VN steeds verbind tot Oekraïne se soewereiniteit

Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die organisasie is verbind tot die soewereiniteit van die Oekraïne. Hy het gepraat by die VN-beraad wat op die oomblik aan die gang is in New York. Hy doen ‘n beroep op partye om saam te werk om vrede te bewerkstellig.

Read More

Hage is verkeerd oor apartheid en volksmoord – PDM

President Hage Geingob het verlede week in Parys gesê die apartheidsregime van Suid-Afrika, waarteen Swapo geveg het, is ‘erger’ as die volksmoord wat Duitsland teen die Nama- en Ovaherero-etniese groepe gepleeg het. Geingob het gemeen dat Suid-Afrika se optrede tydens apartheid ernstiger was. Die leier van die amptelike opposisieparty die PDM, McHenry Venaani, het aan […]

Read More

Oscar was nie maande terug reg vir parool, sê departement

Die Korrektiewe Dienste-departement het berigte ontken waarin beweer is Oscar Pistorius se paroolaansoek was verkeerd hanteer. Die voormalige Paralimpiese atleet is tans besig met sy jongste paroolaansoek, wat in die Konstitusionele Hof aangehoor sal word. Die departement het dokumente by die hof ingedien oor die veroordeelde moordenaar se paroolaansoek. Die woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê bewerings […]

Read More

AfriForum bekommerd oor hantering van haatspraak

AfriForum het ‘n mondelinge voorlegging gedoen oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak voor die Parlement se gekose komitee vir Veiligheid en Geregtigheid. Hulle het kommer uitgespreek oor dubbele standaarde in die handhawing van haatspraak, veral in verband met hofbeslissings, die regering se toepassing van wetgewing en media-veroordeling. Ernst van […]

Read More

Cyril betuig medelye na drie duikboot-matrose se dood

President Cyril Ramaphosa het sy medelye met die families en die Suid-Afrikaanse Vloot betuig ná ‘n tragiese voorval aan die kus van Kommetjie in Kaapstad. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê drie bemanningslede van die SAS Manthatisi het hul lewens verloor tydens ‘n operasie wat deur ‘n Suid-Afrikaanse Lugmag Maritieme Lynx-helikopter uitgevoer is. Magwenya sê […]

Read More

Jerry se gade-wet dalk vandag in die Huis?

Die omstrede wetgewing van Jerry Ekandjo is steeds nie deur die parlement bespreek nie. Dit is neergelê vir Dinsdag maar niks het gebeur nie, en toe is dit na Woensdag verskuif, weereens sonder enige bespreking. Daar word deur sommige kenners beaam dat die wetgewing nêrens heen sal gaan nie. Die Nasionale Vergadering se woordvoerder Rafael Hangula sê die […]

Read More

Owerhede sukkel om agterstallige kragkliënte in Johannesburg af te sny

City Power in Johannesburg het erge teenstand teëgekom toe hulle amptenare gekaapte geboue se kragtoevoer wou afsny. Verlede week het inwoners van die geboue gewelddadig geraak maar, die uitdaging word opgelos. Isaac Mangena van City Power sê hulle is ook nie toegang tot alle persele gegun nie maar voeg by enige kliënt wat voel hy is onregverdig afgesny […]

Read More

Lourenço sê internasionale gemeenskap is dubbelsinning met staatsgrepe

Die Angolese president João Lourenço het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om nie dubbelsinnige seine te stuur wanneer daar gewelddadige magsoorname in Afrika is nie. Hy sê Afrika neem die toename in terreur-organisasies op die vasteland met kommer waar. Daarmee gaan staatsgrepe gepaard met veral weermagleiers wat teen regerings opstaan. Wêreldleiers moet hard en duidelik praat en in sy mening, meer […]

Read More

Drie Afrika-lande kry vroeë waarskuwingstelsels

Tsjad, Somalië en Ethiopië is die eerste drie Afrika-lande wat sal baat by ‘n nuwe, grootskaalse poging om potensieel lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels in van die wêreld se mees klimaat-kwesbare lande te vestig. Die inisiatief deur die VN se Ontwikkelingsprogram sal ook Antigua en Barbuda, Kambodja, Ecuador en Fidji dek. Die Groen Klimaatsfonds sal ‘n aanvanklike inspuiting van sowat 25 miljoen […]

Read More

Druk neem toe op Karas-owerhede, veral na ontdekkings, projekte

Druk neem toe op owerhede in die Karas-streek, sowel as die sentrale regering, veral na aanleiding van die olie-ontdekking en die groen-waterstof projekte. Inwoners wil in die welvaart deel. ‘n Groep kleinskaalse kontrakteurs het op Keetmanshoop opgeruk na die Paaie-owerheid se streekskantoor. Hulle sê tenders word herhaaldelik toegeken aan maatskappye buite die streek wat ook […]

Read More