Landbouprojek by Etunda sal tafedruiwe produseer
Die Otjimbele-landbouprojek wat by die Etunda-groenskema in Omusati geleë is beplan om kommersiële druiweproduksie teen 2025 van stapel te stuur. Die projek sal volgens The Brief, 120 miljoen Namibiese dollar in die land se ekonomie belê. Die projek het ten doel om Noord-Namibië as ‘n nuwe spilpunt vir hoëwaarde-gewasproduksie te vestig, werk te skep en […]
SAPD lê beslag op R3m se vervalste goedere in Jhb-sakekern
Die polisie het dié week in Johannesburg se stadkern beslag gesê op vervalste goedere van meer as 3 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die operasie, gelei deur die Nasionale en Gautengse Vervalste Goedere Eenhede, het meer as 6 000 item afgeneem, wat insluit farmaseutiese produkte, klerasie, grimeermiddels en parfuum. Die woordvoerder van die SAPD Amanda van Wyk […]
Gru-ongeluk dood 19 in Mexiko
Negentien mense is dood en nog ses is beseer nadat ‘n bus gister betrokke was in ‘n botsing op ‘n snelweg in Mexiko se sentrale staat Zacatecas. Die plaaslike owerhede sê die ongeluk het vroeg die oggend gebeur toe die bus wat die slagoffers vervoer het van agter af gebots het met ‘n trekker met […]
Sekelbos Tops Fees was weer ‘n reuse sukses
Die Sekelbos Tops Fees is met groot sukses op Otjiwarongo aangebied. Talle Suid-Afrikaanse kunstenaars het opgetree met pret vir groot en klein. Kosmos 94.1 se Jean Louis Knouwds was ook daar en het met die organiseerder Anel Ludik gesels.
Navorsing met druk op SA-families, strook met plaaslike omstandighede
Byna die helfte van Suid-Afrikaanse salaristrekkers het minder as 1 000 Suid-Afrikaanse rand oor of worstel met negatiewe saldo’s teen betaaldag. Dit is volgens ‘n ontleding deur Standard Bank, waaraan 402 000 mense deelgeneem het. Die gebrek aan besteebare kontant is waarskynlik omdat salarisse nie tred gehou het met inflasie nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Stemdag is vakansiedag
President Nangolo Mbumba het Woensdag, 27 November as ‘n openbare vakansiedag verklaar. Dit is in die lig van die presidensiële en parlementêre verkiesings wat daardie dag plaasvind en is standaard prosedure. Mbumba het Namibiërs versoek om die dag te gebruik om hul demokratiese plig uit te oefen en vir leiers van hul eie keuse te […]
Mielieprys styg, voorraad is knap
Die mielieprys sal styg en sal ‘n impak op Namibiese huishoudings hê as gevolg van die nodige invoere. In Suid-Afrika sê Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer dat terwyl die buurland ‘n swak mielie-oes in die 2023-2024-seisoen gehad as gevolg van die mid-somer droogte is daar genoeg voorraad vir die plaaslike verbruik en uitvoere. Maar dis […]
Bolla-emoji word standbeeld vir Capitol-betogers
Daar is ‘n nuwe tydelike standbeeld wat aandag trek naby die Amerikaanse Capitol… ‘n brons uitbeelding van die aanlyn onlasting-, of te wel, bolla-emoji. Effe groter as ‘n sokkerbal, is dit so geplaas om die bekende koepel van die Capitol-gebou te komplementeer. ‘n Teken onthul die doel daarvan: “Hierdie gedenkteken vereer die dapper mans en […]
Lüderitz kry vyf-ster hotel
Die suidelike kusdorpie van Lüderitz ervaar op die oomblik ongekende ontwikkeling as gevolg van die olie- en gasbedrywe en nou kom die nuus dat ‘n vyf-ster hotel beplan word. Op die oomblik word rolspelers en belanghebbendes uitgenooi om beswaar te maak op die hersonering van erf XVI na ‘besigheid’ om die hotel te bou. Besware […]
Ingrypings by spazawinkels begin
Die Departement van Kleinsakeontwikkeling in die buurland en die regering stel ‘n township en landelike ekonomiese beleid op om spazawinkels te reguleer na gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Tydens ‘n debat in die Parlement het politieke partye beklemtoon die stap is nie xenofobies nie, en gevra winkels wat nie voldoen aan standaarde […]