Vier vas vir die vervoer van beskermde wild sonder permitte

Die Hardap-polisie sê vier mans, drie Namibiese burgers, waarvan twee 37 jaar oud is en een 45, sowel as ‘n 29-jarige Suid-Afrikaner, is Woensdagaand net voor sewe-uur op die C15-grondpad tussen Stampriet en Gochas by ‘n mobiele padblokkade voorgekeer. Die mans het blykbaar wild vervoer, wat die polisie in sy verslag as 37 wildebeeste, blou en wit, beskryf, maar hulle het […]

Read More

Savanna wil 50 000 speenkalwers plaaslik verwerk

Ekonome en landbou-kenners kritiseer gereeld die praktyk van Namibiese produsente om speenkalwers op die hoef uit te voer na voerkrale in die buurland. In ‘n onlangse ontleding deur High Economic Intelligence, is daar gesê dat 2,7 miljoen bees op die hoef uitgevoer na Suid-Afrika tussen 2010 en 2022. Nou kom die nuus dat Savanna Beef Processors van Mecki Schneider beplan om die land se […]

Read More

Handel met Brics-lande is nie as gevolg van ‘n beleid nie

Namibië se handel met Brics-lande vertoon op die oomblik baie goed, die hoogste syfer van alle groeperings en is tans op 97 miljard Namibiese dollar teenoor 85,3 miljard dollar met Sacu-lande en 43,1 miljard met die VSA, Europa en Brittanje. Volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, is handel met die  nuwe Brics-lede wat in Januarie 2024 bygevoeg word, […]

Read More

Reaksie op ‘klieklose name’ by binnelandse sake

Reaksie word ontvang op media-berigte dat die ministerie van binnelandse sake nie inheemse name wat ‘n ‘kliek’ bevat kan registreer nie. Volgens wat berig word, is die besluit geneem om administratiewe prosesse meer vaartbelyn te maak en eenvormigheid te handhaaf. Maar, Namibiërs het tale wat klieks bevat en vrae word gevra oor basiese regte. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die […]

Read More

PDM sal behuisingskrisis ondersoek tydens konferensie

Die Popular Democratic Movement gaan ‘n behuisingskonferensie op 10 September in die hoofstad aanbied om die huidige knelpunte en pryse van huise te bespreek. Belanghebbendes in die behuisingsektor sal deel vorm van die gesprek. Behuising was onlangs in die nuus met groot uitdagings en tekorte wat reeds jare lank duur. Roberto Dirkse, woordvoerder van die […]

Read More

Jhb-burgemeester moet onmiddellik bedank na dodelike brand

Rise Mzansi sê hy eis die onmiddellike bedanking van die hele burgmeesterskomitee van Johannesburg na die vernietigende brand by ‘n gebou in Marshalltown. Die party glo die katastrofe by ‘n verwaarloosde gebou wat die stad besit, is ‘n stelsel-mislukking wat politiek en geld bo menselewens stel. Die verwoestende brand het meer as 70 lewens geëis, […]

Read More

Swede hou duim vas Turkye keer Navo-aansoek in Oktober goed

Die Sweedse minister van buitelandse sake sê hy bly hoopvol dat Turkye sy beplande Navo-lidmaatskap sal bekragtig wanneer die Turkse parlement in Oktober weer byeenkom. Tobias Billstrom sê daar was nie weer enige klagtes of vrae vanaf Turkye nie. Swede het verlede jaar om Navo-lidmaatskap aansoek gedoen in reaksie op Rusland se inval in die […]

Read More

Amerikaanse regering poog om Titanic-ekspedisie te keer

Die Amerikaanse regering het ‘n mosie ingedien om ‘n Titanic-ekspedisie te stop, wat vir volgende jaar deur RMS Titanic beplan word. Die maatskappy wat in Georgia gebaseer is, besit die eksklusiewe bergingsregte op die wêreld se bekendste skeepswrak. Dit volg meer as twee maande nadat vyf mense dood is toe die Titan-duikboot naby die wrak […]

Read More

Trustco kondig 90-dag venster aan vir terugkoop van aandele

Die Trustco-groep het ‘n aandele terugkoop-program aangekondig. Dit word uitgevoer gedurende sy geslote tydperk wat vandag begin. Luidens ‘n verklaring kan Trustco of ‘n filiaal tot net meer as 197 000 000 aandele direk, of net minder as 99 000 000 aandele via ‘n filiaal terugkoop, onderhewig aan noteringsvereistes van die Johannesburg effektebeurs. Die program […]

Read More

Shanela looi onwettige mynwese in Gauteng

Die Gautengse polisiekommmissaris, Elias Mawela, sê met Operasie Shanela is wetstoepassingsagentskappe voluit besig met die ontwrigting en afbreking van onwettige mynbou-bedrywighede regdeur die provinsie. ‘n Operasie is in die Wes-Randse distrik uitgevoer. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê verskeie misdaadvoorkomings-optredes is uitgevoer in Magaliesburg, Randfontein, Krugersdorp en Kagiso, soos padblokkades, drank-voldoeningsinspeksies en besoeke aan onwettige mynbou-brandpunte:

Read More