Ondersoek na voordele van ongenoteerde beleggings
Namfisa het ‘n bedryfsgeleentheid aangebied om te ondersoek hoe ongenoteerde beleggings finansieringsgapings kan oorbrug en Namibië se ekonomiese groei kan bevorder. Die geleentheid het insigte van Namfisa se Lovisa Indongo-Namandje gehad, wat die rol van pensioenfondse in die ondersteuning van plaaslike entrepreneurskap, werkskepping en infrastruktuurontwikkeling beklemtoon het. Sleutelbesprekings het die suksesse van besighede soos Mashare […]
Onwettige chemikalië in kos het dood van ses kinders veroorsaak
Die minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi het bevestig besmette voedsel in Gauteng het die dood veroorsaak van ses kinders in Naledi, Soweto. Die owerhede het beslag gelê op onwettige chemikalië by ‘n winkelsentrum in Johannesburg terwyl daar beweer word tekens van die stof is aangetref in die spazawinkel-produkte wat die kinders geëet het. Hy het […]
Starmer erken slawerny maar sal nie vergoeding betaal nie
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het aangekondig sy regering is bereid om met Statebond-nasies in gesprek te tree oor sy geskiedkundige rol in slawehandel, maar sal nie vergoeding daarvoor betaal nie. Hy het voor ‘n leiersberaad in Samoa kommentaar gelewer. Die beraad sal besprekings voer oor vergoeding wat in die vorm van gesamentlike kommunikasie […]
Musk het self onwettig in die VSA gewerk
Die Washington Post berig dat die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk gedurende ‘n kort tydperk in die 1990’s onwettig in die VSA gewerk het terwyl hy ‘n maatskappy gebou het. Die koerant sê Musk het in 1995 in Palo Alto, Kalifornië, aangekom om Stanford Universiteit by te woon, maar het nooit vir sy nagraadse studieprogram daar […]
Shivambu sê EFF het geweet hy waai
Die voormalige adjunkpresident van die EFF Floyd Shivambu het in ‘n potgooi onthul die meeste van die EFF-leiers, behalwe Julius Malema, het geweet van sy beplande aansluiting by die MK-party, lank voor dit openbaar gemaak is. Shivambu beweer die leiers het hom gesmeek om nie Malema in te lig oor wat hulle geweet het nie. […]
Weiding vergelyk met dit van 2012
Namibia Rangelands se jongste weidingskaart toon dat weidingtoestande regoor die land uiters sleg is. Maar, daar is ook ‘n kaart wat die huidige toestande met die van 2012 vergelyk en afwykings tussen dan en nou is gemeet. Kommerwekkend is dat die afwyking uiters laag is wat beteken dat in 2012, weiding regoor die land uiters […]
WGO verloor kontak met sy mense na Israeliese aanval
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê berigte oor ‘n Israelse klopjag op ‘n hospitaal in die noorde van Gaza is “diep ontstellend”. Die direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hy het “kontak verloor” met personeel van die hospitaal sedert berigte oor die klopjag na vore gekom het. ‘n Woordvoerder van die WGO, Tarik Jasarevic, het aan Sky […]
Sainz spring eerste weg in Mexiko Stad
Carlos Sainz het die voorste wegspringposisie ingepalm vir vanaand se Mexiko Stad Grand Prix met ‘n indrukwekkende prestasie vir Ferrari in die kwalifiseerders, en Red Bull se verdedigende kampioen Max Verstappen die loef afgesteek. Die Spanjaard, wat die span aan die einde van die seisoen verlaat, het 1 minuut en 15,946-sekondes aangeteken en die reeksvoorloper […]
Sperdatum vir verbruikerswet verleng, publiek is apaties
Die handelministerie het die sperdatum vir openbare terugvoer oor die Konsep Verbruikersbeskermingswetsontwerp verleng tot 25 November. Die verlenging het ten doel om breër deelname aan te moedig, om te verseker dat die wetsontwerp ten volle in ooreenstemming is met Namibië se Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Die ministerie doen ‘n beroep op individue en organisasies om by te […]
Sun International mag nie Peermont koop nie
Sun International se plan vir die verkryging van Peermont, die eienaar van Emperors Palace, het ‘n terugslag beleef nadat die Mededingingskommissie aanbeveel het die transaksie van 7,3 miljard Suid-Afrikaanse rand moet stopgesit word. Die maatskappy sê hy sal die kommissie se verslag hersien voor dit oorgedra word aan die Mededingingstribunaal, wat die finale sê het. […]