Geen werwings tans by ECN, pasop vir aanlyn slenters

Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, De Wet Siluka, het bevestig dat die kommissie tans geen werwings doen nie. Die publiek word gewaarsku dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Daar word plasings op sosiale media gesirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. […]

Read More

FNB Namibia-hoof lei Bankiersvereniging

Die uitvoerende hoof van FNB Namibië, Erwin Tjipuka, het die voorsitterskap van die Bankiersvereniging van Namibië oorgeneem. Die verantwoordelikheid van die voorsitterskap van die vereniging roteer jaarliks tussen die besturende direkteure of hoof uitvoerende beamptes van kommersiële banke in die land. Tjipuka neem oor by Bank Windhoek se besturende direkteur, Baronice Hans. FNB se kommunikasiespesialis, […]

Read More

Laaste Franse oorlewende (100) van Slag van Normandië sterf

Die laaste oorlewende van die Franse kommando-eenheid wat op 6 Junie 1944 aan die Slag van Normandië deelgeneem het, Leon Gautier, is op 100-jarige ouderdom oorlede. Hy was een van die 177 Franse Groen Barette wat aan die aanval deelgeneem het. Hy het in 2019 aan die internasionale nuus-agentskappe vertel dat hy te jonk was […]

Read More

Nuwe president van ANC-Jeugliga takel werkloosheid

Die nuutverkose president van die ANC-Jeugliga, Collen Malatji, sê jong Suid-Afrikaners word steeds uitgesluit van ekonomiese deelname. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat ná die afsluiting van hul nasionale verkiesings-konferensie waar hy onbestrede verkies is, met Phumzile Mgcina wat as sy adjunk sal dien. Malatji sê die nuwe leierskap se hoofdoelwit is om die kwessie […]

Read More

SACU: Namibië moet diversifiseer

Die beraad van SACU-staatshoofde is die week in Eswatini gehou en die beraad het ingestem dat lidlande prioriteit moet gee aan sektore wat onmiddellike voordele kan bring. Dit sluit in vleis en vleisprodukte, die produksie van leer en verwante produkte, die verbouing van groente en vrugte, tekstiele, en farmaseutiese produkte. Die lys is ontwikkel op […]

Read More

Binnelandse sake: Vioolsdrif steeds tydelik gesluit

Die ministerie van binnelandse sake het ‘n span immigrasiebeamptes na die Noordoewer-grenspos gestuur om te help met kwessies ná die tydelike sluiting van die Vioolsdrif-grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika ná oorstromings in die Noord-Kaap. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo het vandag bevestig dat mense wat na Suid-Afrika wil reis, steeds van die Oranjemund- […]

Read More

Grondwetraad maan teen verpolitisering van Phala Phala-verslag

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet neem kennis van wat hy beskryf as die verpolitisering van die waarnemende Openbare Beskermer se Phala Phala-verslag. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van ongerymdhede, maar verskeie opposisiepartye wil dit uitdaag. Die ANC verwelkom die verslag, terwyl die UDM kommer uitspreek oor teenstrydighede en moontlike […]

Read More

Kremlin wil nie kommentaar lewer oor muitery-poging

Die woordvoerder van die Kremlin, Dimitri Peskov wou nie kommentaar lewer op vrae oor waarom die mislukte muitery-poging byna twee weke gelede nie deur die FSB-veiligheidsdiens voorkom is nie. Peskov het in reaksie op dié vrae geantwoord dat die samelewing en die gewapende magte hulle agter die Russiese President Vladimir Putin geskaar het. Hy hou […]

Read More

Visserye-minister bevestig rob-oeste begin

Die minister van visserye Derek Klazen het bevestig dat die oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf Julie tot 15 November vanjaar begin het. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur en verder ‘n drie jaar-tydperk vanaf 2023 tot 2025 vir die totale toelaatbare […]

Read More

O&L Nexentury Namibia kry sonkrag-lisensie

Ohlthaver & List se Nexentury Namibia het die lisensie verkry vir die opwekking en uitvoer van 100 megawatt sonkrag in Namibië, wat geldig is vir die volgende 25 jaar. Bernd Walbaum, die hoof uitvoerende beampte van O&L Nexentury sê hulle is verheug om hierdie opwindende nuus met belanghebbendes en die hernubare-energie-gemeenskap te deel. Hy het […]

Read More