa-president Gianni Infantino sê Luis Rubiales se nou omstrede soen op die mond van die Spaanse vrouesokkerster Jenni Hermoso “moes nooit gebeur het nie”. In sy eerste reaksie op die voorval wat by die aanbiedingseremonie plaasgevind het ná Spanje se oorwinning oor Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd vir vroue, het Infantino gesê die gedrag van die […]

Read More

Groot opgewondenheid vir die Standard Bank o.19 Superliga semifinale

Die semifinale van die Standard Bank onder-19 Superliga vind vanaand op Vegkop en die Hage Geingob-stadion plaas. Die Windhoek Gimnasium Leeus draf uit teen die Samsung WHS Koedoebulle, terwyl PSG Pro-Ed Akademie die Autohaus Windhoek Affies pak. Dirk Human, afrigter van FNB Wanderers wat môre in die premierliga-finaal uitdraf, is die kommentator vir die wedstryde […]

Read More

Voedselsekerheid: Kenner gesels oor hoe om volhoubaar te boer

Voedselsekerheid is die week plaaslik in die nuus met amper 700 000 kwesbare Namibiërs wat volgens die kantoor van die eerste minister, bystand nodig het. Die verval van die land se graslande en weiding, sowel as hoër temperature en swak grond, lei tot verdere kommer oor landbou se uitsette. Navorsing regoor die wêreld toon van […]

Read More

Repokoers beperk kredietverlening, of nie…

Die Namibiese buitelandse valuta-reserwes het in Julie ‘n rekordhoogtepunt van 54,1 miljard Namibiese dollar bereik en volgens Simonis Storm is dit die hoofrede hoekom die Bank van Namibië die repokoers onveranderd gelaat het. Op grond hiervan sê die ontleders dat dit waarskynlik kredietverlening aan besighede vir die res van die jaar redelik stagnant sal hou – omdat […]

Read More